Tanya O'Connor blog: "Hoe ruik ek?"
Die Liewe Vader weet vir wie hy kan gee en van wie hy kan neem!
Ek is vas oortuig daarvan. Klein Rory gee sy ma al vroegoggend 'n gekruide doek, en net daarna is ek stoep toe om my ander kinders se plassies ensovoorts ook te gaan optel. Ek stap vuilgoeddrom toe met 'n gewigtige sakkie poooh! Ek kan nie meer ruik nie, nou al vir 19 jaar is my reuksintuig nie meer met my nie. Dit lê êrens op 'n klipperige Karoopad waar 'n perd gesorg het dat ek dit agterlaat.
My laaste ruik-maaltyd was 'n toebroodjie met tamatiekonfyt, vroegoggend voordat ons gaan perdry het. Ek en Karin het in die kombuis gestaan en smul aan 'n toebroodjie en 'n beker koffie en toe is ons vort. Dit was 'n asemrowende mooi dag, ek kon die vars Karoobossies ruik. Ek moes op 'n drom staan om op die perd te kon klim. Ons het deur 'n kampie met volstruise gery, toe die perd die grondpad voor hom sien, het hy gedink hy hardloop die Grand National. Ek kon hom nie beheer nie, die gebit was nie tussen sy tande nie. My laaste woorde aan Karin was, "hierdie perd gooi my vandag". Daarna was alles swart. Ek het beheer verloor en die perd het my aan my voet gesleep oor 'n klipperige pad. Die stiebeuel het gelukkig gebreek en ek het bly lê, vol bloed met 'n paar krake in my skedel. Karin het my gehelp tot by die bakkie en my huis toe gevat. 'n Breinoperasie het gevolg en 'n jaar van my lewe is weg in 'n waas.
Van toe af moes ek myself maar verbeel wat ek eet. Ek kan wel een "iets" op 'n slag proe, maar 'n gemengde dis soos byvoorbeeld quiche proe na niks. Rooiwyn, donkersjokolade, en dan natuurlik vreemde Hilda-tipe kombinasies saam is heerlik op die tong. Roomys en slaptjips en ek kan so 'n skootjie tamatiesous ook bysit en dan smaak dit eers lekker.
Terwyl ek nog koerante neersit vir die viervoetiges vang my oog Tom Ford se aangepaste gesig voor op 'n ou Sondagkoerant-tydskrif. Ek het gehoor sy parfuum is "to die for"! Hoe beskryf jy 'n geur? Ek het gewoonlik 'n vriendin of twee saamgeneem wanneer ek parfuum koop. Dit het nie goed gewerk nie, want dan het ek soos hulle geruik en boonop kon ek myself nie ruik nie.
Om 'n vreemdeling by 'n parfuumtoonbank te vra is ook nie van nut nie, hulle kyk my snaaks aan, neem 'n botteltjie en druk dit onder my neus. "Jy MOET hierdie kan ruik!" sê die persoon gewoonlik en staan in ongeloof as ek nie een oomblik van genot vir die ruikie toon nie. Ek het opgehou met daardie ritueel. Parfuum het stadig weggesterf uit my lewe. My gunsteling toe ek nog kon ruik, was Yves Saint Laurent se Paris, die botteltjie het my aandag getrek. Dan was daar ook Poison van Dior.
Om nie te kan ruik nie het beslis meer voor- as nadele, wel vir my. Ek kon die Dierebeskermingsvereniging se hokke gaan skoonmaak sonder 'n sweem van siesa, dit stink. Ek was later ook bestand teen dit wat my begroet het op 'n Saterdag se skoonmaaksessie, dit wat ek kon sien en met 'n graaf opgetel het.
Om stalle skoon te maak toe ek nog kon ruik, was 'n onaangename taak, die reuk van 'n perd in 'n beperkte spasie is nie aangenaam nie. Ek het lanklaas stalle skoongemaak, maar soos ek nou hier sit, kan ek onthou hoe 'n goeie oefensessie dit was vir my hele lyf. Die bo-arms was omtrent ferm van bale optel en perdemis op hopies vee en wegkarwei met 'n kruiwa.
Ek kan nog sien, en hoor en praat, ek kan nog myself verbeel na wat sekere goed ruik of hoe dit proe. Ek kan Rory vashou en wonder oor daardie babareuk wat ek vaagweg kan onthou van ander babas.
Ek kan nog soveel doen en soveel beleef dat om te ruik nie meer belangrik is nie. Die probleem kom nou wel wanneer ek wonder oor sy doek. Dan voel ek maar en lag vir myself wanneer ek besef NOU is dit tyd vir doek ruil!
Verwante artikels
-
Elizabeth Taylor se verleidelike oë verkoop nou parfuum!
SARIE - November 2010
Die parfuum is vars en intiem, maar so ook die oë daaragter – dié van Elizabeth Taylor!
-
Tanya O'Connor Blog - "Right HERE Right NOW!"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Ek luister na Van Halen vandat ek verstand gekry het! 'n Skoolvriend sit 'n paar foto's op sy muur van Tanya met blou lippe, en kettings om my nek, en 'n hondeband met spikes maak ook deel van my bling uit.
-
Tanya O'Connor blog: "Kraaines"
SARIE September 2010
Ek wil 'n "mobile" vir Rory ophang, en ek soek vislyn. Ek is seker daar was 'n rolletjie in die derde laai van die kombuiskas, maar nee, ek is verkeerd.
-
Tanya O'Connor blog: "Rory is hier!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Dis net ná vyf, die son het nog nie opgekom nie en die oseaan is êrens daar onder, onder my kamervenster.
-
Tanya O'Connor blog: "Van Swart na Grys na Wit"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Ek worstel met my boek se voorblad, hoe beskryf jy HALLO LEWE? Jy kan dit voel, jy kan dit sê , jy kan dit elke dag leef maar hoe lê jy dit vas vir mense om te sien ?
-
Tanya O'Connor blog: "Wat sal jy koop?"
SARIE - Oktober 2010
Wat sou jy koop as jy nou, 2.07 nm, 28 September 2010 ( . . . . .vul jou eie datum en tyd in) soveel geld het dat jy nie al die nulle op jou bankstaat sou kon tel nie?
-
Tanya O'Connor blog: "Die trane loop..."
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Vanoggend toe ek Rory voed, kyk ek in sy blou ogies en wonder wat sou Catherine Joan Winifred sê van hom?
-
Tanya O'Connor blog: "Ek het NIE vir liefde getrou nie!"
SARIE September 2010
Dit is 2.22 vm, Paddy sit met Rory. Hy het hom sy bottel gegee en ek het hom gewys hoe om winde uit te vryf.
-
Tanya O'Connor blog: "Hoekom ek krampwater in my handsak gaan dra!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 2
Baie keer is daar mense rondom jou wat jou 'n erge kramp gee maar wat jy dit liefs nie voor kan sê nie. Vir hulle gebruik 'n mens krampwater, sê Tanya
-
Tanya O'Connor blog: "Jy kan!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Dit is 2.45am, my oë kyk half oor mekaar wanneer ek my voete uit die bed neer sit, die bedliggie aansit. Ek soek my pantoffels.
-
Tanya O'Connor blog: "Kom ry saam"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Ma se gebreide lappieskombers roep my. Klein Rory se ogies is toe en hy is alreeds in droomland in sy wiegie. Ek is vinnig oppad soontoe. Deesdae raak ek dadelik aan die slaap as my kop die kussing raak. Ek kuier dadelik in droomland.
-
Tanya O'Connor blog: "Om 'n pyp te rook"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 4
Vroegoggend sit ek met Rory, kyk ‘n lekkerlag program op BBC terwyl ek hom voed. Ma kom sê goeie môre, ja ek en my skoonma bly in een huis, maar . . . dit is ‘n ander storie.
-
Tanya O'Connor blog: "Oor skroewe en groewe"
SARIE September 2010
Ek rus 'n bietjie tussen skryf deur, sit en kyk net af, weerskante van my skootrekenaar sien ek die geskaafde oppervlak. Ek is self daarvoor verantwoordelik. Hierdie lessenaar kom al 'n goeie paar jaar saam met my. Dit was my oorlede man s'n, hy het hierby
-
Tanya O'Connor blog: "Rory kyk in my siel"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Ek is op pad hospitaal toe! Kan nie vinnig genoeg daar kom nie, maar ek besef ook hoe kosbaar die woorde is wat ek nou op 'n skerm neersit. Vir vorentoe, vir spesiale onthou's en niks vergetes!
-
Tanya O'Connor blog: "Wanneer dinge gebeur waarvan ek nie hou nie" (Gesprekke met EK)
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 2
Laasnag het ek 'n hele beker water bo-oor my handsak omgekeer.
-
Tanya O'Connor blog: "Wat laat jy toe?"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Ons gaan braai by vriende Saterdagmiddag. Die landgoed is kiekiemooi, 'n wit perd kom sê onverwags hallo op die stoep.
-
Tanya O'Connor blog: 'n Stoel vol Rose en ‘n Grot vol karretjies
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Ek is moeg. Op 42 is ma-wees nie speletjies nie! Party oggende weet ek nie hoe ek my voete uit die bed gaan kry nie. Ek weet nie hoe ek dit deur die dag gaan maak nie, maar ek doen. ‘n Mens is sterker as wat jy dink.
-
Tanya O'Connor Blog: Aangename kennis, Mildred!
SARIE Augustus 2010
"...Ek het altyd robotte groen gewens, en dit vir wat? Ek het my middelvinger baie gebruik, nou waai ek vir mense wat glimlag wanneer ek verbykruip met Milly..."
-
Tanya O'Connor blog: Om jou lyf en jou siel aan te trek
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 2
Die vraag hou my snags wakker, laat my my kaste weer en weer uit- en inpak.
-
Tanya O'Connor blog: Storiepot
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 4
'n Bessie val op die dak, net een plofgeluidjie en ek is wakker. My seuntjie is in droomland en sy ma soek 'n bottel. Ek is dors. Nog 'n plofgeluid, hoekom val die hele boksemdaais nie sommer gelyk af nie?
-
Tanya O'Connor blog: ‘n Woeste see en die krewe wat daar in swem
SARIE - Oktober 2010
Die sms sê, “Tanya ek is binne 7 minute by jou.” Deon van Naledi uitgewers kan seker nie meer wag om my van sy nek af te kry nie.
-
Tanya O'Connor blog: “Hi Five”
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
"Mom's here!" laat Paddy hoor. Ma het al die pad van die Kaap af gery tot in Mosselbaai om te kom help met haar kleinseun.
-
Tanya O'Connor: Hoekom ek weer ‘n motorfiets aan die brand gaan skop!
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 1
Ek het vandag gedoen wat ek al baie jare in dié tyd moes gedoen het! Ek het vakansie gehou! Ek het op die dek gesit, oor die see gekyk en regte, egte sjampagne gedrink . . . in my pajamas!
















Kommentaar