Tanya O'Connor blog: ""Hoe saag jy ‘n boom af?"
Dit is Maandag en die Kaapse Dokter laat al van hom hoor van vroegoggend. "His Nibs" (ou Ingelse sêding gelykstaande aan "sy Hoogheid") lê heerlik en slaap in sy ouma se verrassing.
Ouma het 'n hele nuwe kamer ingerig vir Rory, met 'n slee-wiegie, kleurryke "mobiles" en foto's van drie geslagte O'Connors. Ouma Maggie (ooo, ek gaan nog baie oor haar te sê hê) kyk ook neer op haar agterkleunseun.
Ons is uiteindelik in die Kaap en vandag word ons trek afgelewer. Ek en Ma is al van vroeg besig om plek te maak vir alles. My lessenaar kom op die toegeboude stoep, en ek kan nie wag om te begin skryf nie. Die uitsig is absoluut asemrowend mooi, ek kan Gordonsbaai se ou en nuwe hawe sien en wanneer die Helderberg met 'n duvet wit wolke toegegooi is, kan ek myself daarin verlekker.
Hier kan jy net wees, jy kan buite staan en net tuur, oor die berge en die see. Jy kan wonder oor wat nou daar in die berg gebeur, jy kan jouself die stilte voorstel en jou indink hoe 'n familie bobbejane die buitelug geniet.
Ma kom kyk wat maak Rory, "my kind, hy is darem maar mooi", tipiese ouma, en ek kry so 'n lekker warm gevoel in my bors. Rory gaan sy ouma ken, soveel tyd moontlik met haar spandeer. Ek is dankbaar daarvoor.
"Nou weet ek hoekom Padraig gister daardie boom wou afsaag," deel sy my mee. "Hy wou plek maak vir die hondehok, onder by die braai."
Ek stap saam met haar af, miskien kan ons 'n ander plan maak met die hok. Ek sien die boom en die tak, skoonma staan nader met die saag en voor ek kan keer, begin sy saag. "Nee ma, ek sal," en ek vat die saag by haar, ek kan sien sy is moeg. Maar ophou, nie sy nie!
Ek begin saag, probeer eers met die regterhand, maar besef nee wat, ek maak geen hond haaraf nie. En toe met my linkerhand, dit moet mos beter werk, ek skryf dan links.
Ma hou die boom vas en ek saag en saag, en hoe meer ek dit doen, hoe lekkerder word dit. Sy wil nog keer, "nee, my kind, wat van jou steke?" My steke is lankal uit, maar dit is minder as ses weke ná my keisersnee, maar ek saag en ek geniet dit.
My eerste boom wat ek afsaag! Vir my is dit meer as net 'n boom, vir my is dit 'n bewys dat ek enigiets kan vermag as ek regtig wil. Dit is 'n streep trek, hou net aan, jy kan 'n verskil maak, moet nooit dink iets is onmoontlik nie!
Elke dag in my lewe kry ek boomsaag-oomblikke, die lewe rondom my daag my uit om dit te geniet en die beste daarvan te maak. Ek kan nooit sê 'n boom se stam is te dik of te taai nie, die saag is te stomp of te kort of te lank of te wat ook al nie!
Ek het geen verskoning om nie enige "boom" af te saag nie!
PS Toemaar, dit was 'n dooie boom, en ouma het nou net gesê ons moet nou 'n boom plant vir Rory!
Verwante artikels
-
Tanya O'Connor blog: "Kraaines"
SARIE September 2010
Ek wil 'n "mobile" vir Rory ophang, en ek soek vislyn. Ek is seker daar was 'n rolletjie in die derde laai van die kombuiskas, maar nee, ek is verkeerd.
-
Tanya O'Connor blog: "Rory is hier!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Dis net ná vyf, die son het nog nie opgekom nie en die oseaan is êrens daar onder, onder my kamervenster.
-
Tanya O'Connor blog: "Van Swart na Grys na Wit"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Ek worstel met my boek se voorblad, hoe beskryf jy HALLO LEWE? Jy kan dit voel, jy kan dit sê , jy kan dit elke dag leef maar hoe lê jy dit vas vir mense om te sien ?
-
Tanya O'Connor blog: "Die trane loop..."
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Vanoggend toe ek Rory voed, kyk ek in sy blou ogies en wonder wat sou Catherine Joan Winifred sê van hom?
-
Tanya O'Connor blog: "Ek het NIE vir liefde getrou nie!"
SARIE September 2010
Dit is 2.22 vm, Paddy sit met Rory. Hy het hom sy bottel gegee en ek het hom gewys hoe om winde uit te vryf.
-
Tanya O'Connor Blog: "Ek stuur vir jou 'n warm toevou"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
"Baie keer is 'n oor wat luister al wat nodig is. Kry dit uit jou kop, al praat jy met jouself, al praat jy net met papier!"
-
Tanya O'Connor blog: "Hoekom ek krampwater in my handsak gaan dra!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 2
Baie keer is daar mense rondom jou wat jou 'n erge kramp gee maar wat jy dit liefs nie voor kan sê nie. Vir hulle gebruik 'n mens krampwater, sê Tanya
-
Tanya O'Connor blog: "Jy kan!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Dit is 2.45am, my oë kyk half oor mekaar wanneer ek my voete uit die bed neer sit, die bedliggie aansit. Ek soek my pantoffels.
-
Tanya O'Connor blog: "Kom ry saam"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Ma se gebreide lappieskombers roep my. Klein Rory se ogies is toe en hy is alreeds in droomland in sy wiegie. Ek is vinnig oppad soontoe. Deesdae raak ek dadelik aan die slaap as my kop die kussing raak. Ek kuier dadelik in droomland.
-
Tanya O'Connor blog: "Oor skroewe en groewe"
SARIE September 2010
Ek rus 'n bietjie tussen skryf deur, sit en kyk net af, weerskante van my skootrekenaar sien ek die geskaafde oppervlak. Ek is self daarvoor verantwoordelik. Hierdie lessenaar kom al 'n goeie paar jaar saam met my. Dit was my oorlede man s'n, hy het hierby
-
Tanya O'Connor blog: "Rory kyk in my siel"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Ek is op pad hospitaal toe! Kan nie vinnig genoeg daar kom nie, maar ek besef ook hoe kosbaar die woorde is wat ek nou op 'n skerm neersit. Vir vorentoe, vir spesiale onthou's en niks vergetes!
-
Tanya O'Connor blog: "Volstruisvere, stilleto’s en ‘n motorfiets"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
'n Paar jaar ... dit voel sooo lank gelede
-
Tanya O'Connor blog: Me Time Pecan Nut Pie Time
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 7
"Adel, kan ek my favourite tafeltjie kry, vir so tien uur?
-
Tanya O'Connor blog: “Hi Five”
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
"Mom's here!" laat Paddy hoor. Ma het al die pad van die Kaap af gery tot in Mosselbaai om te kom help met haar kleinseun.
















Kommentaar