Tanya O'Connor blog: "Jy kan!"
Dit is 2.45am, my oë kyk half oor mekaar wanneer ek my voete uit die bed neer sit, die bedliggie aansit. Ek soek my pantoffels.
Rory het nou net van hom laat hoor en dit is maar nog 'n aanpassing om dadelik wakker te word, maar die liefde wat ek vir my kind het sorg vinnig daarvoor. Sy bottels staan reg, maar eers gou boude skoonmaak. Wow! Ek het nooit gedink ek sou dit doen nie, wat nog te sê dit kan doen! Na die hoeveelste doek in die afgelope twee weke word dit al hoe makliker. En dit is iets waarna ek opgesien het, ek het geweet ek sou dit kan doen, maar hoe lank sou dit my vat voor ek dit met gemak vir "sy hoogheid" kon aansit en hom die minste ongerief gee?
En hier is ek nou, ek doen iets wat ek nog nooit voorheen gedoen het nie! Ek glimlag. Ek dink terug, daar was baie sulke oomblikke. Oomblikke van kommer voor die tyd en toe die deurbraak van ek het dit GEDOEN en ek KAN dit doen.
My eerste kennismaking met 'n rekenaar was traumaties, ek was bang! Maar toe ek eers begin kon ek nie ophou nie en het die wonder van die blikbrein ontdek en doen nog steeds so elke dag. Die eerste dag toe ek my Apple aansit was nog erger, hier was 'n totale nuwe manier van doen, van "drag" , van in plaas van vyf aksies net een om dieselfde taak gedoen te kry. Nou kan ek nie genoeg kry van ontdek nie.
Ek het gewonder oor Baby Blues, is tog so daarop attent gemaak dat ek later siek geword het van die vrae, soos: Is jy bang? Is jy benoud? Bevrees? Hoe meer ek geantwoord het dat oukei is hoe meer het die persoon net aangehou totdat ek ongelukkig 'n nare antwoord moes teruggee!
Die gedagte het wel opgekom by my, mens se lyf, jou verstand en hormone verander mos wanneer jy swanger is. Daar het soveel gedagtes deur my kop gegaan, sal ek regkom ? Veral met 'n baba wat te vroeg gebore is? Watter aanpassing sal daar nie wees nie, sommer sulke groottes vir 'n Ma op 42 jarige ouderdom. Ek het besluit ek KAN dit doen, ek KAN Ma wees en ek KAN dit geniet. Ek KAN elke dag se vrae beantwoord vir myself, ek KAN die nuwe ek ontdek en geniet.
Ek het liewer Baby Brights! Want wat 'n wonderlike ervaring is dit nie om 'n baba in die wêreld te bring nie! En hoekom MOET ek altyd hê wat die samelewing van my verwag om te hê. Weereens, dit is MY ervaring. My eerste artikel wat gepubliseer is was in die plaaslike koerant, in Engels. Dit het gegaan oor my geliefde Alfa Spyder, die skryf was maklik want ek was gewoond aan Engels. Ek het aanhou skryf in Engels maar na die derde geskrif vir die motor bylae het die redaktrise voorgestel ek skryf in Afrikaans. Afrikaans? Ek was skrikkerig, maar ek het deurgedruk en nou geniet ek die taal so baie. Ek KAN dit doen het ek vir myself gesê die eerste keer toe ek begin skryf in Afrikaans.
In elke dag is daar 'n twyfel oomblik, dit is tog menslik. Die onbekende is juis dit, die onbekende. Hoe gemaak met daardie eerste oorkom. Ek dink dadelik aan Nike se leuse: "JUST DO IT" ! Ek glo JY wat hier lees is sterker as wat jy dink jy is! Ek glo EK is sterker as wat ek dink ek is ! Ek weet ons KAN as ons wil! Vandag, sê: EK KAN!
Verwante artikels
-
Tanya O'Connor Blog - "Right HERE Right NOW!"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Ek luister na Van Halen vandat ek verstand gekry het! 'n Skoolvriend sit 'n paar foto's op sy muur van Tanya met blou lippe, en kettings om my nek, en 'n hondeband met spikes maak ook deel van my bling uit.
-
Tanya O'Connor blog: ""Hoe saag jy ‘n boom af?"
SARIE - Oktober 2010
Dit is Maandag en die Kaapse Dokter laat al van hom hoor van vroegoggend. "His Nibs" (ou Ingelse sêding gelykstaande aan "sy Hoogheid") lê heerlik en slaap in sy ouma se verrassing.
-
Tanya O'Connor blog: "Kraaines"
SARIE September 2010
Ek wil 'n "mobile" vir Rory ophang, en ek soek vislyn. Ek is seker daar was 'n rolletjie in die derde laai van die kombuiskas, maar nee, ek is verkeerd.
-
Tanya O'Connor blog: "Rory is hier!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Dis net ná vyf, die son het nog nie opgekom nie en die oseaan is êrens daar onder, onder my kamervenster.
-
Tanya O'Connor blog: "Van Swart na Grys na Wit"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Ek worstel met my boek se voorblad, hoe beskryf jy HALLO LEWE? Jy kan dit voel, jy kan dit sê , jy kan dit elke dag leef maar hoe lê jy dit vas vir mense om te sien ?
-
Tanya O'Connor blog: "Wat sal jy koop?"
SARIE - Oktober 2010
Wat sou jy koop as jy nou, 2.07 nm, 28 September 2010 ( . . . . .vul jou eie datum en tyd in) soveel geld het dat jy nie al die nulle op jou bankstaat sou kon tel nie?
-
Tanya O'Connor blog: "De Compagnie"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 3
Ek byt in 'n groen vy in, ek hoor hoe die skilletjie kraak onder my tande. Die soet loop stadig oor my tong.
-
Tanya O'Connor blog: "Die trane loop..."
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Vanoggend toe ek Rory voed, kyk ek in sy blou ogies en wonder wat sou Catherine Joan Winifred sê van hom?
-
Tanya O'Connor blog: "Ek het NIE vir liefde getrou nie!"
SARIE September 2010
Dit is 2.22 vm, Paddy sit met Rory. Hy het hom sy bottel gegee en ek het hom gewys hoe om winde uit te vryf.
-
Tanya O'Connor Blog: "Ek stuur vir jou 'n warm toevou"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
"Baie keer is 'n oor wat luister al wat nodig is. Kry dit uit jou kop, al praat jy met jouself, al praat jy net met papier!"
-
Tanya O'Connor blog: "Hoe ruik ek?"
SARIE - Oktober 2010
Die Liewe Vader weet vir wie hy kan gee en van wie hy kan neem!
-
Tanya O'Connor blog: "Kom ry saam"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Ma se gebreide lappieskombers roep my. Klein Rory se ogies is toe en hy is alreeds in droomland in sy wiegie. Ek is vinnig oppad soontoe. Deesdae raak ek dadelik aan die slaap as my kop die kussing raak. Ek kuier dadelik in droomland.
-
Tanya O'Connor blog: "Oor skroewe en groewe"
SARIE September 2010
Ek rus 'n bietjie tussen skryf deur, sit en kyk net af, weerskante van my skootrekenaar sien ek die geskaafde oppervlak. Ek is self daarvoor verantwoordelik. Hierdie lessenaar kom al 'n goeie paar jaar saam met my. Dit was my oorlede man s'n, hy het hierby
-
Tanya O'Connor blog: "Rory kyk in my siel"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Ek is op pad hospitaal toe! Kan nie vinnig genoeg daar kom nie, maar ek besef ook hoe kosbaar die woorde is wat ek nou op 'n skerm neersit. Vir vorentoe, vir spesiale onthou's en niks vergetes!
-
Tanya O'Connor blog: "Wanneer dinge gebeur waarvan ek nie hou nie" (Gesprekke met EK)
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 2
Laasnag het ek 'n hele beker water bo-oor my handsak omgekeer.
-
Tanya O'Connor blog: "Wat laat jy toe?"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Ons gaan braai by vriende Saterdagmiddag. Die landgoed is kiekiemooi, 'n wit perd kom sê onverwags hallo op die stoep.
-
Tanya O'Connor blog: 'n Stoel vol Rose en ‘n Grot vol karretjies
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Ek is moeg. Op 42 is ma-wees nie speletjies nie! Party oggende weet ek nie hoe ek my voete uit die bed gaan kry nie. Ek weet nie hoe ek dit deur die dag gaan maak nie, maar ek doen. ‘n Mens is sterker as wat jy dink.
-
Tanya O'Connor Blog: Aangename kennis, Mildred!
SARIE Augustus 2010
"...Ek het altyd robotte groen gewens, en dit vir wat? Ek het my middelvinger baie gebruik, nou waai ek vir mense wat glimlag wanneer ek verbykruip met Milly..."
-
Tanya O'Connor blog: Om jou lyf en jou siel aan te trek
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 2
Die vraag hou my snags wakker, laat my my kaste weer en weer uit- en inpak.
-
Tanya O'Connor blog: ‘n Woeste see en die krewe wat daar in swem
SARIE - Oktober 2010
Die sms sê, “Tanya ek is binne 7 minute by jou.” Deon van Naledi uitgewers kan seker nie meer wag om my van sy nek af te kry nie.
-
Tanya O'Connor blog: “Hi Five”
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
"Mom's here!" laat Paddy hoor. Ma het al die pad van die Kaap af gery tot in Mosselbaai om te kom help met haar kleinseun.
















Kommentaar
Trisa Hugo het gesê:
Baby Brights is 'n nuwe! Ek hoop dit word 'n Catch Frase! (En natuurlik kan jy!)
13de Sep. 2010, 17:07Tanya O'Connor het gesê:
Ru . . . ek voel ook so oor die "kleinste heuweltjie" maar vir my is dit BERGE! 'n Berg wat ek oorkom het die eerste keer toe ek Rory se boudjies skoonmaak! Ek het die woord perfek en ek MOET so en sus optree heeltemal uit my lewe geskuif en net besluit ek gaan die beste ma wees wat EK kan wees! Ek is juis ook vanoggend pediater toe met klein Rory, en ek het met elke kilometer dankie gesê vir my skoonma wat hier is om te help. Ek was maar lugtig vir die "first outing" maar ek het net besluit niks gaan my jaag nie en als sal oukei wees en dit WAS!
13de Sep. 2010, 17:02Christa het gesê:
Dankie Tanya - Vir jou sielvolle inspirasie!
13de Sep. 2010, 11:17Ruanda het gesê:
Klink soos n raadgewer vir Obama. Yes we Can! Ek self is geneig om soms uit my beurt te praat oor my eie ervaring met my seun. Die goed wat vir my moeilik was as n ma wat GEEN ondersteuningsnetwerk gehad het en in n ander land gebly het. Elke kleinste heuweltjie wat ek oorkom het op my eie(die eerste bad alleen, die eerste vergadering bywoon in Londen met baba op n baie vol trein, mastites en in die sneeu busvat dokter toe met kleintjie, n kind wat chronies siek is). Dit is lekker om te weet dat jy nie die enigste ma is wat nie perfek voel of lyk nie. Dit is ook lekker om te weet dat daar ma's is wat oenskynlik perfek by moederskap inval wat soms vrese het en dit oorkom deur positiwiteit. Dankie vir hierdie positiewe stukkie!
13de Sep. 2010, 10:45ALMARINE NIENHUIS het gesê:
Moederinstink Vriendin
13de Sep. 2010, 10:10Ruby Wiehman het gesê:
Baby Brights - hoe oulik is dit nie!! Almal konsentreer op die blues (en ek het dit ook met my 2de kind gehad, al was ek in denial), maar die vreugde van 'n nuwe lewe behoort met die brights gevier te word!!!
13de Sep. 2010, 09:51