Tanya O'Connor blog: "Jy kan!"

Deur Tanya O'Connor, SARIE September 2010

Dit is 2.45am, my oë kyk half oor mekaar wanneer ek my voete uit die bed neer sit, die bedliggie aansit.  Ek soek my pantoffels.

Rory het nou net van hom laat hoor en dit is maar nog 'n aanpassing om dadelik wakker te word, maar die liefde wat ek vir my kind het sorg vinnig daarvoor. Sy bottels staan reg, maar eers gou boude skoonmaak.  Wow! Ek het nooit gedink ek sou dit doen nie, wat nog te sê dit kan doen! Na die hoeveelste doek in die afgelope twee weke word dit al hoe makliker. En dit is iets waarna ek opgesien het, ek het geweet ek sou dit kan doen, maar hoe lank sou dit my vat voor ek dit met gemak vir "sy hoogheid" kon aansit en hom die minste ongerief gee?  

En hier is ek nou, ek doen iets wat ek nog nooit voorheen gedoen het nie! Ek glimlag. Ek dink terug, daar was baie sulke oomblikke. Oomblikke van kommer voor die tyd en toe die deurbraak van ek het dit GEDOEN en ek KAN dit doen.

My eerste kennismaking met 'n rekenaar was traumaties, ek was bang! Maar toe ek eers begin kon ek nie ophou nie  en het die wonder van die blikbrein ontdek en doen nog steeds so elke dag.  Die eerste dag toe ek my Apple aansit was nog erger, hier was 'n totale nuwe manier van doen, van "drag" , van in plaas van vyf aksies net een om dieselfde taak gedoen te kry. Nou kan ek nie genoeg kry van ontdek nie.  

Ek het gewonder oor Baby Blues, is tog so daarop attent gemaak dat ek later siek geword het van die vrae, soos: Is jy bang? Is jy benoud? Bevrees? Hoe meer ek geantwoord het dat oukei is hoe meer het die persoon net aangehou totdat ek ongelukkig 'n nare antwoord moes teruggee! 

Die gedagte het wel opgekom by my, mens se lyf, jou verstand en hormone verander mos wanneer jy swanger is. Daar het soveel gedagtes deur my kop gegaan, sal ek regkom ? Veral met 'n baba wat te vroeg gebore is? Watter aanpassing sal daar nie wees nie, sommer sulke groottes vir 'n Ma op 42 jarige ouderdom.  Ek het besluit ek KAN dit doen, ek KAN Ma wees en ek KAN dit geniet. Ek KAN elke dag se vrae beantwoord vir myself, ek KAN die nuwe ek ontdek en geniet.   

Ek het liewer Baby Brights! Want wat 'n wonderlike ervaring is dit nie om 'n baba in die wêreld te bring nie! En hoekom MOET ek altyd hê wat die samelewing van my verwag om te hê. Weereens, dit is MY ervaring.    My eerste artikel wat gepubliseer is was in die plaaslike koerant, in Engels. Dit het gegaan oor my geliefde Alfa Spyder, die skryf was maklik want ek was gewoond aan Engels. Ek het aanhou skryf in Engels maar na die derde geskrif vir die motor bylae het die redaktrise voorgestel ek skryf in Afrikaans. Afrikaans? Ek was skrikkerig, maar ek het deurgedruk en nou geniet ek die taal so baie.  Ek KAN dit doen het ek vir myself gesê die eerste keer toe ek begin skryf in Afrikaans.   

In elke dag is daar 'n twyfel oomblik, dit is tog menslik.  Die onbekende is juis dit, die onbekende.  Hoe gemaak met daardie eerste oorkom.  Ek dink dadelik aan Nike se leuse: "JUST DO IT" !  Ek glo JY wat hier lees is sterker as wat jy dink jy is! Ek glo EK is sterker as wat ek dink ek is ! Ek weet ons KAN as ons wil!    Vandag, sê: EK KAN!    

Verwante artikels

Kommentaar

  • Baby Brights is 'n nuwe! Ek hoop dit word 'n Catch Frase! (En natuurlik kan jy!)

    13de Sep. 2010, 17:07
  • Ru . . . ek voel ook so oor die "kleinste heuweltjie" maar vir my is dit BERGE! 'n Berg wat ek oorkom het die eerste keer toe ek Rory se boudjies skoonmaak! Ek het die woord perfek en ek MOET so en sus optree heeltemal uit my lewe geskuif en net besluit ek gaan die beste ma wees wat EK kan wees! Ek is juis ook vanoggend pediater toe met klein Rory, en ek het met elke kilometer dankie gesê vir my skoonma wat hier is om te help. Ek was maar lugtig vir die "first outing" maar ek het net besluit niks gaan my jaag nie en als sal oukei wees en dit WAS!

    13de Sep. 2010, 17:02
  • Dankie Tanya - Vir jou sielvolle inspirasie!

    13de Sep. 2010, 11:17
  • Klink soos n raadgewer vir Obama. Yes we Can! Ek self is geneig om soms uit my beurt te praat oor my eie ervaring met my seun. Die goed wat vir my moeilik was as n ma wat GEEN ondersteuningsnetwerk gehad het en in n ander land gebly het. Elke kleinste heuweltjie wat ek oorkom het op my eie(die eerste bad alleen, die eerste vergadering bywoon in Londen met baba op n baie vol trein, mastites en in die sneeu busvat dokter toe met kleintjie, n kind wat chronies siek is). Dit is lekker om te weet dat jy nie die enigste ma is wat nie perfek voel of lyk nie. Dit is ook lekker om te weet dat daar ma's is wat oenskynlik perfek by moederskap inval wat soms vrese het en dit oorkom deur positiwiteit. Dankie vir hierdie positiewe stukkie!

    13de Sep. 2010, 10:45
  • Moederinstink Vriendin

    13de Sep. 2010, 10:10
  • Baby Brights - hoe oulik is dit nie!! Almal konsentreer op die blues (en ek het dit ook met my 2de kind gehad, al was ek in denial), maar die vreugde van 'n nuwe lewe behoort met die brights gevier te word!!!

    13de Sep. 2010, 09:51