Tanya O'Connor blog: Me Time Pecan Nut Pie Time
"Adel, kan ek my favourite tafeltjie kry, vir so tien uur?
Ek bespreek altyd 'n spesifieke tafel wanneer ek by Die Pastorie gaan kuier. Die een naby die koi-dam. Ek kan vir ure na die pêrel-oranje lywe kyk wat rustig swem en wanneer jy nader gaan, kom al die wagtende bekke na bo om te vra vir 'n stukkie brood.
Ek kan langs die dam gaan sit en net luister na die bewegende water, die versoeking om saam met die koi's te swem het my al vele kere oorval.
Die Pastorie se hek kraak oop, ek voel ek betree 'n plek van rus en vrede, hier kom ek altyd afsaal, hier kom sit ek myself neer op 'n stoel met my Appeltjie. Hier vloei die woorde.
Die Pastorie is 'n teetuin in Groot Brak Rivier. 'n Stukkie wegbreek met lekker kos en omgee-mense. 'n Tuin vol verrassings, 'n tuin waar kinders kan speel en kan lag. 'n Plek waar grootmense net kan wees en waar koppies cappuccino bodemloos raak.
Daar is tot 'n houthut met die naam Me Time. Daar kan jy net wees, niemand pla jou nie, jy kan diep wegsak in 'n bank, jou voete onder jou opkrul en net na niks kyk met 'n koppie iets lekkers in jou hand.
My gunsteling-tafel is naby vet geel vinkies wat nessies bou. Jy wil die heeltyd kyk na hul vordering, hulle maak seker 'n geraas, maar vir my is dit 'n heerlike geraas.
'n Hoenderhen kom skrop by jou voete, haar kuikentjies piepend al agterna. Jy kyk grond se kant toe, hier en daar 'n gaatjie waar nou-nou 'n plantjie ingedruk gaan word. Marietjie is aan die plant. Haar hande vol swart grond, so ook haar knieë. Sy is die ma-hen hier.
"Kom sit eers bietjie," nooi ek. Sy is moeg gewerk. Sy vertel van hoe sy dit geniet om in die grond te krap, en jy sien haar hande werk rondom jou raak. Jy sien die liefde wat sy het vir hierdie stukkie lekker waarvoor ek altyd 'n verskoning soek om myself deel van te maak.
Jy verwag enige oomblik dat 'n feetjie agter 'n blom gaan uitloer of selfs op jou skoot gaan spring. Die pastorie herinner my aan kleintyd se kinderpartytjies, toe my ouma altyd 'n rottangstoel opgemaak het met rose en ek daarop kon sit.
Adel die sjef kom sit 'n bordjie Pecan Nut Pie voor my neer, ek het eers onlangs hierdie kraaksoetigheid ontdek. My uitgewer het my daaraan voorgestel en nou is dit al wat ek eet. Ek neem 'n foto op my selfoon en stuur dit vir hom. Wens hy en sy vrou was nou hier om saam met my die oomblik te geniet.
Ek besef hoe belangrik dit is om "me-time" te maak. Ek besef hoe nodig dit is om somtyds net te wees. Om niks te doen en aan niks te dink nie, om net voor jou uit te kyk na niks. Om net die oomblik te geniet en nie te wonder hoe jy dit of dat gaan doen nie.
Jy het nie Die Pastorie nodig om so 'n tyd te maak nie, jy het net jouself nodig om omgee-tyd vir jouself te gee. Ek het altyd iets in my kop gehad, daar was altyd iets om oor te dink, uit te sorteer te laat gebeur. Ek het eers onlangs besef hoe belangrik Tanya-tyd is.
Omgee-tyd kom nou al hoe makliker, ek kan op ons dek gaan staan en net uitkyk oor die see, ek wonder nie eens meer wat swem in die see nie, ek geniet net die oomblik.
Ek kan 'n koppie Milo maak, en net in die lekker soetigheid inkyk, dink hoe dit op my tong gaan proe, ek kan in die oomblik bly solank as ek wil.
My batterye is dadelik herlaai ná so 'n omgee-tyd-sessie. Ek kyk anders na uitdagings, maar die belangrikste: Ek kyk na myself.
Waar is jou omgee-plekkie?
Verwante artikels
-
Sarie.com-blogger, Tanya O'Connor: Wat ek my kind gaan leer
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 14
"Ek wonder oor ma wees? Ek wonder hoe 'n ma ek gaan wees?"
-
Tanya O'Connor blog - "Dag-tot-dag"
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 6
Kom élke dag terug vir nog inspirasie.
-
Tanya O'Connor blog - "Ek het besluit om my vrees in die gesig te kyk"
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 3
"Ek het besluit om my vrees in die gesig te kyk, blad te skud, saam 'n glasie wyn te gaan klink."- Sarie.com-blogger, Tanya O'Connor skryf oor haar grootste vrees
-
Tanya O'Connor blog - "Nee, ek gaan nie crack nie, nie nou of vorentoe nie."
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 5
Sarie.com-blogger Tanya O'Connor se man is in 2004 in haar arms dood. Sy't in net 'n paar jaar haar ma, pa en ouma ook aan die dood afgestaan. Sy's weer getroud en nou swanger met 'n seuntjie.
-
Tanya O'Connor blog: ""Hoe saag jy ‘n boom af?"
SARIE - Oktober 2010
Dit is Maandag en die Kaapse Dokter laat al van hom hoor van vroegoggend. "His Nibs" (ou Ingelse sêding gelykstaande aan "sy Hoogheid") lê heerlik en slaap in sy ouma se verrassing.
-
Tanya O'Connor blog: "Kraaines"
SARIE September 2010
Ek wil 'n "mobile" vir Rory ophang, en ek soek vislyn. Ek is seker daar was 'n rolletjie in die derde laai van die kombuiskas, maar nee, ek is verkeerd.
-
Tanya O'Connor blog: "Onderstebo botterskorsie"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 6
Ek raak moeg wakker vir 'n tweede keer vandag. Gee myself oor aan die geen-planne-vir-vandag-gedagtes.
-
Tanya O'Connor blog: "Rory is hier!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Dis net ná vyf, die son het nog nie opgekom nie en die oseaan is êrens daar onder, onder my kamervenster.
-
Tanya O'Connor blog: "Van Swart na Grys na Wit"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Ek worstel met my boek se voorblad, hoe beskryf jy HALLO LEWE? Jy kan dit voel, jy kan dit sê , jy kan dit elke dag leef maar hoe lê jy dit vas vir mense om te sien ?
-
Tanya O'Connor blog: "Wat sal jy koop?"
SARIE - Oktober 2010
Wat sou jy koop as jy nou, 2.07 nm, 28 September 2010 ( . . . . .vul jou eie datum en tyd in) soveel geld het dat jy nie al die nulle op jou bankstaat sou kon tel nie?
-
Tanya O'Connor blog: "Die trane loop..."
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Vanoggend toe ek Rory voed, kyk ek in sy blou ogies en wonder wat sou Catherine Joan Winifred sê van hom?
-
Tanya O'Connor blog: "Ek het NIE vir liefde getrou nie!"
SARIE September 2010
Dit is 2.22 vm, Paddy sit met Rory. Hy het hom sy bottel gegee en ek het hom gewys hoe om winde uit te vryf.
-
Tanya O'Connor blog: "Ek kan enige geurtjie oorkom"
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 1
"Revlon se Rooi vir 'n lewe-gee-dag, en die belofte van ekstra-laaang wimpers op die maskara-houertjie, glo ek vanoggend."
-
Tanya O'Connor Blog: "Ek stuur vir jou 'n warm toevou"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
"Baie keer is 'n oor wat luister al wat nodig is. Kry dit uit jou kop, al praat jy met jouself, al praat jy net met papier!"
-
Tanya O'Connor blog: "HALLO LEWE hier en nou!"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
Ek staan op die houtdek en kyk uit oor die see, kan nie glo daar is soveel asemrowende skakerings van grys nie.
-
Tanya O'Connor blog: "Hallo, Lewe!"
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 17
Tanya O'Connor se man is in 2004 in haar arms dood. Sy't in net 'n paar jaar haar ma, pa en ouma ook aan die dood afgestaan. Sy's weer getroud en nou swanger met 'n seuntjie. Lees haar blog.
-
Tanya O'Connor Blog: "My prokureur se wyse (gratis) raad"
SARIE Julie 2010
"Woede en haat gaan sit in jou klere vas, dit bly daar totdat jy besluit om dit uit te was, of selfs om sommer die klere weg te gooi! Help dit om te haat? Dit is tog iets wat jy elke dag met jou saamdra en JOU ongelukkig maak..."
-
Tanya O'Connor blog: "Oor skroewe en groewe"
SARIE September 2010
Ek rus 'n bietjie tussen skryf deur, sit en kyk net af, weerskante van my skootrekenaar sien ek die geskaafde oppervlak. Ek is self daarvoor verantwoordelik. Hierdie lessenaar kom al 'n goeie paar jaar saam met my. Dit was my oorlede man s'n, hy het hierby
-
Tanya O'Connor blog: "Revlon se uitdagende onderlaag . . ."
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Defying . . . met ander woorde, ouderdom se dinges!
-
Tanya O'Connor blog: "Rory is op pad"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 3
Ek kon nie slaap laasnag nie, was op die punt van trane van ongemak. Vanoggend toe ek my man soos gewoonlik wakker bel antwoord hy nie sy foon nie, en die trane loop.
-
Tanya O'Connor blog: "Rory kyk in my siel"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Ek is op pad hospitaal toe! Kan nie vinnig genoeg daar kom nie, maar ek besef ook hoe kosbaar die woorde is wat ek nou op 'n skerm neersit. Vir vorentoe, vir spesiale onthou's en niks vergetes!
-
Tanya O'Connor blog: "Volstruisvere, stilleto’s en ‘n motorfiets"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
'n Paar jaar ... dit voel sooo lank gelede
-
Tanya O'Connor blog: "Wanneer dinge gebeur waarvan ek nie hou nie" (Gesprekke met EK)
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 2
Laasnag het ek 'n hele beker water bo-oor my handsak omgekeer.
-
Tanya O'Connor Blog: Aangename kennis, Mildred!
SARIE Augustus 2010
"...Ek het altyd robotte groen gewens, en dit vir wat? Ek het my middelvinger baie gebruik, nou waai ek vir mense wat glimlag wanneer ek verbykruip met Milly..."
-
Tanya O'Connor Blog: Het jy al 'n fout gemaak?
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 1
My man sê baie kere vir sy aweregse, driftige vrou: "Honey, we are not all the same." Daardie eenvoudige sinnetjie sit my gewoonlik aan die dink.
-
Tanya O'Connor blog: Om te gesels met Fransmanshoek
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 4
Ek waai elke oggend vir Fransmanshoek van die dek af. Ek sien hoe die seeperde daar galop, spring oor rotse, terugkeer see toe om net weer te pronk met hulle wit pluime.
-
Tanya O'Connor blog: “Hi Five”
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
"Mom's here!" laat Paddy hoor. Ma het al die pad van die Kaap af gery tot in Mosselbaai om te kom help met haar kleinseun.
















Kommentaar
AccomoTus het gesê:
uDkiBi http://louisvuittonoutletstore.miheaven.com/
19de Mei. 2012, 07:29Writtyvoivy het gesê:
Le aseguro. [url=http://www.burberryoutletfactorysale.com/]burberry outlet[/url]
31ste Mar. 2012, 15:53taplelfbype het gesê:
rE4 gucci belt hE2 http://www.conchustimes.org/gucci-belt-bag-c-3.html
3de Mar. 2012, 13:42Soissorce het gesê:
That is an awfully astounding column you've posted.Thanks a lot for that a fantastically amazing post!
1ste Mar. 2012, 14:40volawelafuels het gesê:
nsydavtel cheap ugg boots sale juxnknxwi http://www.ansoniadems.org
6de Des. 2011, 14:20Charlene het gesê:
...vanoggend vat jy my op ver paaie, paaie wat nooit ophou nie want om elke draai wag daar 'n nuwe ontdekking, 'n nuwe verrassing...soos hierdie pecan nut-pad wat ek vanoggend ontdek...ek bak sommer!♥
11de Aug. 2010, 11:40MARLENE OLIVIER het gesê:
Dankie Tanya vir die mooi artikel....dankie vir die omgee-tyd wat jy gee....dankie dat ek ook weer kan besef dat Marlene-tyd baie belangrik is om weer nuut te voel en weer te kan groei.Dit is heerlik om weg te raak tussen jou woorde en ook te kan stilraak voor die Pecan Nut Pie en die Pastorie se rustigheid.Blessing vir jou~Nelspruit groete MARLENE OLIVIER!
11de Aug. 2010, 11:36