Tanya O'Connor blog: 'n Stoel vol Rose en ‘n Grot vol karretjies
Ek is moeg. Op 42 is ma-wees nie speletjies nie! Party oggende weet ek nie hoe ek my voete uit die bed gaan kry nie. Ek weet nie hoe ek dit deur die dag gaan maak nie, maar ek doen. ‘n Mens is sterker as wat jy dink.
Ek kan nie sonder slaap nie. Jy kan enige iets met my uitrig as jy my slaap wegvat. Ek sal 'n baie goeie zombie kan speel in 'n riller-fliek, neem net my slaap weg!
Ek is nou al 'n ma vir amper drie maande. Ek kan nie kla oor my seuntjie se slaap patroon nie, maar dit is nog steeds 'n aanpassing om in die vroee oggendure wakker gemaak te word met 'n "whe" van die wiegie se kant af.
Ek maak seker dat daar niks voor my bed lê waaroor ek kan val nie. Onlangs het my voet vasgehaak aan my handsak se handvatsel en ek het amper my kop teen die wiegie gestamp. Ek hoop maar Rory sal nie die woord onthou wat vroegoggend uit sy ma se mond gekom het nie...
Dit is elke keer wanneer ek hom uit sy wiegie lig 'n plesier, 'n hartswarm-lekkerte om hom te sien glimlag. En dit doen hy baie. Hy is 'n rustige seuntjie. Skoonma sê gereeld, "my kind sit hom neer, jy het ook jou dingetjies om te doen." Of, "ma sal na hom kyk gaan geniet jy jouself." Ek geniet myself die meeste wanneer hy teen my bors lê, wanneer ek sy genotvolle suggies hoor van lekkerte om styf teen sy ma te wees. Wanneer ek wel erens heen sonder Rory gaan, bel ek 'n paar keer om net seker te maak hy is oukei. Ek en Ouma lag baie vir onse klein Ier, sy lag veral as hy sy ma met 'n straaltjie benat.
Vanoggend sit my ouma op die punt van my bed! Ek sien Joyce Baird met haar breiwerk, sy glimlag. Nee, ek glo nie aan spoke nie, het net 'n ryk verbeelding. En ek's geseen met 'n redelik goeie geheue.
Ouma Baird het altyd vir my 'n rottangstoel opgemaak met rose wanneer ek verjaar. Die birthday girl kon dan daarin sit net wanneer sy wil. Ek onthou nou nog die gekraak van daardie stoel, hoe klein ek gevoel het in die groot stoel. Die geur van die rose, die skoon gesiggie en al die persente, die verjaarsdagkoek met kersies op.
My een oom het my altyd na die groot speelgoedwinkel toe geneem wanneer ek verjaar het. Dan het hy vir my 'n trollie gegee en gesê ek kan maar inlaai net wat ek wil. Ek dink nie hy sal dit nie nou waag met 'n verjaarsdag nie! Ja, ek was nogal bederf tot so op elf-jarige ouderdom met die liefde van 'n gesonde ma. Daarna was dit 'n ander storie, ek moes maar vir myself presente gaan koop.
Ouma kyk na Rory en sien dat hy babaklere aan het wat sy nog gemaak het. 'n Gesmokte pakkie klere met 'n gebreide baadjie daarby booties wat sy met die hand gemaak het. Ja, ek is verras met 'n hele sak vol babaklere wat Ouma gemaak het.
Sy vra my uit na my seuntjie: "Hoe slaap hy?"
"Ouma, hy slaap goed. Wanneer ek hom neerlê, slaap hy feitlik dadelik. En ek raak aan die slaap die oomblik wanneer ek sy aangename geluidjies hoor."
"My kind gaan jy hom leer perd ry?" vra sy.
"Dit sal sy keuse wees, Ouma, maar ek gaan hom beslis op 'n Yamaha tel sodra hy kan loop!"
So gesels ek met haar en die baai se liggies lê wyd voor my uit. 'n Traan dam op in my brilglase. Dit sou lekker gewees het as sy hier was. Maar waar sy ook al is, sy rus in vrede. En haar kleindogter gaan oukei wees, sy gaan nou wel nie 'n stoel met rose opmaak vir Rory nie maar sy gaan haar bes probeer om elke verjaarsdag spesiaal te maak.
Daar is 'n foto van Paddy se pa, hy kyk vanuit 'n silwer raam neer op sy kleinseun. Ek wens ek het hom geken. Hy is 'n man wat die wêreld gesien het. Hy was 'n offisier in die Royal Navy. 'n Radioloog van formaat, wat seminare wêreldwyd aangebied het. Rory het sy mond, glo ek. Ek weet Sean O'Connor sou trots gewees het op sy kleinseun. Ek glo hy sou sy liefde vir diere aan hom oorgedra het. Rory se oupa het gesorg dat sy lieflinghond, Omega, al die pad van Engeland op die skip Suid Afrika toe gekom het.
Ouma-grootjie Baird en Oupa O'Connor sit en gesels, hulle kyk vir mekaar en dan vir my. "My kind, ons weet jy gaan dit maak, ons weet jy gaan 'n goeie ma wees."
PS: In die tuin is daar nog steeds 'n grot wat Paddy uitgegrawe het. Hy het daar met sy karretjies gespeel en ek is seker Rory gaan net so lustig daar in 'n wêreld van seunsgoed verdwyn.
Verwante artikels
-
Tanya O'Connor Blog - "Right HERE Right NOW!"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Ek luister na Van Halen vandat ek verstand gekry het! 'n Skoolvriend sit 'n paar foto's op sy muur van Tanya met blou lippe, en kettings om my nek, en 'n hondeband met spikes maak ook deel van my bling uit.
-
Tanya O'Connor blog: "Kraaines"
SARIE September 2010
Ek wil 'n "mobile" vir Rory ophang, en ek soek vislyn. Ek is seker daar was 'n rolletjie in die derde laai van die kombuiskas, maar nee, ek is verkeerd.
-
Tanya O'Connor blog: "Rory is hier!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Dis net ná vyf, die son het nog nie opgekom nie en die oseaan is êrens daar onder, onder my kamervenster.
-
Tanya O'Connor blog: "Wat sal jy koop?"
SARIE - Oktober 2010
Wat sou jy koop as jy nou, 2.07 nm, 28 September 2010 ( . . . . .vul jou eie datum en tyd in) soveel geld het dat jy nie al die nulle op jou bankstaat sou kon tel nie?
-
Tanya O'Connor blog: Oor Voortrekkers, Dwarstrekkers en stroomop swem
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 6
Die oggendgeluide kom sê goeie môre.
-
Tanya O'Connor blog: "De Compagnie"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 3
Ek byt in 'n groen vy in, ek hoor hoe die skilletjie kraak onder my tande. Die soet loop stadig oor my tong.
-
Tanya O'Connor blog: "Ek het NIE vir liefde getrou nie!"
SARIE September 2010
Dit is 2.22 vm, Paddy sit met Rory. Hy het hom sy bottel gegee en ek het hom gewys hoe om winde uit te vryf.
-
Tanya O'Connor blog: "Hoe ruik ek?"
SARIE - Oktober 2010
Die Liewe Vader weet vir wie hy kan gee en van wie hy kan neem!
-
Tanya O'Connor blog: "Hoekom ek krampwater in my handsak gaan dra!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 2
Baie keer is daar mense rondom jou wat jou 'n erge kramp gee maar wat jy dit liefs nie voor kan sê nie. Vir hulle gebruik 'n mens krampwater, sê Tanya
-
Tanya O'Connor blog: "Jy kan!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Dit is 2.45am, my oë kyk half oor mekaar wanneer ek my voete uit die bed neer sit, die bedliggie aansit. Ek soek my pantoffels.
-
Tanya O'Connor blog: "Kom ry saam"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Ma se gebreide lappieskombers roep my. Klein Rory se ogies is toe en hy is alreeds in droomland in sy wiegie. Ek is vinnig oppad soontoe. Deesdae raak ek dadelik aan die slaap as my kop die kussing raak. Ek kuier dadelik in droomland.
-
Tanya O'Connor blog: "Om 'n pyp te rook"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 4
Vroegoggend sit ek met Rory, kyk ‘n lekkerlag program op BBC terwyl ek hom voed. Ma kom sê goeie môre, ja ek en my skoonma bly in een huis, maar . . . dit is ‘n ander storie.
-
Tanya O'Connor blog: "Oor skroewe en groewe"
SARIE September 2010
Ek rus 'n bietjie tussen skryf deur, sit en kyk net af, weerskante van my skootrekenaar sien ek die geskaafde oppervlak. Ek is self daarvoor verantwoordelik. Hierdie lessenaar kom al 'n goeie paar jaar saam met my. Dit was my oorlede man s'n, hy het hierby
-
Tanya O'Connor blog: "Rory kyk in my siel"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Ek is op pad hospitaal toe! Kan nie vinnig genoeg daar kom nie, maar ek besef ook hoe kosbaar die woorde is wat ek nou op 'n skerm neersit. Vir vorentoe, vir spesiale onthou's en niks vergetes!
-
Tanya O'Connor blog: "Wanneer dinge gebeur waarvan ek nie hou nie" (Gesprekke met EK)
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 2
Laasnag het ek 'n hele beker water bo-oor my handsak omgekeer.
-
Tanya O'Connor blog: "Wat laat jy toe?"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Ons gaan braai by vriende Saterdagmiddag. Die landgoed is kiekiemooi, 'n wit perd kom sê onverwags hallo op die stoep.
-
Tanya O'Connor blog: Ek gaan kuier vir Lucrezia
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 6
Ek bly in 'n kelder, nie net is dit 'n wynkelder nie, maar 'n vergader plek vir inspirasie.
-
Tanya O'Connor blog: My eerste gholfles. . . . (die moordenaar wag by die 9de putjie)
SARIE - Januarie 2011
Dit is sesuur, die huis is al klaar wakker. Klein Rory 'has summoned his servants' en ons altwee is die trappe op uit die kelder, twee-twee op 'n slag.
-
Tanya O'Connor blog: Om in 'n dam te bad
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 8
Die water is pikswart, van ver en van naby. Ek sit my voet in, my tone verdwyn vinnig in die swart kringe. Ek gaan nou in hierdie water inspring en bad.
-
Tanya O'Connor blog: Om jou lyf en jou siel aan te trek
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 2
Die vraag hou my snags wakker, laat my my kaste weer en weer uit- en inpak.
-
Tanya O'Connor blog: Oor John Galliano en om te waardeer wat jy kry
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 4
Rory het gaan slaap en ek kyk “fashion tv” vroegoggend. Ek kry baie idees hier vir my kuns, ek geniet die loopplank musiek en soms is ek gelukkig om verras te word met die werk van ’n bekende ontwerper.
-
Tanya O'Connor blog: Oor ’n stort en “less is more”
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 1
Ek het nou net klaar gestort, en die stort se deur met ’n spyker toegemaak. Ek moes maar mooi trap, dit het laasnag gereën en as ek nie versigtig is nie moet ek weer terug stort toe na ‘n moontlike modder ploeg. Ek het die stort SO geniet.
-
Tanya O'Connor blog: Storiepot
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 4
'n Bessie val op die dak, net een plofgeluidjie en ek is wakker. My seuntjie is in droomland en sy ma soek 'n bottel. Ek is dors. Nog 'n plofgeluid, hoekom val die hele boksemdaais nie sommer gelyk af nie?
-
Tanya O'Connor blog: ‘n Woeste see en die krewe wat daar in swem
SARIE - Oktober 2010
Die sms sê, “Tanya ek is binne 7 minute by jou.” Deon van Naledi uitgewers kan seker nie meer wag om my van sy nek af te kry nie.
-
Tanya O'Connor blog: “Hi Five”
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
"Mom's here!" laat Paddy hoor. Ma het al die pad van die Kaap af gery tot in Mosselbaai om te kom help met haar kleinseun.
-
Tanya O'Connor: "Brons op my tong, rum in my mond"
SARIE - Desember 2010
"Ek druk hierdie oomblik vas teen my bors, dankie vir die voorreg om hier en nou te kan wees en te kan leef..."
-
Tanya O'Connor: Hoekom ek weer ‘n motorfiets aan die brand gaan skop!
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 1
Ek het vandag gedoen wat ek al baie jare in dié tyd moes gedoen het! Ek het vakansie gehou! Ek het op die dek gesit, oor die see gekyk en regte, egte sjampagne gedrink . . . in my pajamas!
-
Tanya O'Connor: Oor brandewyn, 'n fairy godfriend en sprokies vir grootmense
SARIE - Januarie 2011
Die huis is stil, windstil en mensstil. Ouma het gaan gholf speel en Rory is in droomland. Die “dogs” lê elkeen op hul bank en ek . . . wel my senuwees is aan flarde!
















Kommentaar
Charlene het gesê:
Liewe aarde, met sulke name en vanne, gemeng met Afrika bloed kan die jonge Rory net van krag tot krag gaan.En onthou, ek bak sy bday koek-al moet ons 'n Royal Navy koek bak!♥
5de Nov. 2010, 14:05