Tanya O'Connor blog: ‘n Woeste see en die krewe wat daar in swem
Die sms sê, “Tanya ek is binne 7 minute by jou.” Deon van Naledi uitgewers kan seker nie meer wag om my van sy nek af te kry nie.
Hy ry al van Vrydagaand af met my boek in sy motor . . . en dit is nou Saterdagoggend 11.30 en ek kan nie meer wag nie!
“Hier is jou boks, baie geluk.” En daar gaan hy, ‘n baie slim mens met woeste hare, hope kreatiwiteit, ‘n lekker groot funky bril en ‘n baie mooi meisie aan sy sy. Deon het vele talente gekry, een was beslis die vermoë om dit wat ek geskryf het op die buiteblad van my boek vas te vang. Hallo Lewe en ‘n rooi Revlon Lipstiek en dan natuurlik Sarie heel bo-aan.
Sarie verpersoonlik inspirasie en ek is trots daarop om vir Sarie te kan blog en deel te wees van ‘n wonderlike span mense. Van die eerste dag wat ek by die redaksie-kantoor ingestap het is ek geïnspireer. Maryke se welkome e-pos met die link na my blog en haar stem, altyd vriendelik en vol lag oor die foon moedig my aan om elke dag te skryf.
Ek jaag huistoe, ek weet darem nou al waar die spoedkameras wegkruip. Ek sit vir ‘n paar minute voor ek uitklim, hierdie oomblik sal nooit weer wees nie. My eerste boek langs my op die sitplek! My man kom help my dra,”Congratulations Honey!” Skoonma staan reg met ‘n kristal glas vol sjampagne, sy haal nie sommer haar gunsteling glase uit nie. Ons klink ‘n glasie op so baie vieringe.
2010 was ‘n goeie jaar, ek het begin blog vir ‘n paar publikasies, ‘n uitgewer het my blog raakgesien en ‘n aanbod vir ‘n boek gemaak, binne 4 maande het ek my boek klaar geskryf. Ek het ‘n uitstalling by ‘n wynkelder gehad van my skilderye. En die kersie op die koek was Rory S O’Connor wat gebore is op 28 Augustus!
Hallo Lewe was lekker om te skryf, want met elke woord het ek nog meer vrede gekry in my gemoed. Ek het nooit gedink dit sou gebeur nie, maar hier vandag kan ek nou my boek vashou!
Wat doen ek wanneer dinge goed gaan? Om eerlik te wees ek soek vir nog dinge OM goed te gaan, dit kan mos nie ophou nie of hoe? Elke dag is soo goed vir my al gebeur dinge wat nie lekker is nie, ek het besluit om selfs dit tot my voordeel te gebruik. En dit is maklik, jy kan dit doen! Sien jy die woeste see, of sien jy die kreef wat daarin swem?
Wanneer dinge goed gaan wil ek altyd my ma bel . . . 044 272 5698, maar die nommer bestaan nie meer nie. Ja ek het al ‘n paar keer wel die nommer gebel, sommer aan die gesels geraak met ‘n stil foon. Ek sit en kyk oor die see, berge in die verte, ‘n kalm windjie wat die branders roer, ek glimlag. Ou Joanie waars jy tog vandag? Waar sweef jy rond? Kan jy sien wat jou dogter als doen?
‘n Traan loop oor my wang, hoe kan ek haar rus wil verstoor deur my eie selfsugtige wense? Sy het vrede gekry waar sy nou is weg van ‘n wêreld wat haar nie verstaan het nie. Ek kan net terugdink met baie liefde aan my wonderlike ma en sê dankie ek het jou geken Ma!
Die lewe gaan voort en daar sal altyd vir my sulke oomblikke wees, kosbare oomblikke wat sorg dat ek die lewe nog net meer waardeer en elke dag begin met HALLO LEWE!
*Lees meer oor haar nuwe boek, Hello Lewe!
Verwante artikels
-
Tanya O'Connor Blog - "Right HERE Right NOW!"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Ek luister na Van Halen vandat ek verstand gekry het! 'n Skoolvriend sit 'n paar foto's op sy muur van Tanya met blou lippe, en kettings om my nek, en 'n hondeband met spikes maak ook deel van my bling uit.
-
Tanya O'Connor blog: "Rory is hier!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Dis net ná vyf, die son het nog nie opgekom nie en die oseaan is êrens daar onder, onder my kamervenster.
-
Tanya O'Connor blog: "Wat sal jy koop?"
SARIE - Oktober 2010
Wat sou jy koop as jy nou, 2.07 nm, 28 September 2010 ( . . . . .vul jou eie datum en tyd in) soveel geld het dat jy nie al die nulle op jou bankstaat sou kon tel nie?
-
Tanya O'Connor blog: "De Compagnie"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 3
Ek byt in 'n groen vy in, ek hoor hoe die skilletjie kraak onder my tande. Die soet loop stadig oor my tong.
-
Tanya O'Connor blog: "Hoe ruik ek?"
SARIE - Oktober 2010
Die Liewe Vader weet vir wie hy kan gee en van wie hy kan neem!
-
Tanya O'Connor blog: "Jy kan!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Dit is 2.45am, my oë kyk half oor mekaar wanneer ek my voete uit die bed neer sit, die bedliggie aansit. Ek soek my pantoffels.
-
Tanya O'Connor blog: "Om 'n pyp te rook"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 4
Vroegoggend sit ek met Rory, kyk ‘n lekkerlag program op BBC terwyl ek hom voed. Ma kom sê goeie môre, ja ek en my skoonma bly in een huis, maar . . . dit is ‘n ander storie.
-
Tanya O'Connor blog: "Oor skroewe en groewe"
SARIE September 2010
Ek rus 'n bietjie tussen skryf deur, sit en kyk net af, weerskante van my skootrekenaar sien ek die geskaafde oppervlak. Ek is self daarvoor verantwoordelik. Hierdie lessenaar kom al 'n goeie paar jaar saam met my. Dit was my oorlede man s'n, hy het hierby
-
Tanya O'Connor blog: "Rory kyk in my siel"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Ek is op pad hospitaal toe! Kan nie vinnig genoeg daar kom nie, maar ek besef ook hoe kosbaar die woorde is wat ek nou op 'n skerm neersit. Vir vorentoe, vir spesiale onthou's en niks vergetes!
-
Tanya O'Connor blog: "Wanneer dinge gebeur waarvan ek nie hou nie" (Gesprekke met EK)
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 2
Laasnag het ek 'n hele beker water bo-oor my handsak omgekeer.
-
Tanya O'Connor blog: "Wat laat jy toe?"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Ons gaan braai by vriende Saterdagmiddag. Die landgoed is kiekiemooi, 'n wit perd kom sê onverwags hallo op die stoep.
-
Tanya O'Connor blog: 'n Stoel vol Rose en ‘n Grot vol karretjies
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Ek is moeg. Op 42 is ma-wees nie speletjies nie! Party oggende weet ek nie hoe ek my voete uit die bed gaan kry nie. Ek weet nie hoe ek dit deur die dag gaan maak nie, maar ek doen. ‘n Mens is sterker as wat jy dink.
-
Tanya O'Connor blog: My eerste gholfles. . . . (die moordenaar wag by die 9de putjie)
SARIE - Januarie 2011
Dit is sesuur, die huis is al klaar wakker. Klein Rory 'has summoned his servants' en ons altwee is die trappe op uit die kelder, twee-twee op 'n slag.
-
Tanya O'Connor blog: Om jou lyf en jou siel aan te trek
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 2
Die vraag hou my snags wakker, laat my my kaste weer en weer uit- en inpak.
-
Tanya O'Connor blog: Storiepot
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 4
'n Bessie val op die dak, net een plofgeluidjie en ek is wakker. My seuntjie is in droomland en sy ma soek 'n bottel. Ek is dors. Nog 'n plofgeluid, hoekom val die hele boksemdaais nie sommer gelyk af nie?
-
Tanya O'Connor blog: “Hi Five”
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
"Mom's here!" laat Paddy hoor. Ma het al die pad van die Kaap af gery tot in Mosselbaai om te kom help met haar kleinseun.
-
Tanya O'Connor: Hoekom ek weer ‘n motorfiets aan die brand gaan skop!
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 1
Ek het vandag gedoen wat ek al baie jare in dié tyd moes gedoen het! Ek het vakansie gehou! Ek het op die dek gesit, oor die see gekyk en regte, egte sjampagne gedrink . . . in my pajamas!
















Kommentaar