Tanya O'Connor blog: "Om 'n pyp te rook"

Deur Tanya O'Connor, SARIE - Oktober 2010

Vroegoggend sit ek met Rory, kyk ‘n lekkerlag program op BBC terwyl ek hom voed. Ma kom sê goeie môre, ja ek en my skoonma bly in een huis, maar . . . dit is ‘n ander storie.

“Nou het ek jou uitgevang, “ sê sy met ‘n glimlag, sy haal ‘n asbakkie onder ‘n tafeltjie uit waarop ek gisteraand geskets het. Ek het my potlood daarin skerp gemaak. “Nee wat ma,” antwoord ek, “ek sal die pype in die pyprak bykom as ek lus voel vir ‘n trekkie.” Sy kyk my nie snaaks aan nie, sy weet ek verlustig my nou en dan daarin om ‘n pyp te stop en ‘n sigaar stadig te geniet.
 
Ek glimlag terwyl ek my seuntjie sus, salige geluidjies ontsnap uit sy borsie en ek bevoel elke toontjie onder die kombers. Ek was maar “anders” op skool, het swart gedra en my hare met “crinkle paper” groen gekleur. Toe ek ‘n mede oud-skolier in ‘n winkelsentrum raakloop, kom sy skaam uit met ‘n groot sak patats, “ons het altyd gedink jy rook die verkeerde goed, want jy was soo anders.” Ek was nie anders nie, ek het net gedoen wat vir my gewerk het! (en ek het nie snaakse goed gerook nie)
 
Ek dra nog steeds swart, want, dit pas by alles. Die boude en moer oorbelle wat my pa vir my gemaak het, het nou wel plek gemaak vir goud en ‘n diamante, maar ek sal dit weer dra as ek dit in die hande kon kry.
 
Toe ek onlangs ‘n oproep kry om te hoor of ek die skool se reünie gaan bywoon, was my antwoord nee. Hoekom nie, het die persoon gevra. Ek het probeer terughou, probeer my tong byt, maar wanneer ek terugdink aan hoe ek amper in ‘n blik gedruk is en daar sou gebly het, kook my bloed.
 
“Wel, of julle aanskou hoe ek Mnr X een harde klap gee of ek bly by die huis”, was my antwoord. Die betrokke onderwyser het altyd ingemeng, altyd ongevraag en oordadig sy opinie gegee en sy siek stempel probeer afdruk. Die voorbeeld wat hy in sy lewe gestel het, het veel te wense gelaat. Ek het nie aan sy woorde gehang nie en was nie baie gewild as gevolg daarvan nie.
 
Ek raak kwaad vir myself as ek so driftig reageer, dit is soveel jare terug . . . maar ek voel nog steeds passievol oor my individualiteit!
 
 Charles Evans Hughes het gesê: “When we lose the right to be different, we lose the privilege to be free.”
 
Ek vra myself soos ek skryf, het ek die eienskappe van ‘n steeks perd ? Nee! Ek hou net daarvan om nie te doen soos almal doen nie.  Ek is nie doelbewus aweregs nie,  maar ek doen wat my pas, met my gewete wat natuurlik altyd iets te sê het.
 
Ek het tot hier gekom deur my hart te volg, deur te volg wat my binneste vir my sê en dit het vir my gewerk! Ek het oorleef en oorleef nog elke dag op my manier.
 
En om af te sluit met ‘n wyse individu se woord: “The real voyage of discovery consists not in seeking new landscapes but in having new eyes.” Marcel Proust
 
Ek stook die lewe se pyp met my eie tabak!
 
 

Verwante artikels

Kommentaar

  • Willene, ek is al van kleintyd af "anders", nie doelbewus nie, net omdat ek nog altyd doen wat ek wil! Klink miskien onmoontlik maar as jy wil dan KAN JY! Jy jouelf is uniek, "one of a kind" en dit maak jou sooo spesiaal. Ek gaan NOU my pyp aansteek!

    28ste Okt. 2010, 14:35
  • Great!!!!

    28ste Okt. 2010, 11:16
  • Dit is so opvallend vir my hoe baie ons as vroue liewers wil inpas as net om die perfekte ek te wees. Ja dis miskien makliker om te 'conform' maar die absolute afbreuk wat dit aan jou gees doen,niks help daar nie. Dis miskien moeilik om te glo maar liewers ek in totaliteit as ek agter 'n skerm weggesteek en vergeet. Rook daai pyp en 'inspire' ons almal net meer.

    27ste Okt. 2010, 20:33
  • Vriendin,jy weet mos...hoe sê die Ingelse...two peas in a pot...ek het amper my menswees verloor deur te probeer om nie anders te wees nie.Nou is ek net ek en as iemand 'n probleem met my kompakte sensuele lyfie het, so be it. Ek wil jou beslis nie in 'n blik druk nie want elke nou en dan ontdek mens 'n ander faset - en dit hou mens so interessant. DAnkie weer vir die blootlê, en baie baie geluk met 'Hallo,lewe!'

    27ste Okt. 2010, 20:07