Tanya O'Connor blog: Om te gesels met Fransmanshoek
Ek waai elke oggend vir Fransmanshoek van die dek af. Ek sien hoe die seeperde daar galop, spring oor rotse, terugkeer see toe om net weer te pronk met hulle wit pluime.
Ek vat myself soheentoe, my kleintyd-, tienertyd-plek waar ek oesters sit en eet het op die rotse. Sommer so uit die see. Ek het geklouter waar ek dit beslis nou nie soheentoe sal maak nie, gewapen met 'n skroewedraaier en 'n banksakkie vol gemaalde swartpeper. 'n Suurlemoen is ook saam as ek 'n broek gedra het met sakke.
Ek was onlangs weer daar, ek en Paddy. Terwyl hy die rotse gaan verken het, het ek bly sit op 'n houtbankie, daarop gegraveer "she enjoyed this view", net dit. Ek het net ''gewees'', altans ek het probeer. En daar leer Fransmanshoek vir my 'n goeie les. 'n Les van kop skoonmaak en van net wees. Terwyl ek sit en uitkyk oor die oseaan het my "to do"-lysies deur my kop geflits, ek het gedink aan wat ek als die komende week moes doen. Ek het gewonder wat maak dié en wat maak daardie vriendin, ek het gedink aan of als reg is vir Rory se koms. Ek het gewonder waar 'n sekere boek was, en in my kop die hele huis deurgesoek daarna. Ek het probeer onthou hoeveel woorde ek nog moes skryf vir my boek, en wou tot 'n notaboek nader trek om lysies te maak van waaroor ek nog wou skryf. Totaal verwyder van die ongelooflike skoonheid rondom my.
Totdat daar 'n brander naby my neergeplons het en my teruggeruk het tot die oomblik. Tanya, Tanya, Tanya, hoekom kon jy nie die oomblik geniet nie, het ek vir myself gevra? Die gedruis van die see, die klipdassie wat amper teen jou voete kom son soek het? Die groen mos oral om jou, die woelende blou waters en die strand sonder een voetspoor. Ek het myself teruggehou van die oomblik se geniet, ek het myself teruggehou om die oomblik in tyd weg te bêre in my hart. Ander onbenullighede het in my kop ingesluip, onbenullighede wat die oomblik kom versuur het al was dit hoe belangrik.
Ek het net begin kyk, kyk na die see en dit wat om my was, die kleur van die rotse. Die bankie waarop ek gesit het, ek het gedink aan die "she" wat die uitsig waardeer en geniet het. Ek het my naam sonder 'n potlood of pen langs die sin neergeskryf. Tanya enjoyed this view!
Fransmanshoek het met my gesels, hard met my gepraat met sy branders en ongerepte skoonheid. Sy varsheid, sy lewe en sy oomblikke van net wees. Elke dag is daar sulke oomblikke, sulke plekke. Ek verloor dit soms, dit raak weg in my gedagtegang van "what to do". Wat om te doen vra ek myself soos ek hier skryf, ek moet doen wat vir my goed is en ek moet elke spesiale oomblik vashou tussen my hande en dit teen my bors sit waar dit gaan insink in my hart.
Verwante artikels
-
Sarie.com-blogger, Tanya O'Connor: Wat ek my kind gaan leer
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 14
"Ek wonder oor ma wees? Ek wonder hoe 'n ma ek gaan wees?"
-
Tanya O'Connor blog - "Dag-tot-dag"
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 6
Kom élke dag terug vir nog inspirasie.
-
Tanya O'Connor blog - "Ek het besluit om my vrees in die gesig te kyk"
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 2
"Ek het besluit om my vrees in die gesig te kyk, blad te skud, saam 'n glasie wyn te gaan klink."- Sarie.com-blogger, Tanya O'Connor skryf oor haar grootste vrees
-
Tanya O'Connor blog - "My man het in my arms gesterf"
SARIE - Mei 2010
"My man is amper ‘n week gelede dood, ek gaan vandag sy as haal.
-
Tanya O'Connor blog - "Nee, ek gaan nie crack nie, nie nou of vorentoe nie."
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 5
Sarie.com-blogger Tanya O'Connor se man is in 2004 in haar arms dood. Sy't in net 'n paar jaar haar ma, pa en ouma ook aan die dood afgestaan. Sy's weer getroud en nou swanger met 'n seuntjie.
-
Tanya O'Connor blog: "Kraaines"
SARIE September 2010
Ek wil 'n "mobile" vir Rory ophang, en ek soek vislyn. Ek is seker daar was 'n rolletjie in die derde laai van die kombuiskas, maar nee, ek is verkeerd.
-
Tanya O'Connor blog: "Onderstebo botterskorsie"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 6
Ek raak moeg wakker vir 'n tweede keer vandag. Gee myself oor aan die geen-planne-vir-vandag-gedagtes.
-
Tanya O'Connor blog: "Rory is hier!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Dis net ná vyf, die son het nog nie opgekom nie en die oseaan is êrens daar onder, onder my kamervenster.
-
Tanya O'Connor blog: "Van Swart na Grys na Wit"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Ek worstel met my boek se voorblad, hoe beskryf jy HALLO LEWE? Jy kan dit voel, jy kan dit sê , jy kan dit elke dag leef maar hoe lê jy dit vas vir mense om te sien ?
-
Tanya O'Connor blog: "Ek het NIE vir liefde getrou nie!"
SARIE September 2010
Dit is 2.22 vm, Paddy sit met Rory. Hy het hom sy bottel gegee en ek het hom gewys hoe om winde uit te vryf.
-
Tanya O'Connor blog: "Ek kan enige geurtjie oorkom"
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 1
"Revlon se Rooi vir 'n lewe-gee-dag, en die belofte van ekstra-laaang wimpers op die maskara-houertjie, glo ek vanoggend."
-
Tanya O'Connor Blog: "Ek stuur vir jou 'n warm toevou"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
"Baie keer is 'n oor wat luister al wat nodig is. Kry dit uit jou kop, al praat jy met jouself, al praat jy net met papier!"
-
Tanya O'Connor blog: "HALLO LEWE hier en nou!"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
Ek staan op die houtdek en kyk uit oor die see, kan nie glo daar is soveel asemrowende skakerings van grys nie.
-
Tanya O'Connor Blog: "My prokureur se wyse (gratis) raad"
SARIE Julie 2010
"Woede en haat gaan sit in jou klere vas, dit bly daar totdat jy besluit om dit uit te was, of selfs om sommer die klere weg te gooi! Help dit om te haat? Dit is tog iets wat jy elke dag met jou saamdra en JOU ongelukkig maak..."
-
Tanya O'Connor blog: "Oor skroewe en groewe"
SARIE September 2010
Ek rus 'n bietjie tussen skryf deur, sit en kyk net af, weerskante van my skootrekenaar sien ek die geskaafde oppervlak. Ek is self daarvoor verantwoordelik. Hierdie lessenaar kom al 'n goeie paar jaar saam met my. Dit was my oorlede man s'n, hy het hierby
-
Tanya O'Connor blog: "Revlon se uitdagende onderlaag . . ."
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Defying . . . met ander woorde, ouderdom se dinges!
-
Tanya O'Connor blog: "Rory is op pad"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 3
Ek kon nie slaap laasnag nie, was op die punt van trane van ongemak. Vanoggend toe ek my man soos gewoonlik wakker bel antwoord hy nie sy foon nie, en die trane loop.
-
Tanya O'Connor blog: "Rory kyk in my siel"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Ek is op pad hospitaal toe! Kan nie vinnig genoeg daar kom nie, maar ek besef ook hoe kosbaar die woorde is wat ek nou op 'n skerm neersit. Vir vorentoe, vir spesiale onthou's en niks vergetes!
-
Tanya O'Connor blog: "Volstruisvere, stilleto’s en ‘n motorfiets"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
'n Paar jaar ... dit voel sooo lank gelede
-
Tanya O'Connor Blog: Aangename kennis, Mildred!
SARIE Augustus 2010
"...Ek het altyd robotte groen gewens, en dit vir wat? Ek het my middelvinger baie gebruik, nou waai ek vir mense wat glimlag wanneer ek verbykruip met Milly..."
-
Tanya O'Connor Blog: Het jy al 'n fout gemaak?
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 1
My man sê baie kere vir sy aweregse, driftige vrou: "Honey, we are not all the same." Daardie eenvoudige sinnetjie sit my gewoonlik aan die dink.
-
Tanya O'Connor blog: Me Time Pecan Nut Pie Time
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 3
"Adel, kan ek my favourite tafeltjie kry, vir so tien uur?
-
Tanya O'Connor blog: Wat my kind my leer
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 7
Ek kan nie slaap nie, my maag is in die pad.
-
Tanya O'Connor blog: “Hi Five”
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
"Mom's here!" laat Paddy hoor. Ma het al die pad van die Kaap af gery tot in Mosselbaai om te kom help met haar kleinseun.

















Kommentaar
Bernie Colyn het gesê:
Pragtig soos altyd . Ja, Fransmanshoek is 'n baie spesiale en so mooi plek. My man vang graag daar vis (hy noem die hengel want die vang is nie altyd so groot sukses nie). Dan sit ek maar daar by hom op die rotse en as dir Walvis tyd is so lekker. Maar dit is waar ons gun ons self nie die tyd op net af te skakel en te geniet nie. Gaan dit volgende keer net vir myself doen.
16de Aug. 2010, 12:39Bernie Colyn het gesê:
Pragtig soos altyd . Ja, Fransmanshoek is 'n baie spesiale en so mooi plek. My man vang graag daar vis (hy noem die hengel want die vang is nie altyd so groot sukses nie). Dan sit ek maar daar by hom op die rotse en as dir Walvis tyd is so lekker. Maar dit is waar ons gun ons self nie die tyd op net af te skakel en te geniet nie. Gaan dit volgende keer net vir myself doen.
16de Aug. 2010, 12:39Brenda de Klerk het gesê:
Soos gewoonlik geniet ek jou les!!! en ek let nogaals op innie klas!!!
16de Aug. 2010, 10:35