Tanya O'Connor blog: "Onderstebo botterskorsie"

Deur Tanya O'Connor, SARIE Augustus 2010

Ek raak moeg wakker vir 'n tweede keer vandag. Gee myself oor aan die geen-planne-vir-vandag-gedagtes.

Die honde lê warm rondom my, al drie is gister gebad en geskeer, strikkies nog in die hare. Die voorneme is om hulle dadelik aan Rory voor te stel sodra hy sy voetjies oor die drumpel sit. Ek glo Chivas gaan 'n probleem wees vir besoekers, hy het homself al klaar tuisgemaak voor die wiegie en dit is waar ek hom kry as ek wonder waar hy is.  

My man bied aan om die huis skoon te maak, en sowaar, hy is baie goed met 'n squeedgy rondstoot en 'n stofsuier laat brul. Maar helaas, die kamer se houtvloer los hy te nat en ek beland op my agterwêreld.  Ek bly lê waar ek val, als voel nog in plek.  Paddy is op die punt van trane, dit is mos nou nie sy skuld nie! Ek bel die hospitaal, wil net seker maak dat als reg is. En als is, Rory se hartjie klop goed en als is wel. En ek is verby moeg.

Ek is slaperig op pad huis toe, ek maak my oë oop net voor ons by die hek inry, hier is 'n klomp motors geparkeer.  Ek erken gesig na gesig, wat maak hulle almal hier?  Ek is stadig van denke, ek sien kardoessakke vol geskenke. Wat 'n verrassing! Nuwe en ou vriende het kom kuier met eetgoed en wat ook al, en als in die sakke is vir klein Rory.  

'n Gedagte aan my ma flits deur my brein, voor ek kan hartseer word dat sy nie hier is vandag nie oorweldig liefde en omgee my. Ek is voorwaar geseënd om hierdie spesiale mense in my lewe te hê.  

Sandra gee 'n groot teddiebeer en Janetta en Jaco 'n T-hemp met 'n motorfiets op. Daar is van alles, Adel het spesiaal gebak vir die kuier, dadelbolletjies en allerhande lekkernye wat sy weet ek van hou. Daar is klein watersteweltjies met frangipani op die tafel en 'n "koek" van babadoeke met laventelblomme hier en daar ingedruk.  

Hulle het my waarlik onkant gevang, maar wat 'n spesiale verrassing. Ek is regtig oorweldig, sonder woorde. Ek word sitgemaak en my bordjie vol gemaak. Paddy neem foto's en tot die honde gedra hulle stroopsoet.

Ek kan nog nie glo ek is swanger nie, ja, ek kan nie. Die boepie het gegroei die laaste paar maande, en vanoggend toe ek omdraai, myself optrek aan die kopstuk van ons bed, het Rory sy boudjies vir sy ma gewys.  

Ek moes dit weer doen, Paddy in die sy gestamp, "Honey have a look." Ons altwee het gelag, ek dat die trane loop vir die oomblik en van geluk.

Paddy het laat hoor: "But Honey, you have an upside down butternut in your magie now."

Verwante artikels

Kommentaar

  • Leona, as jy nie n verskeidenheid van die skrywer se blogs aangehaal het nie het ek gedink jy is n geloofwaardige leser wat kritiek lewer. Nou klink jy soos n tiener uit Mean Girls. Piering melk vir jou?

    30ste Aug. 2010, 19:39
  • Baie dankie, Hettie en Bernie! Rory het Saterdag oggend 2.45 sy opwagting gemaak! Gaan goed met ons albei! Ekis baie dankbaar vir hierdie wonderlike bondeltjie mens! Ek laat weet hoe dit gaan.

    30ste Aug. 2010, 11:19
  • @Leona, dankie tog vrou, ek het begin dink dit is dalk net ek wat so dink!

    26ste Aug. 2010, 20:49
  • Hettie, bly jy hou daarvan, dit begin nou vir my alles dieselfde klink...lees bietjie al die blogs uit haar pen, Leef, Sarie, Rapport, en wie weet wat nog. Bietjie dik vir my...mens kan dieslefde koei net so lank melk, en ek dink die een se melk is aan die opdroog.

    26ste Aug. 2010, 19:55
  • Nou dat ek jou na al die jare weer gesien het en vir Paddy ontmoet het kan ek die prentjie my goed voorstel WONDERLIK. Ek geniet jou skrywe van die algemene gewone dinge van elke dag wat jy so mooi op toor met woorde en 'n prentjie wat jy so mooi kan uitbeeld. DANKIE.

    26ste Aug. 2010, 15:31
  • Ai mense, Tanya O'Conner is 'n vrou met talent sonder weerga. Ek geniet haar blog want hierdie vrou kan vir jou iets vertel en met woorde toor wat die trane kan laat loop van jou emosies omdat jy kan identifiseer met die pyn en hartseer wat sy deurgemaak het. Nogtans kan jy ook so lag vir die komiese wat sy so goed kan beskryf dat jy kliphard kan skater sodat jou honde so skrik en uit die kamer hardloop. Sy moet tog nooit ophou skryf nie.

    26ste Aug. 2010, 10:47