Tanya O'Connor blog: "Revlon se uitdagende onderlaag . . ."

Deur Tanya O'Connor, SARIE Augustus 2010

Defying . . . met ander woorde, ouderdom se dinges!

Vandag moet ek als nader trek wat ek kan kry om my te laat goed voel, ek begin by die swanger lyf . . .

Ek lyk verskriklik! Ek voel verskriklik! My gewrigte is seer en my vingertjies lyk soos sleggestopte varkworsies. Ek is moeg en kan nie lekker slaap nie, ek kan nie eet nie, en leef op Milo en Oats-pap.

Ek weet dit sal weer beter gaan, die wagtyd word nou lank en elke dag moet ek harder werk aan my kopskuif vir die dag. Ja, ek weet baie vrouens is al hierdeur, seker jy wat hier lees ook, maar vir my is dit 'n "first". 

Ek's maar goed benoud. Ek het al vanoggend gelees van borsvoeding, van babas wat nie deurslaap nie en van kroep, cradle cap en koliek. Ek hoop ek kan als onthou!

My man werk weg van die huis af, hy kom darem elke naweek huis toe, maar dit is nie lekker om gedurende hierdie tyd alleen te wees nie. Ek weet ek kan nie als hê soos ek dit wil hê nie en ek moet die beste maak van dit wat oor my pad kom.

Revlon staan alweer vir my en loer, ek het 'n hele plastiek-gereedskapkissie vol van kleur, oorlogsverf vir enige skermutseling, selfs met 'n 35 week oue klein Ier wat my binnegoed herrangskik soos hy goed dink! Hier en daar is 'n aartjie op my gesig, die lagplooie onder die oë lyk soveel erger wanneer ek goor voel.  

Age defying make up? Nee wragtie, dit laat my oud voel, maar eintlik sê dit soveel oor mwa.  Defying . . . met ander woorde, ouderdom se dinges! Enigiets se dinges wat my kan terughou van leef! Ek is so oud soos ek voel en ek trek maar die botteltjie nader. Ek kan enigiets defy as ek eers my gesig geverf het!   

Revlon het my al deur baie eina gedra, gekry, my dit laat verwerk. In 'n swart ronde plastiekhouertjie met 'n paar goue bandjies daarom,  waarvan ek die lewendige rooi kan uitdraai, was daar heling vir my brose binneste! Daar was: Kom staan op jy gaan vandag kan maak!

Die woord defying bly in my verstand maal, ek soek vir die Afrikaans daarvan . . . ek vra 'n bekende Afrikaanse skrywer op Facebook, sy noem die woord ''uitdaag''. En dit geval my. Ek het al so baie in my lewe uitgedaag, so baie gesê, kom ek vat 'n weddenskap met hartseer, trauma, alleenheid, jy wat hier lees kan self verder invul. En ek het gewen, ek het die weddenskap gewen, want ek het geglo in myself, vertrou in my vermoëns om my lippe te verf, my gesig toe te plak en aan te gaan.

Niks hou jou terug om dit te doen nie! Ek gebruik elke dag die hulpmiddelle wat ek ookal kan om die weddenskap te wen, al is dit net 'n Revlon-lipstiffie!

Verwante artikels

Kommentaar

  • Revlon is altyd daar! Age defying of te not!

    13de Aug. 2010, 14:44