Tanya O'Connor blog: "Rory is op pad"

Deur Tanya O'Connor, SARIE Augustus 2010

Ek kon nie slaap laasnag nie, was op die punt van trane van ongemak.  Vanoggend toe ek my man soos gewoonlik wakker bel antwoord hy nie sy foon nie, en die trane loop.

Saam met die trane kom die gevoel van bene wat nie meer myne is nie, 'n pyn hier en 'n pyn daar.  Ek kry hom uiteindelik in die hande. "I'm leaving now honey." Ek vra hom om nie te vinnig te ry nie.

Ek is rustig, neem die honde tuin toe.  Loop op en af deur die huis met die hospitaal se lysie, daar gaan beslis nie doeke in die messelaai wees nie ? Ek pak my nuwe "slippers", knip hier en daar 'n etiket af.  Gaan weer deur die lysie om seker te maak als is op die groot eetkamer tafel om ingepak te word.   

Ek het 'n ongelooflike kalmte oor my, niks pla nie en niks jaag my nie, ek is nie beangs nie ook nie opgewonde nie, net vol van die wete dat als ok sal wees. Ek waggel stadig voort.

Ek het nog altyd berusting gevind in woorde, die vingers wat tik is uitstekende terapie.  Terwyl ek met die Appeltjie gesels vang my oog die babaklere wat ek persent gekry het.  Veral die voete van die "baby grows", ek wonder oor die voetjies wat daarin gaan pas.  Hoe gaan hy lyk in sy streep t hempie met dungaree wat sê "I'm trouble, don't make me prove it" ?

My maag is nou weer stil, ek dink hy sê totsiens aan al die organe wat hy vir die laaste paar maande mee gespeel het.  Tata ma se maag en ma se longe, tata ma se hart waarop my voete 'n ewige spoor gelos het.  Ek, Rory,  is nou lus vir die wêreld wat ek weet uitsien om my te sien.  

Ek kyk na Paddy se foto, blou oe glimlag vir my, watter kleur oe gaan my kind hê ? Hare, rooi ? Sy dra wiegie gaan ook saam, moet dit net onthou.  Die huis is in afwagting vir "his Nibs" se koms.  Sy eerste speelding 'n tande byt volstruis staan ook gereed.  En hier sit ek en tik en wonder hoe om te voel, wat om te doen.  Ek besluit my gevoel en my doen is my eie, en dit is ook hoe ek my kind gaan grootmaak, met wat ek voel reg en goed is in my hart.

Ek besef die heling wat woorde my my hele lewe lank al bied, ek kyk vir die i Tunes prentjie onder aan die skerm.  Vanoggend het ek Enya nodig en "a day without rain" is my keuse.   Haar rustige stem bring trane van blydskap en ongeloof, sowaar dit gaan gebeur!

Ek hoop Rory weet dit is trane van geluk, ek glo so, ons gesels al lankal met mekaar.  Ek vertel hom sy pa is oppad.  Ek weet ons altwee gaan oukei wees, vir nou en vir vorentoe.

PS Rory maak sy opwagting eerskomende Woensdag, en daar is streng bed rus vir sy ma aanbeveel.  MAAR, sy ma moet net aanhou haar hart uitspoel en skryf wat daarin is.

Verwante artikels

Kommentaar

  • Isabella . . . ek is sonder woorde vir die wonderwerk in my maag! En madam het altyd iets te seg. Dit gaan soveel lekker bysit vir elke dag van my lewe, ek het al my een bout 'n bloukol knyp gegee, en agtergekom ek droom nie. Klein Rory, "his nibs is volgende week Woensdag hier, op lentedag! EN ons huweliksherdenking! Jy is dierbaar en Martie het ook saam met my my hartseer gedeel in 2008! Dankie julle!

    26ste Aug. 2010, 10:16
  • Hi Tanya...ek ken jou nie...maar lees so lekker al jou stories en herleef/beleef sommer weer my kinta se koms....nou's hy 6 voet 5 met dreadlocks....die mees ongelooflik blou oe ...plooie as hy smile ....grounded ...flippen stout...maar die mees amazing seun wat enige ma voor kan wens. En vir jou wens ek dit toe......liefde ...tonne daarvan...magic.....dis die heel heel beste ding in mens se lewe. Dis 'n liefde wat jy net kan cherish...ONE OF A KIND!!!! Ai Madam geniet elke oomblik. Groot druk van 'n anti van die weskus. Isabella Niehaus

    25ste Aug. 2010, 22:49
  • Rus en maak jou gereed vir die wonderlikste ervaring van jou lewe!

    25ste Aug. 2010, 09:04