Tanya O'Connor blog: "Rory is op pad"
Ek kon nie slaap laasnag nie, was op die punt van trane van ongemak. Vanoggend toe ek my man soos gewoonlik wakker bel antwoord hy nie sy foon nie, en die trane loop.
Saam met die trane kom die gevoel van bene wat nie meer myne is nie, 'n pyn hier en 'n pyn daar. Ek kry hom uiteindelik in die hande. "I'm leaving now honey." Ek vra hom om nie te vinnig te ry nie.
Ek is rustig, neem die honde tuin toe. Loop op en af deur die huis met die hospitaal se lysie, daar gaan beslis nie doeke in die messelaai wees nie ? Ek pak my nuwe "slippers", knip hier en daar 'n etiket af. Gaan weer deur die lysie om seker te maak als is op die groot eetkamer tafel om ingepak te word.
Ek het 'n ongelooflike kalmte oor my, niks pla nie en niks jaag my nie, ek is nie beangs nie ook nie opgewonde nie, net vol van die wete dat als ok sal wees. Ek waggel stadig voort.
Ek het nog altyd berusting gevind in woorde, die vingers wat tik is uitstekende terapie. Terwyl ek met die Appeltjie gesels vang my oog die babaklere wat ek persent gekry het. Veral die voete van die "baby grows", ek wonder oor die voetjies wat daarin gaan pas. Hoe gaan hy lyk in sy streep t hempie met dungaree wat sê "I'm trouble, don't make me prove it" ?
My maag is nou weer stil, ek dink hy sê totsiens aan al die organe wat hy vir die laaste paar maande mee gespeel het. Tata ma se maag en ma se longe, tata ma se hart waarop my voete 'n ewige spoor gelos het. Ek, Rory, is nou lus vir die wêreld wat ek weet uitsien om my te sien.
Ek kyk na Paddy se foto, blou oe glimlag vir my, watter kleur oe gaan my kind hê ? Hare, rooi ? Sy dra wiegie gaan ook saam, moet dit net onthou. Die huis is in afwagting vir "his Nibs" se koms. Sy eerste speelding 'n tande byt volstruis staan ook gereed. En hier sit ek en tik en wonder hoe om te voel, wat om te doen. Ek besluit my gevoel en my doen is my eie, en dit is ook hoe ek my kind gaan grootmaak, met wat ek voel reg en goed is in my hart.
Ek besef die heling wat woorde my my hele lewe lank al bied, ek kyk vir die i Tunes prentjie onder aan die skerm. Vanoggend het ek Enya nodig en "a day without rain" is my keuse. Haar rustige stem bring trane van blydskap en ongeloof, sowaar dit gaan gebeur!
Ek hoop Rory weet dit is trane van geluk, ek glo so, ons gesels al lankal met mekaar. Ek vertel hom sy pa is oppad. Ek weet ons altwee gaan oukei wees, vir nou en vir vorentoe.
PS Rory maak sy opwagting eerskomende Woensdag, en daar is streng bed rus vir sy ma aanbeveel. MAAR, sy ma moet net aanhou haar hart uitspoel en skryf wat daarin is.
Verwante artikels
-
Sarie.com-blogger, Tanya O'Connor: Wat ek my kind gaan leer
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 14
"Ek wonder oor ma wees? Ek wonder hoe 'n ma ek gaan wees?"
-
Tanya O'Connor blog - "Dag-tot-dag"
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 6
Kom élke dag terug vir nog inspirasie.
-
Tanya O'Connor blog - "Ek het besluit om my vrees in die gesig te kyk"
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 3
"Ek het besluit om my vrees in die gesig te kyk, blad te skud, saam 'n glasie wyn te gaan klink."- Sarie.com-blogger, Tanya O'Connor skryf oor haar grootste vrees
-
Tanya O'Connor blog - "My man het in my arms gesterf"
SARIE - Mei 2010
"My man is amper ‘n week gelede dood, ek gaan vandag sy as haal.
-
Tanya O'Connor blog - "Nee, ek gaan nie crack nie, nie nou of vorentoe nie."
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 5
Sarie.com-blogger Tanya O'Connor se man is in 2004 in haar arms dood. Sy't in net 'n paar jaar haar ma, pa en ouma ook aan die dood afgestaan. Sy's weer getroud en nou swanger met 'n seuntjie.
-
Tanya O'Connor blog: "Kraaines"
SARIE September 2010
Ek wil 'n "mobile" vir Rory ophang, en ek soek vislyn. Ek is seker daar was 'n rolletjie in die derde laai van die kombuiskas, maar nee, ek is verkeerd.
-
Tanya O'Connor blog: "Onderstebo botterskorsie"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 6
Ek raak moeg wakker vir 'n tweede keer vandag. Gee myself oor aan die geen-planne-vir-vandag-gedagtes.
-
Tanya O'Connor blog: "Rory is hier!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Dis net ná vyf, die son het nog nie opgekom nie en die oseaan is êrens daar onder, onder my kamervenster.
-
Tanya O'Connor blog: "Van Swart na Grys na Wit"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Ek worstel met my boek se voorblad, hoe beskryf jy HALLO LEWE? Jy kan dit voel, jy kan dit sê , jy kan dit elke dag leef maar hoe lê jy dit vas vir mense om te sien ?
-
Tanya O'Connor blog: "Ek het NIE vir liefde getrou nie!"
SARIE September 2010
Dit is 2.22 vm, Paddy sit met Rory. Hy het hom sy bottel gegee en ek het hom gewys hoe om winde uit te vryf.
-
Tanya O'Connor blog: "Ek kan enige geurtjie oorkom"
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 1
"Revlon se Rooi vir 'n lewe-gee-dag, en die belofte van ekstra-laaang wimpers op die maskara-houertjie, glo ek vanoggend."
-
Tanya O'Connor Blog: "Ek stuur vir jou 'n warm toevou"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
"Baie keer is 'n oor wat luister al wat nodig is. Kry dit uit jou kop, al praat jy met jouself, al praat jy net met papier!"
-
Tanya O'Connor blog: "HALLO LEWE hier en nou!"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
Ek staan op die houtdek en kyk uit oor die see, kan nie glo daar is soveel asemrowende skakerings van grys nie.
-
Tanya O'Connor blog: "Hallo, Lewe!"
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 17
Tanya O'Connor se man is in 2004 in haar arms dood. Sy't in net 'n paar jaar haar ma, pa en ouma ook aan die dood afgestaan. Sy's weer getroud en nou swanger met 'n seuntjie. Lees haar blog.
-
Tanya O'Connor blog: "Revlon se uitdagende onderlaag . . ."
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Defying . . . met ander woorde, ouderdom se dinges!
-
Tanya O'Connor blog: "Rory kyk in my siel"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Ek is op pad hospitaal toe! Kan nie vinnig genoeg daar kom nie, maar ek besef ook hoe kosbaar die woorde is wat ek nou op 'n skerm neersit. Vir vorentoe, vir spesiale onthou's en niks vergetes!
-
Tanya O'Connor blog: "Volstruisvere, stilleto’s en ‘n motorfiets"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
'n Paar jaar ... dit voel sooo lank gelede
-
Tanya O'Connor Blog: Aangename kennis, Mildred!
SARIE Augustus 2010
"...Ek het altyd robotte groen gewens, en dit vir wat? Ek het my middelvinger baie gebruik, nou waai ek vir mense wat glimlag wanneer ek verbykruip met Milly..."
-
Tanya O'Connor blog: Me Time Pecan Nut Pie Time
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 7
"Adel, kan ek my favourite tafeltjie kry, vir so tien uur?
-
Tanya O'Connor blog: Om te gesels met Fransmanshoek
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 4
Ek waai elke oggend vir Fransmanshoek van die dek af. Ek sien hoe die seeperde daar galop, spring oor rotse, terugkeer see toe om net weer te pronk met hulle wit pluime.
-
Tanya O'Connor blog: “Hi Five”
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
"Mom's here!" laat Paddy hoor. Ma het al die pad van die Kaap af gery tot in Mosselbaai om te kom help met haar kleinseun.
















Kommentaar
Tanya O'Connor het gesê:
Isabella . . . ek is sonder woorde vir die wonderwerk in my maag! En madam het altyd iets te seg. Dit gaan soveel lekker bysit vir elke dag van my lewe, ek het al my een bout 'n bloukol knyp gegee, en agtergekom ek droom nie. Klein Rory, "his nibs is volgende week Woensdag hier, op lentedag! EN ons huweliksherdenking! Jy is dierbaar en Martie het ook saam met my my hartseer gedeel in 2008! Dankie julle!
26ste Aug. 2010, 10:16Isabella Niehaus het gesê:
Hi Tanya...ek ken jou nie...maar lees so lekker al jou stories en herleef/beleef sommer weer my kinta se koms....nou's hy 6 voet 5 met dreadlocks....die mees ongelooflik blou oe ...plooie as hy smile ....grounded ...flippen stout...maar die mees amazing seun wat enige ma voor kan wens. En vir jou wens ek dit toe......liefde ...tonne daarvan...magic.....dis die heel heel beste ding in mens se lewe. Dis 'n liefde wat jy net kan cherish...ONE OF A KIND!!!! Ai Madam geniet elke oomblik. Groot druk van 'n anti van die weskus. Isabella Niehaus
25ste Aug. 2010, 22:49Martie Swanepoel het gesê:
Rus en maak jou gereed vir die wonderlikste ervaring van jou lewe!
25ste Aug. 2010, 09:04