Tanya O'Connor blog: "Rory kyk in my siel"

Deur Tanya O'Connor, SARIE September 2010

Ek is op pad hospitaal toe! Kan nie vinnig genoeg daar kom nie, maar ek besef ook hoe kosbaar die woorde is wat ek nou op 'n skerm neersit.  Vir vorentoe, vir spesiale onthou's en niks vergetes!

Ek het vinnig gestort, die badkamer bekyk, hier het ek baie pyn gehad. Net ná my keisersnee was die maag maar erg seer. My man moes help, het tot eendag in desperaatheid sy maag raakgegryp en vasgehou in 'n knyp.  Ek het seer gehad en my voet het vasgehaak by die storttrappie.

Ek het al hoeveel keer jammer gesê, en dit was oukei met hom. "Don't worry, Honey, I understand!" Deur alles het hy verstaan, was hy altyd daar vir my om my hand vas te hou en soms trane te stort oor my pyn. Dankie, my liewe Paddy, vir jou deursettingsvermoë en vir al jou geduld, maar bowenal vir jou oneindige liefde en ondersteuning.

Ek is besig om grimering aan te sit, en ek is verwonderd hoe die hele regmaak-vir-die-dag-ritueel verander het. Ja, ek sit nog my rooi lipstiffie aan, maskara en alles wat daarmee saamgaan, maar die "bling" is nou soveel minder. Rory hou van sy ma se swaaiende klippies aan haar ore, die ogies volg dit beslis. Maar die trouring is vir eers afgehaal, my hande is nog geswel, en my gunsteling-kruis om my nek is ook weggebêre. Al wat nou belangrik is, is om hom so naby as moontlik aan my hart vas te hou.

Ek los my Appeltjie vandag by die huis, sal vanaand skryf en notas maak deur die dag. Weer eens, die fisieke skryf met ink op papier is goed vir die gemoed en laat my weer met elke letter se vorm besef hoe bevoorreg ek is en hoe dankbaar ek moet wees vir elke dag van LEWE!

Ek het besluit om elke dag in te gaan met die woorde: Hallo, Lewe, Dankie, Lewe!

Ek het baie om te deel, dinge wat ek nooit gedink het in my binneste was nie. Dit is 'n uitdaging en 'n voorreg om die lewe in te gaan met 'n bondeltjie liefde!

Ek deel graag Rory se diep kyke wat my siel oopmaak.

Verwante artikels

Kommentaar

  • Awesome post. Do you mind if I ask what your source is for this information?

    17de Feb. 2011, 04:36
  • Baie dankie Charlene! Ek doen dit met plesier! Isabella . . . Rory inspireer sy ma omtrent baie, hy kyk tot diep in haar siel en laat haar die lewe met 'n nuwe bril sien! Die volgende "installment" is al klaar gestuur oor ek en skoonma wat laasnag mekaar "ge-hi five" het! Anelda, dit is soo lekker om in Afrikaans te skryf, ek doen dit nou maar vir net 2 jaar, en geniet dit soo baie!

    9de Sep. 2010, 13:02
  • Liewe Tanya ons het so lank gewag om te kan hoor Rory kom huis toe. Dankie dat jy die klein mensie met ons deel. Baie bly alles is wel met julle al 3. Geniet en benut elke sekonde saam met hom tyd gaan so vinnig verby. Kyk mooi na jouself.

    9de Sep. 2010, 12:40
  • Ai maar dis lekker om hier uit Kanada jou blog te lees Tanya! En deel te wees van jou lewe en jou ervaringe. Dankie vir die geleentheid vir my om Afrikaans te kan lees! Ek sien so uit na die volgende "installment".

    8ste Sep. 2010, 19:35
  • Tanya geniet jou Rory....dis die heel heel grootste , waardevolste en lekkerste geskenk in mens se lewe .En weet jy al is hulle groot met beenhare en baard en allerhande ander goeters bly hulle vir ewig jou bondeltjie!!!! Enjoy Madam enjoy.Kan nie wag om weer van Rory te lees nie. Groot druk. Bella Niehaus

    8ste Sep. 2010, 16:59
  • ..jy weet ek huil van diepe diepe dankbaarheid...dat jy hierdie kosbare oomblikke met ons deel, dat jy en Rory en Paddy ok is, dat engel-Skoonma by jou is...dat jy en ons almal kan saamsê: Hallo Lewe!♥

    8ste Sep. 2010, 13:28