Tanya O'Connor blog: "Volstruisvere, stilleto’s en ‘n motorfiets"
'n Paar jaar ... dit voel sooo lank gelede
Ek sit saam met my Ier hierdie week een aand buite. Ons kyk na die sterre en ek geniet 'n goeie rooiwyn uit my gunsteling- antieke kristalglas. Ek dink, waar is al my ideale om 'n "lady" te wees heen?
Saam met die uitstekende cabernet kom herinneringe aan my liewe oupa. My oupa wou altyd so graag hê dat ou Tanya'tjie 'n lady moet wees, en tog nie op 'n motorfiets saam met 'n "man" moet klim nie! Oupa het nie daarvan gehou as Tanya'tjie 'n denim dra nie, 'n rok volgens hom sou altyd beter lyk.
My liewe oupa, ek is maar bly jy is nie hier vandag om al die nuwe tegnologie te beleef nie, dit sou te veel gewees het vir jou. Hoe sou jy kon verstaan, ons motorfiets se enjin is groter as jou Volkswagen-kewer se enjin!
Hoe sou ek aan jou verduidelik dat jou kleindogter die Desert Run al twee keer voltooi het. En nog in een stuk is te midde van duin op en duin af op 'n XR200?
Hoe sou ek aan jou verduidelik, ek het al drie keer op Zwartkops-renbaan gejaag en taamlik goeie tye gehaal. Ek het deelgeneem aan tydrenne op Tarlton en ook al 'n paar keer op Kyalami se baan gery.
Saam met gedagtes aan Oupa Baird kom die idéé toe om my stiletto's te dra as ons motorfiets ry. Paddy is vinnig om uit te wys: "Honey you are going to break an ankle." Volgens hom sal my hele gewig onnatuurlik gebalanseer wees op hierdie hoë skoene.
Moenie bekommerd wees nie, vertel ek hom, daai hakkies is baie sterk en, regtig, ek is nou al so moeg vir dik "boots" wat my herinner aan Mad Max se era!
Ek verduidelik hoe goed die MTO 1 gaan lyk met my stiletto's op, en hy skud net sy kop. So gesê so gedaan en ek moes daardie paar swart stiletto's by die mall hê!
Nou vir die res van die "lady image". Volstruisveer-stolas, Indiese sybloese en my gunstelling-pasjminas wou ek baie graag dra, maar dit sou te veel wapper in die wind en my meer laat lyk soos iets wat Salvador Dali sou skilder.
Ek het maar gebly by 'n denim waarop ek 'n paar blinkers vasgewerk het en soveel bling as moontlik om my nek. Die tekort aan oorbelle is vervang met 'n gesig gegrimeer uit die nuutste Vogue. My leerbaadjie het ook 'n paar blink knoppies opgekry en toe is die prentjie voltooi.
Saterdagoggend het aangebreek en saam met die denims en leerbaadjie het die swart stiletto's gekom. Ek het in die gang afgestap, my man was al klaar gereed buite met die MTO 1 blink opgevryf en 'n skewe glimlag op sy gesig.
Hy het opgeklim en ek het agter sy rug probeer inskuif, en daar koop Tanya toe vir die tweede keer in 'n week 'n stukkie aarde!
Een stiletto het net besluit tot hiertoe en nie verder nie, en die linkervoet se hak het gebreek. Nodeloos om te sê, my Ier lag nou nog, en ek twyfel of ek hierdie insident diep in die verlede sal kan wegpak.
Ek het self gelag en maar hinkepink, met soveel grasie moontlik, te midde van 'n nerfaf-knie ingestap huis toe en my "trusted" dienlike swart stewels gaan aantrek.
Die bling is ook afgehaal, want ek was bang êrens verloor ek dit langs die pad.
Die gesig is skoongewas, want as jy op die MTO 1 ry, is daar niks lekkerder om die vars lug teen 'n skoon vel te voel nie. Die "lady image" is maar vir eers by die huis gelos. Waneer jy motorfiets ry, wil jy niks hê wat jou terughou om elke minuut ten volle te geniet nie.
Liewe Oupa Baird, ek probeer elke dag 'n "lady" wees net vir jou. Naweke is dit beter om die stiletto's, volstruisvere en pasjminas, Vogue-gesigte en bling by die huis te los, die grootpad te vat en te skree van plesier. Dit is sielslekker om 'n wonderlike mens vas te hou, en die asemrowende natuur waaraan ek kan vat!
PS 'n Wandeling langs Onthoulaan! Toemaar, een van die dae ry ek weer die MT-01, het al klaar met Yamaha beraadslaag vir 'n sykarretjie!

Verwante artikels
-
'n "Fietse" lyfie
Dié fiets met sy outydse styl is vinnig besig om ’n moet-hê-bykomstigheid te word
-
Hoe klim jy in jou kar?
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Dit is baie warm, my kop is seer en ek wil so graag my amper drie maande oue baba vashou maar ons kry altwee erg warm. Ek is verstom dat die Kaap so warm kan word. Die hitte bring ‘n stilte oor die omgewing, alles en almal kry warm.
-
Sarie.com-blogger, Tanya O'Connor: Wat ek my kind gaan leer
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 14
"Ek wonder oor ma wees? Ek wonder hoe 'n ma ek gaan wees?"
-
Tanya O'Connor blog - "Dag-tot-dag"
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 6
Kom élke dag terug vir nog inspirasie.
-
Tanya O'Connor blog - "Ek het besluit om my vrees in die gesig te kyk"
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 2
"Ek het besluit om my vrees in die gesig te kyk, blad te skud, saam 'n glasie wyn te gaan klink."- Sarie.com-blogger, Tanya O'Connor skryf oor haar grootste vrees
-
Tanya O'Connor blog - "Nee, ek gaan nie crack nie, nie nou of vorentoe nie."
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 5
Sarie.com-blogger Tanya O'Connor se man is in 2004 in haar arms dood. Sy't in net 'n paar jaar haar ma, pa en ouma ook aan die dood afgestaan. Sy's weer getroud en nou swanger met 'n seuntjie.
-
Tanya O'Connor blog: ""Hoe saag jy ‘n boom af?"
SARIE - Oktober 2010
Dit is Maandag en die Kaapse Dokter laat al van hom hoor van vroegoggend. "His Nibs" (ou Ingelse sêding gelykstaande aan "sy Hoogheid") lê heerlik en slaap in sy ouma se verrassing.
-
Tanya O'Connor blog: "Kraaines"
SARIE September 2010
Ek wil 'n "mobile" vir Rory ophang, en ek soek vislyn. Ek is seker daar was 'n rolletjie in die derde laai van die kombuiskas, maar nee, ek is verkeerd.
-
Tanya O'Connor blog: "Onderstebo botterskorsie"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 6
Ek raak moeg wakker vir 'n tweede keer vandag. Gee myself oor aan die geen-planne-vir-vandag-gedagtes.
-
Tanya O'Connor blog: "Rory is hier!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Dis net ná vyf, die son het nog nie opgekom nie en die oseaan is êrens daar onder, onder my kamervenster.
-
Tanya O'Connor blog: "Van Swart na Grys na Wit"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Ek worstel met my boek se voorblad, hoe beskryf jy HALLO LEWE? Jy kan dit voel, jy kan dit sê , jy kan dit elke dag leef maar hoe lê jy dit vas vir mense om te sien ?
-
Tanya O'Connor blog: "Wat sal jy koop?"
SARIE - Oktober 2010
Wat sou jy koop as jy nou, 2.07 nm, 28 September 2010 ( . . . . .vul jou eie datum en tyd in) soveel geld het dat jy nie al die nulle op jou bankstaat sou kon tel nie?
-
Tanya O'Connor blog: "Die trane loop..."
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Vanoggend toe ek Rory voed, kyk ek in sy blou ogies en wonder wat sou Catherine Joan Winifred sê van hom?
-
Tanya O'Connor blog: "Ek het NIE vir liefde getrou nie!"
SARIE September 2010
Dit is 2.22 vm, Paddy sit met Rory. Hy het hom sy bottel gegee en ek het hom gewys hoe om winde uit te vryf.
-
Tanya O'Connor blog: "Ek kan enige geurtjie oorkom"
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 1
"Revlon se Rooi vir 'n lewe-gee-dag, en die belofte van ekstra-laaang wimpers op die maskara-houertjie, glo ek vanoggend."
-
Tanya O'Connor Blog: "Ek stuur vir jou 'n warm toevou"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
"Baie keer is 'n oor wat luister al wat nodig is. Kry dit uit jou kop, al praat jy met jouself, al praat jy net met papier!"
-
Tanya O'Connor blog: "HALLO LEWE hier en nou!"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
Ek staan op die houtdek en kyk uit oor die see, kan nie glo daar is soveel asemrowende skakerings van grys nie.
-
Tanya O'Connor blog: "Hallo, Lewe!"
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 17
Tanya O'Connor se man is in 2004 in haar arms dood. Sy't in net 'n paar jaar haar ma, pa en ouma ook aan die dood afgestaan. Sy's weer getroud en nou swanger met 'n seuntjie. Lees haar blog.
-
Tanya O'Connor Blog: "My prokureur se wyse (gratis) raad"
SARIE Julie 2010
"Woede en haat gaan sit in jou klere vas, dit bly daar totdat jy besluit om dit uit te was, of selfs om sommer die klere weg te gooi! Help dit om te haat? Dit is tog iets wat jy elke dag met jou saamdra en JOU ongelukkig maak..."
-
Tanya O'Connor blog: "Oor skroewe en groewe"
SARIE September 2010
Ek rus 'n bietjie tussen skryf deur, sit en kyk net af, weerskante van my skootrekenaar sien ek die geskaafde oppervlak. Ek is self daarvoor verantwoordelik. Hierdie lessenaar kom al 'n goeie paar jaar saam met my. Dit was my oorlede man s'n, hy het hierby
-
Tanya O'Connor blog: "Revlon se uitdagende onderlaag . . ."
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Defying . . . met ander woorde, ouderdom se dinges!
-
Tanya O'Connor blog: "Rory is op pad"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 3
Ek kon nie slaap laasnag nie, was op die punt van trane van ongemak. Vanoggend toe ek my man soos gewoonlik wakker bel antwoord hy nie sy foon nie, en die trane loop.
-
Tanya O'Connor blog: "Rory kyk in my siel"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Ek is op pad hospitaal toe! Kan nie vinnig genoeg daar kom nie, maar ek besef ook hoe kosbaar die woorde is wat ek nou op 'n skerm neersit. Vir vorentoe, vir spesiale onthou's en niks vergetes!
-
Tanya O'Connor Blog: Aangename kennis, Mildred!
SARIE Augustus 2010
"...Ek het altyd robotte groen gewens, en dit vir wat? Ek het my middelvinger baie gebruik, nou waai ek vir mense wat glimlag wanneer ek verbykruip met Milly..."
-
Tanya O'Connor Blog: Het jy al 'n fout gemaak?
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 1
My man sê baie kere vir sy aweregse, driftige vrou: "Honey, we are not all the same." Daardie eenvoudige sinnetjie sit my gewoonlik aan die dink.
-
Tanya O'Connor blog: Me Time Pecan Nut Pie Time
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 3
"Adel, kan ek my favourite tafeltjie kry, vir so tien uur?
-
Tanya O'Connor blog: Om te gesels met Fransmanshoek
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 4
Ek waai elke oggend vir Fransmanshoek van die dek af. Ek sien hoe die seeperde daar galop, spring oor rotse, terugkeer see toe om net weer te pronk met hulle wit pluime.
-
Tanya O'Connor blog: Wat my kind my leer
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 7
Ek kan nie slaap nie, my maag is in die pad.
-
Tanya O'Connor blog: “Hi Five”
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
"Mom's here!" laat Paddy hoor. Ma het al die pad van die Kaap af gery tot in Mosselbaai om te kom help met haar kleinseun.
-
Verdien geld deur rond te rits!
SARIE September 2010
Lus om 'n ekstra paar rand te verdien sonder om iets te doen?
















Kommentaar
Genée het gesê:
Hoe geniet ek hierdie stukkie deel van jou menswees en herinneringe aan oupa Baird. Ek kan my die prentjie voorstel! Dis kosbaar. Die motorfiets is my nemesis ek is "doodbenoud" oor die gevaarte. Die opelug, die spoed, die vryheid. Ek dink ek moes in die koloniale tydperk gebore gewees het. Ek kan my verkyk aan ander, my hart bons dat ek my mond moet toehou ingeval hy wil uitspring. Ek lag van pure angs en het hoendervleis net van waarneem en lluister na die brul van die Harleys wat sondae by venster verby brul. Dit lyk lekker, maar as die groot masjien onder my brul trek ek inmekaar soos 'n trekklavier en kom eers weer by as die rit verby is en iemand maan my aan om asem te haal en my oë oop te maak! Sies ek skaam my vir myself! Jy vriendin het 'n lewenslus wat soos soet nektar ander nader trek en elkeen wat daaraan deel word momenteel verryk deur die passie en kleur in jou lewe. Dankie vir jou moed!
23ste Aug. 2010, 20:46