Tanya O'Connor blog: "Wanneer dinge gebeur waarvan ek nie hou nie" (Gesprekke met EK)
Laasnag het ek 'n hele beker water bo-oor my handsak omgekeer.
My notaboek het bo-op gelê en my notas is nou net sulke blertse donkerpienk ink. (Ek met pienk ink skryf? Nog 'n Gesprek met Ek vir 'n ander dag!)
Ek was glad nie beïndruk met myself nie, "Tanya jy het mos geweet dit gaan gebeur, hoekom het jy die water daar gesit?" Maar dit het gebeur en my notas is daarmee heen. Deesdae moet ek als neerskryf, as 'n gedagte in my kop posvat, moet ek dit êrens aanteken anders is dit vir altyd weg.
Ek hou nie daarvan nie, maar dit gebeur tog met my . . .
Rory is gebore op die 28ste September, met vrugwater-ontsteking. Ek kon hom nie vashou nie, hom net vinnig sien voordat hy na die intensiewe sorg gehaas is. Ek kon nie opstaan vir omtrent twee dae nie.
Ek het nie daarvan gehou nie, maar dit het gebeur . . .
Sy pediater kom die kamer ingestap met 'n leêr in haar hande, sy kyk af, kan sien sy wil my nie eintlik vertel wat sy my moet vertel nie. "Mev O'Connor, Rory gaan nog in die ICU moet bly, sy CRP-telling is nog baie hoog, dit is 90. Hy kan nie Woensdag huis toe gaan nie." Ek vra vir hoe lank dink sy? "Mev., dit is moeilik om te sê met premature babas, totdat hy gesond is." Ek bel my man in trane, ek wou hom soo graag huis toe neem.
Ek het nie daarvan gehou nie, maar dit het gebeur. . .
So het baie dinge in my lewe gebeur waarvan ek nie gehou het nie. Die beker water was maar 'n kleinigheid, maar dit het my tog beïnvloed. My kind is nou gesond, lê en slaap in sy wiegie, hy groei voor my oë.
Wat het ek gedoen met dit waarvan ek nie hou nie?
Ek kan nie die lewe in trurat sit nie, ek kan nie my ma, ouma, pa en man weer terugbring lewe toe nie. Ek kan nie my kinderlewe uitvee en weer oorteken nie . . . Ek kan nie die water weer in die glas terugkry nie . . . Ek kan nie my neus weer laat ruik nie!
Maar ek kan wel nuwe notas maak, ek kan beter idees neerskryf, ek kan dieper gaan dink en op 'n ander manier vertel wat ek wil sê as wat in my notas was. Ek kan na 'n blom kyk en my verbeel hoe dit ruik, ek kan lekker lag wanneer ek maar moet voel of Rory se doek 'n geurtjie het in plaas van ruik of dit het.
Dit wat in my of jou lewe gebeur wat ons seermaak, ontstel, ons hele dag deurmekaar maak, kan ons aanspoor om anders te dink. Om ons meer te LAAT, om 'n plan te kry om onsself te help, om dinge beter te maak. Ek kon nie Rory uit die intensiewe eenheid help nie, maar ek kon myself help met my hartseer. Dit was moeilik om vir myself te sê, hy word beter na gekyk in die hospitaal as by die huis, al is dit die reine waarheid. Ek wou hom vashou, ek wou sy doeke omruil en ek wou in die nag vir hom opstaan, maar ek kon nie.
Ek wou nie grootword met 'n ma met depressie nie, ek wou nie grootword soos ek grootgeword het nie, maar ek het. En al wat ek NOU daaraan kan doen, is om vorentoe te kyk en te aanvaar dit het gebeur. Wat tel, is hoe ek hier en nou se lewe aanpak.
Die verlede het my baie geleer, my beïnvloed om te dink. Ek het selde die woord EK gebruik, want ek het nie in myself geglo nie. Ek kon nie eens 'n sakdoek stryk of 'n eier bak nie. Nou bak ek brood en maak 'n liplekker pizza. Ek dans 'n riel elke keer wanneer ek 'n baksel muffins uit die oond haal en hulle is goudbruin gerys.
Ek kon nie in Afrikaans skryf nie, nou skryf ek al vir twee jaar in Afrikaans en my boek is teen einde Oktober beskikbaar.
Elke dag is vol oomblikke wat ek wou terugdraai, klein en groot oomblikke. Dit is my besluit wat ek daarmee doen, dink ek aan die terugdraai of dink ek aan vorentoe beur?
Verwante artikels
-
Nóg 'n sarie.com-blogger se boek verskyn
SARIE - Oktober 2010
Tanya O'Connor, bekend vir haar sarie.com-blogs, Hallo, lewe!, het dit pas in boekvorm gepubliseer.
-
Tanya O'Connor Blog - "Right HERE Right NOW!"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Ek luister na Van Halen vandat ek verstand gekry het! 'n Skoolvriend sit 'n paar foto's op sy muur van Tanya met blou lippe, en kettings om my nek, en 'n hondeband met spikes maak ook deel van my bling uit.
-
Tanya O'Connor blog: "Kraaines"
SARIE September 2010
Ek wil 'n "mobile" vir Rory ophang, en ek soek vislyn. Ek is seker daar was 'n rolletjie in die derde laai van die kombuiskas, maar nee, ek is verkeerd.
-
Tanya O'Connor blog: "Rory is hier!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Dis net ná vyf, die son het nog nie opgekom nie en die oseaan is êrens daar onder, onder my kamervenster.
-
Tanya O'Connor blog: "Van Swart na Grys na Wit"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Ek worstel met my boek se voorblad, hoe beskryf jy HALLO LEWE? Jy kan dit voel, jy kan dit sê , jy kan dit elke dag leef maar hoe lê jy dit vas vir mense om te sien ?
-
Tanya O'Connor blog: "Wat sal jy koop?"
SARIE - Oktober 2010
Wat sou jy koop as jy nou, 2.07 nm, 28 September 2010 ( . . . . .vul jou eie datum en tyd in) soveel geld het dat jy nie al die nulle op jou bankstaat sou kon tel nie?
-
Tanya O'Connor blog: "Die trane loop..."
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Vanoggend toe ek Rory voed, kyk ek in sy blou ogies en wonder wat sou Catherine Joan Winifred sê van hom?
-
Tanya O'Connor blog: "Ek het NIE vir liefde getrou nie!"
SARIE September 2010
Dit is 2.22 vm, Paddy sit met Rory. Hy het hom sy bottel gegee en ek het hom gewys hoe om winde uit te vryf.
-
Tanya O'Connor Blog: "Ek stuur vir jou 'n warm toevou"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
"Baie keer is 'n oor wat luister al wat nodig is. Kry dit uit jou kop, al praat jy met jouself, al praat jy net met papier!"
-
Tanya O'Connor blog: "Hoe ruik ek?"
SARIE - Oktober 2010
Die Liewe Vader weet vir wie hy kan gee en van wie hy kan neem!
-
Tanya O'Connor blog: "Hoekom ek krampwater in my handsak gaan dra!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 2
Baie keer is daar mense rondom jou wat jou 'n erge kramp gee maar wat jy dit liefs nie voor kan sê nie. Vir hulle gebruik 'n mens krampwater, sê Tanya
-
Tanya O'Connor blog: "Jy kan!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Dit is 2.45am, my oë kyk half oor mekaar wanneer ek my voete uit die bed neer sit, die bedliggie aansit. Ek soek my pantoffels.
-
Tanya O'Connor blog: "Kom ry saam"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Ma se gebreide lappieskombers roep my. Klein Rory se ogies is toe en hy is alreeds in droomland in sy wiegie. Ek is vinnig oppad soontoe. Deesdae raak ek dadelik aan die slaap as my kop die kussing raak. Ek kuier dadelik in droomland.
-
Tanya O'Connor blog: "Om 'n pyp te rook"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 4
Vroegoggend sit ek met Rory, kyk ‘n lekkerlag program op BBC terwyl ek hom voed. Ma kom sê goeie môre, ja ek en my skoonma bly in een huis, maar . . . dit is ‘n ander storie.
-
Tanya O'Connor blog: "Oor skroewe en groewe"
SARIE September 2010
Ek rus 'n bietjie tussen skryf deur, sit en kyk net af, weerskante van my skootrekenaar sien ek die geskaafde oppervlak. Ek is self daarvoor verantwoordelik. Hierdie lessenaar kom al 'n goeie paar jaar saam met my. Dit was my oorlede man s'n, hy het hierby
-
Tanya O'Connor blog: "Rory kyk in my siel"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Ek is op pad hospitaal toe! Kan nie vinnig genoeg daar kom nie, maar ek besef ook hoe kosbaar die woorde is wat ek nou op 'n skerm neersit. Vir vorentoe, vir spesiale onthou's en niks vergetes!
-
Tanya O'Connor blog: "Wat laat jy toe?"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Ons gaan braai by vriende Saterdagmiddag. Die landgoed is kiekiemooi, 'n wit perd kom sê onverwags hallo op die stoep.
-
Tanya O'Connor blog: 'n Stoel vol Rose en ‘n Grot vol karretjies
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Ek is moeg. Op 42 is ma-wees nie speletjies nie! Party oggende weet ek nie hoe ek my voete uit die bed gaan kry nie. Ek weet nie hoe ek dit deur die dag gaan maak nie, maar ek doen. ‘n Mens is sterker as wat jy dink.
-
Tanya O'Connor Blog: Aangename kennis, Mildred!
SARIE Augustus 2010
"...Ek het altyd robotte groen gewens, en dit vir wat? Ek het my middelvinger baie gebruik, nou waai ek vir mense wat glimlag wanneer ek verbykruip met Milly..."
-
Tanya O'Connor blog: Me Time Pecan Nut Pie Time
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 7
"Adel, kan ek my favourite tafeltjie kry, vir so tien uur?
-
Tanya O'Connor blog: My eerste gholfles. . . . (die moordenaar wag by die 9de putjie)
SARIE - Januarie 2011
Dit is sesuur, die huis is al klaar wakker. Klein Rory 'has summoned his servants' en ons altwee is die trappe op uit die kelder, twee-twee op 'n slag.
-
Tanya O'Connor blog: Om jou lyf en jou siel aan te trek
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 2
Die vraag hou my snags wakker, laat my my kaste weer en weer uit- en inpak.
-
Tanya O'Connor blog: Oor ’n stort en “less is more”
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 1
Ek het nou net klaar gestort, en die stort se deur met ’n spyker toegemaak. Ek moes maar mooi trap, dit het laasnag gereën en as ek nie versigtig is nie moet ek weer terug stort toe na ‘n moontlike modder ploeg. Ek het die stort SO geniet.
-
Tanya O'Connor blog: Storiepot
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 4
'n Bessie val op die dak, net een plofgeluidjie en ek is wakker. My seuntjie is in droomland en sy ma soek 'n bottel. Ek is dors. Nog 'n plofgeluid, hoekom val die hele boksemdaais nie sommer gelyk af nie?
-
Tanya O'Connor blog: ‘n Woeste see en die krewe wat daar in swem
SARIE - Oktober 2010
Die sms sê, “Tanya ek is binne 7 minute by jou.” Deon van Naledi uitgewers kan seker nie meer wag om my van sy nek af te kry nie.
-
Tanya O'Connor blog: “Hi Five”
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
"Mom's here!" laat Paddy hoor. Ma het al die pad van die Kaap af gery tot in Mosselbaai om te kom help met haar kleinseun.
-
Tanya O'Connor: Hoekom ek weer ‘n motorfiets aan die brand gaan skop!
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 1
Ek het vandag gedoen wat ek al baie jare in dié tyd moes gedoen het! Ek het vakansie gehou! Ek het op die dek gesit, oor die see gekyk en regte, egte sjampagne gedrink . . . in my pajamas!
















Kommentaar
appliance repair Glendale het gesê:
Moeten blijven testen van mijn blog. Niet werkt zoals ik wil dat nog niet. Bedankt voor het thema. Misschien is dit krijgt mij er beter uitzien.
27ste Apr. 2011, 13:41Isabella Niehaus het gesê:
Daars so wonnerlike ding...ek kan nie presiese woorde onthou: in live it is not how great you lived or how much you loved but how well you learnt to let go! (sommer my eie verkorte weergawe.) Jy laat mens lekker sit en dink hier op 'n Maandagaand. Groot druk vanaf die weskus. Bella.
18de Okt. 2010, 20:13