Tanya O'Connor blog: "Wat sal jy koop?"
Wat sou jy koop as jy nou, 2.07 nm, 28 September 2010 ( . . . . .vul jou eie datum en tyd in) soveel geld het dat jy nie al die nulle op jou bankstaat sou kon tel nie?
My kind bring soveel vrae in my binneste na vore, soos juis hierdie een. Ek het een oggend gesit voor die bank, het so pas 'n staat gaan trek. Die vorige dag het my man 'n aansienlike bedrag in my rekening inbetaal, ons het besluit om die Yamaha MT-01 te koop, kontant te koop en ek sou die tjek daarvoor uitskryf.
Ek het na die klein papiertjie gekyk en gewonder, ook diep gedink, wat sou ek nou wou gaan koop met daardie geld? Ek het besluit om 'n antwoord te kry voor ek weer my motor sou aanskakel en uiteindelik die fiets gaan betaal.
Ek het 'n goeie 15 minute so gesit, myself gedwing om te dink. Skoene, 'n kar, klere, juwele? Ek het regtig aan alles gedink en my antwoord was NIKS! Ek het niks nodig gehad nie, nie toe nie en ook nie nou nie. Wel, niks wat geld kan koop nie. Ek is elke dag omring met liefde en vrede, ek put elke dag soveel uit die lewe waaraan daar geen randwaarde geheg kan word nie.
Skoonma bel my, ons is juis op pad om Kaap toe te trek en sy rig die huis vir ons in. In een van die kamers is 'n jonkmanskas en die persoon wat na oortollige meubels kom kyk het, het juis die kas raakgesien. Daar is net vyf daarvan gemaak, hy het haar 'n sessyferbedrag aangebied vir die kas. Sy het dit nie aanvaar nie. Ek vra haar hoekom, haar antwoord: "My kind, hoe kan ma randwaarde heg aan wat al honderde jare in die familie is? Dit is in elke geval Rory se kas."
Net so is daar ook in haar kelder wyn wat sy met gholf gewen het, sy weet ek is baie lief vir Nederburg se Cabernet Sauvignon. En sy het al 'n paar bottels uit 1983 vir my oopgemaak. Ek geniet elke tandvol glinsterende rooi. Aan die begin wou ek nie hê sy moet dit oopmaak nie, maar sy wou met 'n "dis mos daar om te geniet, my kind"!
Daar is soveel skatte rondom ons, wat verniet is, maar ook so kosbaar dat daar geen randwaarde aan geheg kan word nie.
Dink daaraan . . . môre as jy jou oe oopmaak, jy is hier, jy leef, jy kan sê Hallo, Lewe!
Verwante artikels
-
Nóg 'n sarie.com-blogger se boek verskyn
SARIE - Oktober 2010
Tanya O'Connor, bekend vir haar sarie.com-blogs, Hallo, lewe!, het dit pas in boekvorm gepubliseer.
-
Tanya O'Connor Blog - "Right HERE Right NOW!"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Ek luister na Van Halen vandat ek verstand gekry het! 'n Skoolvriend sit 'n paar foto's op sy muur van Tanya met blou lippe, en kettings om my nek, en 'n hondeband met spikes maak ook deel van my bling uit.
-
Tanya O'Connor blog: "Kraaines"
SARIE September 2010
Ek wil 'n "mobile" vir Rory ophang, en ek soek vislyn. Ek is seker daar was 'n rolletjie in die derde laai van die kombuiskas, maar nee, ek is verkeerd.
-
Tanya O'Connor blog: "Rory is hier!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Dis net ná vyf, die son het nog nie opgekom nie en die oseaan is êrens daar onder, onder my kamervenster.
-
Tanya O'Connor blog: "Van Swart na Grys na Wit"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Ek worstel met my boek se voorblad, hoe beskryf jy HALLO LEWE? Jy kan dit voel, jy kan dit sê , jy kan dit elke dag leef maar hoe lê jy dit vas vir mense om te sien ?
-
Tanya O'Connor blog: Oor Voortrekkers, Dwarstrekkers en stroomop swem
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 6
Die oggendgeluide kom sê goeie môre.
-
Tanya O'Connor blog: "De Compagnie"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 3
Ek byt in 'n groen vy in, ek hoor hoe die skilletjie kraak onder my tande. Die soet loop stadig oor my tong.
-
Tanya O'Connor blog: "Die trane loop..."
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Vanoggend toe ek Rory voed, kyk ek in sy blou ogies en wonder wat sou Catherine Joan Winifred sê van hom?
-
Tanya O'Connor blog: "Ek het NIE vir liefde getrou nie!"
SARIE September 2010
Dit is 2.22 vm, Paddy sit met Rory. Hy het hom sy bottel gegee en ek het hom gewys hoe om winde uit te vryf.
-
Tanya O'Connor Blog: "Ek stuur vir jou 'n warm toevou"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 2
"Baie keer is 'n oor wat luister al wat nodig is. Kry dit uit jou kop, al praat jy met jouself, al praat jy net met papier!"
-
Tanya O'Connor blog: "Hoe ruik ek?"
SARIE - Oktober 2010
Die Liewe Vader weet vir wie hy kan gee en van wie hy kan neem!
-
Tanya O'Connor blog: "Hoekom ek krampwater in my handsak gaan dra!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 2
Baie keer is daar mense rondom jou wat jou 'n erge kramp gee maar wat jy dit liefs nie voor kan sê nie. Vir hulle gebruik 'n mens krampwater, sê Tanya
-
Tanya O'Connor blog: "Jy kan!"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Dit is 2.45am, my oë kyk half oor mekaar wanneer ek my voete uit die bed neer sit, die bedliggie aansit. Ek soek my pantoffels.
-
Tanya O'Connor blog: "Kom ry saam"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 3
Ma se gebreide lappieskombers roep my. Klein Rory se ogies is toe en hy is alreeds in droomland in sy wiegie. Ek is vinnig oppad soontoe. Deesdae raak ek dadelik aan die slaap as my kop die kussing raak. Ek kuier dadelik in droomland.
-
Tanya O'Connor blog: "Om 'n pyp te rook"
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 4
Vroegoggend sit ek met Rory, kyk ‘n lekkerlag program op BBC terwyl ek hom voed. Ma kom sê goeie môre, ja ek en my skoonma bly in een huis, maar . . . dit is ‘n ander storie.
-
Tanya O'Connor blog: "Oor skroewe en groewe"
SARIE September 2010
Ek rus 'n bietjie tussen skryf deur, sit en kyk net af, weerskante van my skootrekenaar sien ek die geskaafde oppervlak. Ek is self daarvoor verantwoordelik. Hierdie lessenaar kom al 'n goeie paar jaar saam met my. Dit was my oorlede man s'n, hy het hierby
-
Tanya O'Connor blog: "Rory kyk in my siel"
SARIE September 2010 | Kommentaar: 6
Ek is op pad hospitaal toe! Kan nie vinnig genoeg daar kom nie, maar ek besef ook hoe kosbaar die woorde is wat ek nou op 'n skerm neersit. Vir vorentoe, vir spesiale onthou's en niks vergetes!
-
Tanya O'Connor blog: "Volstruisvere, stilleto’s en ‘n motorfiets"
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
'n Paar jaar ... dit voel sooo lank gelede
-
Tanya O'Connor blog: "Wanneer dinge gebeur waarvan ek nie hou nie" (Gesprekke met EK)
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 2
Laasnag het ek 'n hele beker water bo-oor my handsak omgekeer.
-
Tanya O'Connor blog: "Wat laat jy toe?"
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Ons gaan braai by vriende Saterdagmiddag. Die landgoed is kiekiemooi, 'n wit perd kom sê onverwags hallo op die stoep.
-
Tanya O'Connor blog: 'n Stoel vol Rose en ‘n Grot vol karretjies
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Ek is moeg. Op 42 is ma-wees nie speletjies nie! Party oggende weet ek nie hoe ek my voete uit die bed gaan kry nie. Ek weet nie hoe ek dit deur die dag gaan maak nie, maar ek doen. ‘n Mens is sterker as wat jy dink.
-
Tanya O'Connor Blog: Aangename kennis, Mildred!
SARIE Augustus 2010
"...Ek het altyd robotte groen gewens, en dit vir wat? Ek het my middelvinger baie gebruik, nou waai ek vir mense wat glimlag wanneer ek verbykruip met Milly..."
-
Tanya O'Connor blog: Me Time Pecan Nut Pie Time
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 7
"Adel, kan ek my favourite tafeltjie kry, vir so tien uur?
-
Tanya O'Connor blog: My eerste gholfles. . . . (die moordenaar wag by die 9de putjie)
SARIE - Januarie 2011
Dit is sesuur, die huis is al klaar wakker. Klein Rory 'has summoned his servants' en ons altwee is die trappe op uit die kelder, twee-twee op 'n slag.
-
Tanya O'Connor blog: Om jou lyf en jou siel aan te trek
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 2
Die vraag hou my snags wakker, laat my my kaste weer en weer uit- en inpak.
-
Tanya O'Connor blog: Oor ’n stort en “less is more”
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 1
Ek het nou net klaar gestort, en die stort se deur met ’n spyker toegemaak. Ek moes maar mooi trap, dit het laasnag gereën en as ek nie versigtig is nie moet ek weer terug stort toe na ‘n moontlike modder ploeg. Ek het die stort SO geniet.
-
Tanya O'Connor blog: Storiepot
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 4
'n Bessie val op die dak, net een plofgeluidjie en ek is wakker. My seuntjie is in droomland en sy ma soek 'n bottel. Ek is dors. Nog 'n plofgeluid, hoekom val die hele boksemdaais nie sommer gelyk af nie?
-
Tanya O'Connor blog: ‘n Woeste see en die krewe wat daar in swem
SARIE - Oktober 2010
Die sms sê, “Tanya ek is binne 7 minute by jou.” Deon van Naledi uitgewers kan seker nie meer wag om my van sy nek af te kry nie.
-
Tanya O'Connor blog: “Hi Five”
SARIE September 2010 | Kommentaar: 1
"Mom's here!" laat Paddy hoor. Ma het al die pad van die Kaap af gery tot in Mosselbaai om te kom help met haar kleinseun.
-
Tanya O'Connor: Hoekom ek weer ‘n motorfiets aan die brand gaan skop!
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 1
Ek het vandag gedoen wat ek al baie jare in dié tyd moes gedoen het! Ek het vakansie gehou! Ek het op die dek gesit, oor die see gekyk en regte, egte sjampagne gedrink . . . in my pajamas!
















Kommentaar