Tanya O'Connor blog: "Rory is hier!"

Deur Tanya O'Connor, SARIE September 2010

Dis net ná vyf, die son het nog nie opgekom nie en die oseaan is êrens daar onder, onder my kamervenster.

Op 'n sonskyndag kan ek Klein Brakrivier en Groot Brakrivier se huisies sien, stippels teen 'n groen kuslyn. Saans kan ek die liggies sien en aan die slaap raak in hierdie lekker wit bed.

Ek is nou wakker, en ek hoor 'n paar goeie môres, ek hoor ook "Onse Hemelse Vader  . . . " en 'n gebed wat volg. Ek hoor net hier en daar 'n inspirerende woord, 'n woord van dank en gee ons krag vir hierdie dag. Ek kan nie opstaan om van naby te gaan luister nie, ek het te seer, ek het Saterdag geboorte geskenk aan 'n dierbare klein mensie wat te vroeg opgedaag het.

Hierdie toneel speel homself elke oggend by Bayview Hospitaal op Mosselbaai af. Ek kry trane in my oë, dit is so wonderlik om te hoor mense bid nog. Vandat ek hier ingestap het, die eerste keer, is ek toegevou in omgee en liefde, ek het goed gevoel, ek het tuis gevoel. Ek het geweet hier sou ek al die hulp kry en nog meer wat ek en Rory sou nodig hê. Vir 'n vrou wat nog nooit tevore ma was nie, wat niks van babas weet nie, was dit 'n riem onder die hart.

Rory het Saterdag 28 Augustus om 2.45 vm sy eerste skreetjie gegee. 'n Skreetjie wat om sy ma se hart kom vou het en dit altyd sal vashou.

Ek sukkel nog met die ma-ding, die oomblik is nog steeds te groot vir my. Is dit regtig my ou bondeltjie mens wat daar lê? Ek moet my elke keer wegskeur van die intensiewe sorg-eenheid wanneer ek moet gaan rus en Rory besig is om aan te sterk.

Ek weet my beste lewensavontuur nóg het begin. Die klein mannetjie is besig om sy ma se lewe totaal oor te neem. En dit is ook 'n wonderlike oukei.

Dankie, my liewe seuntjie dat jy ons gekies het om na jou te kyk.

Verwante artikels

Kommentaar

  • Baie geluk, Tanya& Paddy. 'n Nuwe mensie wat in die wereld kom is die ongelooflikste wonderwerk!!!! Geniet elke oomblik!! Liefde!!

    3de Sep. 2010, 16:06
  • Rory is 'n grooot seening vir my, ek sit nou na hom en kyk en ek kan nie beskryf hoe lekker my hart voel nie. Hy is die soetste seuntjie en net deur na hom te kyk leer ek van hom en van myself. Ek was maar lugtig aan die begin, maar nou is ek oukei en weet ons gaan mekaar baie geniet! Baie dankie vir julle woorde ek waardeer dit! Ruanda jy is soo reg . . . ek wil tog 'n foto neem van my hospitaalbed en skryf oor alles wat ek geleer het terwyl ek daar gelê het !

    3de Sep. 2010, 10:48
  • Net jy sal weet wat ek bedoel as ek se hierdie blog is verweef met die waarheid en alles wat goed is. Jy betree n nuwe vlak as mens en skrywer. Een waar egos nie gestreel hoef te word nie. Ek kan nie WAG om te sien wat uit jou pen gaan kom in die toekoms nie!

    2de Sep. 2010, 16:56
  • Pragtig Tanya....baie baie geluk aan julle aldrie...ek weet Rory neem jouheeltemal oor een dit is oukei...geniet elke sekond....dit is God se wonderwerkies!xxxx

    2de Sep. 2010, 14:06
  • Ag, Tanya sit nou self met trane in die oë. Ons is almal saam met julle bly dat alles goed afgeloop het. Sterkte vriendin hoop die eina is gou beter . Dankie dant ons die pragtig klein ier se lewe saam met jou kan deel.'n Kind bly maar net die grootste geskenk ooit.

    2de Sep. 2010, 13:49
  • Baie geluk met die klein wonderwerkie uit ons Vaderhand vir julle geskenk. Mag hy vir julle hope vreugde verskaf en ek bid God se rykste seën vir julle as 'n gesin toe. Liefde, jou vriendin, Helen Rust.x

    2de Sep. 2010, 13:48