voorbladgesig monique oktober 2014
SARIE Voorbladgesig

Dís waarna die beoordelaars kyk – SARIE Voorbladgesig van die Jaar

SARIE se jaarlikse soektog na ’n leser om ons volgende voorbladgesig te wees, het weer afgeskop. As jy ’n vonkel in die oog het en ’n glimlag wat harte verower, is
jý dalk net die een waarna ons vir ons Oktober-voorblad soek. Soos verlede jaar is daar 2 kategorieë: vir vroue 18-30 jaar en vroue 31 en ouer. Twee wenners word gekies, maar net een kry die voorblad. Dalk is 2015 jou jaar!

Skryf hier in: http://voorbladgesig.sarie.com/

Dís waarna die beoordelaars kyk:

  1. Oë, oë, oë. Jou oë moet lewe – hulle moet sprankel
  2. ’n Aanloklike glimlag en mooi tande
  3. Jou gesig moet die praatwerk doen. Dit moet kopers lok om SARIE van die rak op te tel
  4. Jy moet oop, vriendelik, warm en baie gemaklik wees met jouself. ’n Foto verklap als.
  5. Gesonde blink hare
  6. Positief en trots Suid-Afrikaans!

MEIpdf

Kies jou foto’s só

foto's