FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

SARIE Voorbladgesig

SARIE-voorblaaie – Fanie se 10 gunstelinge

SARIE se styl- en sosiale redakteur, Fanie Cronjé, het sy tien gunstelinge onder die SARIE-voorblaaie van die afgelope dekade gekies.

Sal jy Fanie se 11de gunsteling-voorblad wees? Skryf in vir SARIE Voorbladgesig! Of benoem jou vriendin, suster, dogter of ma!

MEI 2016 Voorbladgesig

Hier’s Fanie se keuse

1. Diaan Lawrenson en Olivia Rose (Oktober 2010)

011010COVERPOSTERnew

Fanie se rede: Een van die bekendste en geliefdste aktrises van haar tyd! Diaan wys haar dogtertjie, Olivia Rose, en ’n liefdesverhouding tussen ons en hulle word verseël.

2. Rolanda Marais (Julie 2009)

010709SRHOFC_OBC

Fanie se rede: SARIE word 60 en Rolanda was een van die verjaardagvoorblaaie. So asemrowend mooi is haar skoonheid, dit is tydloos en ouderdomloos. Sy is Afrikaans en lyk internasionaal, universeel. Talentvol. Alles wat SARIE is!

3. Nadia Valvekens (Mei 2013)

MEI 2013

Fanie se rede: Nadia se onkonvensionele skoonheid is duidelik op die voorblad. Die skaduwee, posisie van haar lyf en kop, en die treffende pers maak dié voorblad ʼn treffer.

4. Anna-Mart van der Merwe (Desember 2012)

Screen Shot 2016-04-14 at 12.01.11 PM

Fanie se rede: Ek is versot op alles van die foto. Dit lyk soos ʼn skildery deur ’n ou meester soos Rembrandt of Vermeer. Anna-Mart se skoonheid kry ʼn nuwe betekenis.

5. Elma Postma (Junie 2009)

SARIE JUNIE 2009 Cover

Fanie se rede: Die kraag van die top wat opwaarts wys en die hare wat kantel, gee die foto subtiele trefkrag. Die kleur komplementeer Elma ook goed. Dezi was supergewild en 7de Laan is deel van ons kultuur.

6. Michelle Botes (Januarie 2008)

sr010108 voorblad

Fanie se rede: Van die harde TV-karakter wat sy destyds gespeel het in die sepie Isidingo, tot die sagte en sensuele aktrise op dié voorblad. Die foto maak Michelle toeganklik en wys haar warm menslikheid.

7. Donnalee Roberts  (Februarie 2016)

Donnalee Roberts Februarie Feb 2016

Fanie se rede: Die nuwe aanslag van ons voorblad en die belofte van ʼn sensasionele fotosessie binne verkoop die fliek en vestig Donnalee as ʼn superster.

8. Karen Zoid (Maart 2016)

Maart-voorblad 2016 Karen zoid

 Fanie se rede: Opwindend! Die essensie van Karen Zoid is mooi vasgevang.

9. Karlien van Jaarsveld (Februarie 2012)

SARIE February 2012 Cover

Fanie se rede: ’n Jong Karlien, haar eerste voorblad. ’n Ster is gebore. Ek hou veral van haar sagte en vars voorkoms. En die kleure wat gebruik is, maak die voorblad.

10. Alrie Vellemans (November 2011)

SARIE HoofBoekNov2011 Cover

Fanie se rede: Ek het ʼn spesiale plek vir die Voorbladwenners se voorblaaie. Ek wil Alrie uitsonder, omdat dit die begin was. Die eerste voorblad van ʼn wonderlike projek. En dit het afgeskop op ʼn baie hoë standaard.

SARIE Voorbladgesig

Jy kan op Fanie se 11de gunsteling-voorblad wees! Ons wag vir jou inskrywing. Ons soek ’n glimlag, oë en hare wat sê “Kyk na my!”. Jy skryf in in een van twee kategorieë, 18 – 30 jaar (matriek voltooi) en 31 en ouer. Twee wenners; net een sal pryk op SARIE se Oktober-voorblad.

Skryf of benoem iemand hier.

Lees ook