Diaan Lawrenson en Desiré Gardner op ons Augustus 2015-voorblad

Diaan Lawrenson en Desiré Gardner op ons Augustus 2015-voorblad

SARIE Voorbladgesig

Hanri se 10 gunsteling-voorblaaie

SARIE se kunsdirekteur, Hanri Gerischer, het haar 10 gunstelinge onder die SARIE-voorblaaie van die afgelope dekade gekies.

SARIE se styl- en sosiale redakteur, Fanie Cronjé, het ook sy tien gunstelinge onder die SARIE-voorblaaie gekies. Kyk watter 10 het hy gekies.

Sal jy Hanri se 11de gunsteling-voorblad wees? Skryf in vir SARIE Voorbladgesig! Of benoem jou vriendin, suster, dogter of ma!

MEI 2016 Voorbladgesig

Hier’s Hanri se keuse

1. Diaan Lawrenson en Desiré Gardner (Augustus 2015)

Diaan Lawrenson en Desiré Gardner op ons Augustus 2015-voorblad

Diaan Lawrenson en Desiré Gardner op ons Augustus 2015-voorblad

Hanri se rede: SARIE se eerste voorblad met ’n splinternuwe mashoof! En wie beter om dit bekend te stel as twee van ons land se gunsteling-aktrises, Diaan en Desiré. Daar was groot opwinding op kantoor en dit was lekker om die nuwe SARIE die land in te stuur.

2. Charlize Theron (April 2012)

APR 2012[1]

Hanri se rede: Die beeldskone gesig van SA se goue meisie, Charlize Theron. Dit is lekker om so een keer in ’n paar jaar met ’n internasionale gesig te werk. Die voorblad is so vars en lig en gemaklik op die oog.

3. Anna-Mart van der Merwe (Desember 2012)

Screen Shot 2016-04-14 at 12.01.11 PM

Hanri se rede: Anna-Mart bly een van SARIE se gunsteling-voorbladgesigte. Haar skoonheid en innerlike krag is eenvoudig tydloos. Ek is mal oor die klassieke en stylvolle voorkoms van hierdie voorblad en dis perfek vir Kersfees.

* Dit was ook een van Fanie se gunstelinge. Sy rede: Ek is versot op alles van die foto. Dit lyk soos ʼn skildery deur ’n ou meester soos Rembrandt of Vermeer. Anna-Mart se skoonheid kry ʼn nuwe betekenis.

4. Rolanda Marais (Januarie 2014)

Rolanda Marais Januarie 2014

Hanri se rede: Rolanda Marais, nie net ’n uitstekende aktrise nie, maar ook ’n besonderse skoonheid. Hierdie voorblad bars van kleur en jy kan nie help om opgewonde en gelukkig te voel as jy daarna kyk nie.

5. Chantell Stander (Junie 2013)

jun_2013

Hanri se rede: Chantell was die nommer 1-feeks in die gloriedae van Egoli. Daarom is dit vir my lekker om haar so sag en weerloos te sien op hierdie voorblad. Ek hou van die neutrale kleure, met net ’n stukkie detail op haar kraag.

6. Diaan Lawrenson (Mei 2014)

Diaan Lawrenson Mei

Hanri se rede: Daar is min dinge vir my mooier as hierdie helderpienk saam met Diaan se rokerige oë en blonde hare. Diaan smeul op hierdie foto en jy kan nie help om te gaan stilstaan as jy hierdie boek op die winkelrak sien nie.

7. Carlize Earle (Oktober 2015) - SARIE se vyfde Voorbladgesig-wenner

oktober 2015 okt carlize earle voorbladgesig

Hanri se rede: Om elke jaar met een van ons lesers ’n voorblad te skiet en te ontwerp is ’n groot voorreg. Carlize het in ons ouer kategorie gewen en hoef nie één dag terug te staan vir die jongetjies nie. Sy is beeldskoon en ’n ongelooflike warm en toeganklike mens. Ek, en ek is seker sy, kan getuig dat die hele proses ’n onvergeetlike  ervaring is en beslis iets is om ’n kans op te waag. So skryf NOU in!

8. Nadia Valvekens (Junie 2010)

sarie_june2010_coverr

Hanri se rede: Nadia Valvekens se unieke skoonheid produseer altyd vir my van die mooiste voorblaaie. Alles op hierdie voorblad het vir my bymekaar gepas, van Nadia se  sagte sneeuwit vel teen die tekstuur van die grys trui, tot die poeierblou agtergrond.

9. Diaan Lawrenson en Olivia Rose (Oktober 2010)

SARIE OKT

Hanri se rede: Niks vat die liefde in die lewe so saam soos ’n ma en haar dogter nie. Diaan deel haar babadogtertjie met ons en die land en almal is onmiddellik verlief. Daar is ’n sagtheid in Diaan se oë, en die slapende Olivia dra haar vlerkies soos ’n regte engel.

* Hierdie was ook een van Fanie se gunstelinge. Sy rede: Een van die bekendste en geliefdste aktrises van haar tyd! Diaan wys haar dogtertjie, Olivia Rose, en ’n liefdesverhouding tussen ons en hulle word verseël.

10. Christi Panagio (September 2010)

sarie_september2010_coverrz

Hanri se rede: Vars, treffend en perfek vir ’n Griekse wittebrood. Ek is mal oor die kontras tussen die wit agtergrond en sterk gebruik van vlootblou en rooi. En Christi met haar sonblonde hare kan jy nie miskyk nie!

SARIE Voorbladgesig

Jy kan op Fanie en Hanri se 11de gunsteling-voorblad wees! Ons wag vir jou inskrywing. Ons soek ’n glimlag, oë en hare wat sê “Kyk na my!”. Jy skryf in in een van twee kategorieë, 18 – 30 jaar (matriek voltooi) en 31 en ouer. Twee wenners; net een sal pryk op SARIE se Oktober 2016-voorblad.

Skryf of benoem iemand hier.

Lees ook