Screen Shot 2016-04-12 at 4.00.03 PM
SARIE Voorbladgesig

Só het SARIE Voorbladgesig hul lewens verander – DEEL 2

Dis meer as net ’n voorblad. ’n Nuwe lewe, opwindende geleenthede, avontuur, selfvertroue . . . SARIE Voorbladwenners van die afgelope vyf jaar praat kort voor die 2016 Voorbladgesigwedstryd oor die titel en hul unieke ervarings.

VBG2016 Fader

 

Tana Ferreira , Pretoria (2012)

Die aand toe sy as wenner aangewys is, het sy gedink: “Nou gaan ek nooit weer kan terugval in my gemaksone nie.”

Tana, deesdae ’n assistent-rolprentregisseur, sê sy is gemakliker met haarself danksy dié wedstryd. “Jy moet natuurlik altyd werk aan jou onsekerhede. Maar dít was ’n opbouende ervaring.”

Sedert die wedstryd glo sy dit is gesond om lief vir, en trots op, jouself te wees. “Dis die enigste manier hoe jy iewers kom.”

Screen Shot 2016-04-12 at 4.00.03 PM

 

Is jy nommer 6?

Klik hier om in te skryf. Of benoem jou ma, vriendin, suster of dogter!

MEI

Dís waarna die beoordelaars kyk:

  1. Oë, oë, oë. Jou oë moet lewe – hulle moet sprankel
  2. ’n Aanloklike glimlag en mooi tande
  3. Jou gesig moet die praatwerk doen. Dit moet kopers lok om SARIE van die rak op te tel
  4. Jy moet oop, vriendelik, warm en baie gemaklik wees met jouself. ’n Foto verklap als.
  5. Gesonde blink hare
  6. Positief en trots Suid-Afrikaans!

VBG2016 Fader