NOV 2011
SARIE Voorbladgesig

Só het SARIE Voorbladgesig hul lewens verander – DEEL 1

Dis meer as net ’n voorblad. ’n Nuwe lewe, opwindende geleenthede, avontuur, selfvertroue . . . SARIE Voorbladwenners van die afgelope vyf jaar praat kort voor die 2016 Voorbladgesigwedstryd oor die titel en hul unieke ervarings.

VBG2016 Fader

Alrie Velleman, Port Elizabeth (2011)

Vyf jaar gelede het die mooie Oos-Kaapse brunet Alrie Velleman ’n opwindende nuwe glans-era vir SARIE ingelei. Sy was ons heel eerste Voorbladgesig.

NOV 2011

Alrie onthou nog hoe onwerklik dit gevoel het toe sy as SARIE se eerste Voorbladgesig aangewys is. “Daar was ’n 3 meter hoë plakkaat van die wenner se foto met ’n doek oor op die verhoog. Toe Michélle [van Breda] dit aftrek en ek sien mý gesig daar …ek kon dit nie glo nie! My ma [Marjorie] het sommer begin huil.”

Hoe het SARIE VBG jou lewe verander?

Sy het anders na haarself begin kyk. “As jongmens is jy so beïnvloedbaar. Jy kyk na modelle en dink jou bene is te dik, of jou middel te groot – elkeen het ’n probleem met haar lyf. Dit laat jou dan wonder of jy goed genoeg is. Maar om myself op die voorblad te sien het my selfvertroue beslis ’n hupstoot gegee. Nou weet ek wie en wat ek is, is goed. Ek beklemtoon dit wat ek dink is mooi, en vergeet van die res. Ek is gemakliker in my vel.”

Vir die volledige storie oor al die vorige voorbladwenners kry die nuutste uitgawe van SARIE hier. Nou te koop!

Is jy nommer 6?

Klik hier om in te skryf.

MEI

Dís waarna die beoordelaars kyk:

  1. Oë, oë, oë. Jou oë moet lewe – hulle moet sprankel
  2. ’n Aanloklike glimlag en mooi tande
  3. Jou gesig moet die praatwerk doen. Dit moet kopers lok om SARIE van die rak op te tel
  4. Jy moet oop, vriendelik, warm en baie gemaklik wees met jouself. ’n Foto verklap als.
  5. Gesonde blink hare
  6. Positief en trots Suid-Afrikaans!

VBG2016 Fader