FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

SARIE Voorbladgesig

SARIE Voorbladgesig-finalis: Ontmoet Carla Spiller

CARLA SPILLER (19), STUDENT IN GRAFIESE KUNS, FRANKFORT

Geniet jy jou kursus ?

Ek kan my goed daarin uitleef. My lekkerste projek tot dusver was om ’n CD-voorblad te ontwerp.

Sal jy liefdadigheidswerk doen?

Ek wil graag help om die hongersnood in Afrika te verlig.

Hoe het die lewe jou al beproef?

Sewe maande gelede het ek van ’n bakkie afgeval toe my vriend om ’n draai gery het. Ek was drie dae lank in ’n koma. Toe ek wakker word, kon ek niks onthou van wat voor die ongeluk gebeur het nie. Ek moes selfs weer leer loop. Nou ervaar ek gereeld déjà vu, veral as ek sekere musiek hoor of iets ruik . . . Dit sal glo so twee jaar duur voor my geheue heeltemal terugkeer.

Is jy lief vir jou rooi bos hare?

Ek is, maar op skool is ek nogal gespot. Ek het byname soos Vlamme en Lady in Red gehad.

Wie bewonder jy?

My oupa, Theo Kruger, wat boer in die Karoo. Op 37
het hy medies begin studeer en hy neem steeds op 80 aan stoei deel. Hy vertel wonderlike stories en het my van die boerdery geleer, onder meer om skape te merk en draad
te span.

Sal jy ooit die land verlaat?

Die werk raak al hoe minder hier, wie weet?

Wat is jou definisie van sukses?

Om voluit en reg, na aan die Here, te leef.

Voorbladgesig vbg

SARIE Voorbladgesig 2015 in samewerking met Schwarzkopf en trotse medeborge Babyliss, Max Factor, Clicks en Lekke Slaap.

logo-babyliss-pro MaxFactor_New_Logo_Blk sr1206 voorblad wedstryd (1) LS-block-logo