FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

SARIE Voorbladgesig

SARIE Voorbladgesig-finalis: Ontmoet Carlize Earle

CARLIZE EARLE (30), BINNEVERSIERDER, GEORGE

Hoe wil jy vroue inspireer?

Ek wil hulle vertel dat ons sag, maar nie swak is nie.

Is jou werk vervullend?

Ek het my eie binneversier-onderneming op George. Dit is soos om elke dag ’n stukkie kuns te doen. Ek is nie ’n alleen- mens nie en hou daarvan om kliënte gelukkig te hou.

Wat het ma-wees jou geleer?

Kinders bring jou aarde toe. Zack (4) en Clara (1) het my ook weer die wonder van die klein dingetjies in die lewe geleer.

Is die Tuinroete sag op die siel?

Die lewensgehalte is wonderlik – die lug is skoon, ons geniet die buitelewe en dit is minder gejaagd as in die stad.

Die beste raad nog?

Die lewe is soos die seisoene. Als gebeur op die regte tyd.

Sal jy ooit bant?

Oe nee, gelukkig hoef ek nie. Ek dink dit is ongesond. Goeie gene en borsvoeding hou my slank.

Hou jy van reis?

Ek is mal daaroor en ek en Imeul, my man, het al Londen en Parys besoek. Ek het ook al geski in Oostenryk. .

Jou lewensleuse?

Werk daagliks aan jouself. As dinge te maklik is, is daar fout en jy gaan niks leer nie.

Jy is baie kalm . . .

Ja, jou geestelike voete moet stewig geplant wees.

Rooitapyt-geleenthede – ja of nee?

Ek kyk graag daarna op TV en wil so iets dolgraag bywoon.

Voorbladgesig vbg

SARIE Voorbladgesig 2015 in samewerking met Schwarzkopf en trotse medeborge Babyliss, Max Factor, Clicks en Lekke Slaap.

logo-babyliss-pro MaxFactor_New_Logo_Blk sr1206 voorblad wedstryd (1) LS-block-logo