FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

SARIE Voorbladgesig

SARIE Voorbladgesig-finalis: Ontmoet Carmen Swart

CARMEN SWART (31), BEMARKER, PRETORIA

Hoe wil jy ander inspireer?

Dit maak nie saak hoe hard jy val nie, jy moet net weer opstaan. Ek het baie verkeerde besluite geneem waarvoor ek duur betaal het, maar het besluit om nie ’n statistiek van moeilike omstandighede te word nie. Jy mors baie tyd as jy nie jouself aanvaar nie.Wees jou eie rolmodel.

Hoe hanteer jy slegte tye?

Ek het geleer as jy altyd op die negatiewe fokus, sal jy dit aantrek. Daar ís ’n Plan, al lyk dit soms nie so nie. Wanneer jy dankbaar is, kyk jy verby dinge wat pla . . . Besoek iemand wat swaarkry en probeer help. Dit gee my altyd perspektief.

Glo jy blondines het meer pret?

Ja, almal kyk na meisies met blonde hare. Dis avontuurlik.

Geniet jy jou werk?

Dit is my passie om met mense te werk en ek geniet dit om bemarking vir ’n eiendomsontwikkelaar te doen. Ek word ook vervul deur liefdadigheidswerk vir ’n welsynsorganisasie wat mishandelde vroue en kinders help.

Grootste vrees?

Ek wil graag kinders hê, maar is baie bang daarvoor as ek dink aan mý grootwordjare. Ek wil weet ek (en my verloofde, Clayton) gaan die regte besluite neem sodat ons nie hul toekoms gaan benadeel nie. Ek is ook bang om nét asem te haal, te “bestaan”. Maar as jy jou passie vind, kan jy voluit leef.

Is jy na aan jou familie?

Hulle is die belangrikste in my lewe. Ons maak op mekaar staat en die donker tye het ons nader aan mekaar gebring.

Voorbladgesig vbg

SARIE Voorbladgesig 2015 in samewerking met Schwarzkopf en trotse medeborge Babyliss, Max Factor, Clicks en Lekke Slaap.

logo-babyliss-pro MaxFactor_New_Logo_Blk sr1206 voorblad wedstryd (1) LS-block-logo