FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

SARIE Voorbladgesig

SARIE Voorbladgesig-finalis: Ontmoet Chandré Janse van Rensburg

CHANDRÉ JANSE VAN RENSBURG (34), GEOKTROOIEERDE REKENMEESTER, MONTANA, PRETORIA

Het jy die modelspeel vir SARIE geniet?

Dit was ’n hoogtepunt in my lewe.

Wat beteken ma-wees vir jou?

Piet (8), Nicolaas (7) en Mieke (5) én my man, Piet, is als in my lewe. Naweke ry die hele gesin fiets en ons klets graag in die borrelbad. In die week kyk ons geen televisie nie, dan het ons meer tyd vir mekaar.

Wat is jou beste eienskap?

My deursettingsvermoë. Ná matriek het ek voltyds by ’n ouditeursfirma gewerk en deeltyds, binne 3 en ’n half jaar, my graad in rekeningkunde deur Unisa verwerf.

Hoe balanseer jy alles in jou lewe?

Ek en Piet staan soggens kwart oor drie op en doen Bybel- studie. Dan ry ons gimnasium toe met ons fietse en oefen
45 minute. Ons is weer tuis wanneer die kinders opstaan.

Hou jy van uitdagings?

Ek stel doelwitte aan myself. Onlangs was ek derde in ’n liggaamsbou-wedstryd in die “beach bikini”-kategorie.
Dit word deur ’n internasonale federasie gereguleer. Ek is genooi om volgende jaar aan ’n multi-sport-wedstryd in Sandton deel te neem. Ek en Piet het ook onlangs die tawwe joBerg2c-bergfietswedren oor 900 km voltooi.

Is jy tevrede met jou lewe?

Ja, ek het eers later my eie waarde besef. Toe ek jonk was, het ek my blind gestaar teen alles wat ek nié kon doen nie.

Voorbladgesig vbg

SARIE Voorbladgesig 2015 in samewerking met Schwarzkopf en trotse medeborge Babyliss, Max Factor, Clicks en Lekke Slaap.

logo-babyliss-pro MaxFactor_New_Logo_Blk sr1206 voorblad wedstryd (1) LS-block-logo