FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

SARIE Voorbladgesig

SARIE Voorbladgesig-finalis: Ontmoet Margariet Hanekom

MARGARIET HANEKOM (47), REKENAARSPESIALIS, BELLVILLE

Is ouderdom net ’n getal?

Veertigjariges vandag is anders as toe my ma veertig was. Ons is funky. My ingesteldheid teenoor die lewe is vir my belangriker as my ouderdom.

Hoekom het jy en jou man besluit om nie kinders te hê nie?

Ek en Juan het besluit as dit natuurlik gebeur, sal ons, maar dit het nie. Ons lewe is egter baie vol.

Wat onthou jy van jou kindertyd op Sutherland?

Brakwater, ysige koue en baie rooivleis. Ek het op ’n plaas grootgeword.

Waarop is jy trots?

Ek sukkel om voor mense te praat, maar nadat ek 25 jaar gelede ’n fiksheidskompetisie by ’n gimnasium gewen het, is ek genader om by ons plaaslike gimnasium aërobiese oefeninge aan te bied. Nou staan ek voor in die klas en motiveer ek die mense om hard te oefen.

Jou grootste uitdaging?

Ons was kleintyd nie welgesteld nie – my ouers moes
vyf kinders grootmaak. Omdat ek so stil was op skool en myself nie kon verdedig nie, is ek dikwels geboelie. Ek moes leer om vir myself op te staan. Daar was ook nie geld om ná skool te gaan leer nie. Maar ek het hard gewerk en is trots daarop dat ek vandag baie rekenaarvaardig is.

Belangrikste lewensles?

My pa, Izak Smit, wat reeds oorlede is, het ons geleer om nooit lelik van ander te praat nie.

Voorbladgesig vbg

SARIE Voorbladgesig 2015 in samewerking met Schwarzkopf en trotse medeborge Babyliss, Max Factor, Clicks en Lekke Slaap.

logo-babyliss-pro MaxFactor_New_Logo_Blk sr1206 voorblad wedstryd (1) LS-block-logo