FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

SARIE Voorbladgesig

SARIE Voorbladgesig-finalis: Ontmoet Marié Lourens

MARIÉ LOURENS (39), EIENDOMSAGENT, CARLETONVILLE

Hoekom hou jy van die platteland?

Ek kan vry wees daar, die stad is te beknop . . .

Geniet jy ma-wees?

My kinders, Divan (11) en Sumari (8), maak my lewe vol. Ek het danksy hulle geleer hoe om regtig onselfsugtig te wees.

Wat in SARIE inspireer jou?

Artikels waarin jy lees dis oukei om nie te perfek te wees nie. Enigiemand wat regtig toegewyd is, kan struikelblokke oorwin.

Is jy bang vir oudword?

Glad nie, ek geniet elke oomblik van die lewe net soos dit is.

Hoekom werk jou huwelik?

Emile, my man, is my beste vriend en ons gesels en lag lekker. In Oktober is ons vyftien jaar getroud.

Moes jy al iets ergs oorwin?

Verlede jaar is ek met die outo-immuunsiekte lupus gediagnoseer. Ek was nog nooit vantevore siek nie. Om chroniese medikasie te gebruik is moeilik. Ledemate wat pyn en uitputting is onder meer simptome, maar ek is glad nie siek nie en geniet die lewe.

Hou jy van grimering?

Ek verlaat nie my huis daarsonder nie!

Hoe wil jy mense inspireer?

Ek wil vroue wys jy moenie bang wees om nuwe dinge aan te pak nie. Waag ’n kans en verras jouself.

Plastiese snykunde – ja of nee?

Nee, oudword is ’n gawe. Dit is elkeen se verantwoordelikheid om mooi oud te word: eet gesond, oefen en versorg jouself.