FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

SARIE Voorbladgesig

SARIE Voorbladgesig-finalis: Ontmoet Michelle Greyvenstein

MICHELLE GREYVENSTEYN (40), ONTVANGSDAME, MELKBOSSTRAND

Was dit moeilik om veertig te word?

’n Jaar voor my veertigste verjaardag het ek daaroor begin dink. Iets moet in jou kop gebeur rondom dié getal. Ek is nou op ’n gemaklik plek waar klein dingetjies nie pla nie.

Wie is die “ideale” voorbladgesig?

Iemand met die X-faktor wat mense inspireer om te koop.

Hoe lyk SARIE se nuwe voorblad met die nuwe logo?

Modern. Dit kan met enige internasionale tydskrif meeding.

Lees jy graag tydskrifte?

Ja, ek is honger vir nuus en veral korter brokke inligting.

Is jy bang vir oudword?

Nie vir die plooie en grysword nie, maar ouer mense is dikwels sieklik. Ek wil nie my onafhanklikheid verloor nie.

Sal jy jou hare grys kleur?

As dit korter was, dalk. Dit laat ’n gesig altyd sagter lyk.
Ek hou daarvan dat mense deesdae ook ’n bietjie “buite die boks” dink oor skoonheid.

Wat wil jy nog graag bereik?

Ek skryf gedigte en liedjies en sal eendag gevoelvolle musiek wil sing en ’n kinderboek skryf.

Waarvoor is jy baie bang?

Ek is perfeksionisties en dis soms ’n groot klip om my voet.

Is vrouwees lekker?

Ja, ek mág voel en huil. Vroue voed, beskerm, maak kinders groot – ek geniet dit om daar te wees vir my man en tweeling. Tamlyn en Michaela (9) is my hart se punt.

Voorbladgesig vbg

SARIE Voorbladgesig 2015 in samewerking met Schwarzkopf en trotse medeborge Babyliss, Max Factor, Clicks en Lekke Slaap.

logo-babyliss-pro MaxFactor_New_Logo_Blk sr1206 voorblad wedstryd (1) LS-block-logo