FOTO Leana Clunies-Ross

FOTO Leana Clunies-Ross

SARIE Voorbladgesig

SARIE Voorbladgesig-finalis: Ontmoet Portia Moemedi

PORTIA MOEMEDI (23), MODEL, RONDEBOSCH

Hoe bly jy so positief?

My ma, Virginia, ’n huishulp, het my geleer om elke dag helder te skyn. Daar is soveel mense met groot probleme.

Vanwaar jou suiwer Afrikaans?

Ek is ’n Kalahari-nooi, gebore op Kuruman, en het studeer aan ’n Afrikaanse skool en universiteit. Ek is lief vir dié taal.

Jy skryf vanjaar vir die tweede keer in . . .

Aanhouer wen! Verlede jaar was ek een van die 36 finaliste.

Lees jy tydskrifte digitaal?

Ek verkies dit in my hand en blaai eerste na die bakresepte en mode-artikels.

Is modelwees altyd glam?

Soms gaan jy na tien castings en niemand gee vir jou werk
nie. Maar jy moet besef mense keur jou dikwels af omdat
jy nie pas by wat hulle spesifiek soek nie. Ek neem dit nie persoonlik op nie.

Wat wil jy vorentoe bereik?

Volgende jaar gaan ek studeer vir ’n graad in arbeidsterapie, maar ek sou ook graag TV-joernaalprogramme wou aanbied.

Is jy baie gedissiplineerd?

Op skool het ek al baie hard gewerk omdat ek geweet het hoe hard my ma moes werk om vir my ’n goeie opvoeding te gee. Sy is my dryfveer om suksesvol te wees.

Is jy hoopvol oor Suid-Afrika se toekoms?

Ek wil net hier bly. Tswana en Afrikaans is die tale van my hart. My kinders moet eendag grootword in dié land met al sy verskillende kulture.

Voorbladgesig vbg

SARIE Voorbladgesig 2015 in samewerking met Schwarzkopf en trotse medeborge Babyliss, Max Factor, Clicks en Lekke Slaap.

logo-babyliss-pro MaxFactor_New_Logo_Blk sr1206 voorblad wedstryd (1) LS-block-logo