FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

SARIE Voorbladgesig

SARIE Voorbladgesig-finalis: Ontmoet Angelique Fouché

ANGELIQUE FOUCHÉ (23), STUDENT, GEORGE

Het jy al aan skoonheidswedstryde deelgeneem?

Ja, dikwels, maar ek is nou te besig as BCom-student in my finale jaar aan die Universiteit Stellenbosch. Ek is ook op die Studenteraad. Ek gaan wel inskryf vir die Mej. SA-wedstryd. Dit is buite my gemaksone en ek hoop om só te groei.

Grootste inspirasie?

My pa, Pierre, omdat hy suksesvol en nederig is en almal met respek behandel.

Wat verklap ’n vrou se hare van haar?

Dit is jou vere en wys hoe jy jouself versorg.

Hou jy van reis?

Ek is bevoorreg dat ek al baie gereis het. Die Maledive- eilandgroep bly my gunsteling. Die water is turkoois en kalm, soos in ’n droom.

Maskara, lipstiffie of blosser?

Maskara, want my oë is my beste bate.

Gunsteling-gereg?

Nagereg. Die lewe is te kort vir ’n hoofgereg.

Wie bewonder jy?

Melinda Bam, ’n vorige Mej. SA, omdat sy so hardwerkend is. Die lewe gaan nie vir haar net om glans nie.

Jou beste karaktertrekke?

Ambisie en liefde vir mense.

Hoe wil jy vroue inspireer?

Vroue moenie kanse deur hul vingers laat glip nie. Wat wenners en verloorders onderskei, is hoeveel keer jy waag. Ek neem vanjaar vir die tweede keer aan Voorbladgesig deel.

Voorbladgesig vbg

SARIE Voorbladgesig 2015 in samewerking met Schwarzkopf en trotse medeborge Babyliss, Max Factor, Clicks en Lekke Slaap.

logo-babyliss-pro MaxFactor_New_Logo_Blk sr1206 voorblad wedstryd (1) LS-block-logo