voorbladgesig
SARIE Voorbladgesig

SARIE Voorbladgesig van die Jaar 2015 in samewerking met Schwarzkopf

SARIE se jaarlikse soektog na ’n leser om ons volgende voorbladgesig te wees, het weer afgeskop.

As ’n glansvoorblad jou droom is, gee SARIE jou vanjaar weer ’n kans. Een van ons 12 voorblaaie vir 2015 behoort aan jóú as jy ’n vonkel in die oog het en ’n glimlag wat harte verower. As jy 18 en ouer is, skryf nou in!

Ná 2014 se suksesvolle veldtog, waarin Monique Sutherland (toe ’n 21-jarige salarisbeampte van Westonaria) as algehele wenner aangewys is en op die voorblad van ons Oktober 2014-uitgawe verskyn het, verwag ons dié jaar wéér groot deelname van die publiek. Verlede jaar het ons ’n rekordgetal van byna 12 000 inskrywings ontvang.

 

voorbladgesig

Oudergewoonte is daar twee kategorieë vir inskrywings – vir vroue 18 – 30 en 31 jaar en ouer. Albei wenners kry die kontantprys van R50 000, maar net een kan op die voorblad verskyn.

Vanjaar moedig ons ook vroue aan wat in die verlede deelgeneem het om wéér in te skryf. Indien dit jou tweede, derde of selfs vierde keer is wat jy inskryf, is jou kanse groter om ekstra pryse van ons borge te wen!

Met die steun van die hoofborg die haarsorg-handelsmerk Schwarzkopf en die medeborge Max Factor, BaByliss en Clicks kan die deelnemers, semi-finaliste en finaliste ’n groot bederf verwag.

Ons vra ook groter deelname as in die verlede van die publiek om ons te help om die finaliste te kies. Mense sal hul gunsteling kan kies met ’n ster uit 5. Die vier inskrywings met die meeste ondersteuning in die eerste fase vorm outomaties deel van ons top-40 semifinaliste.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 12 Mei om 08:00, so almal wat wil inskryf, moet opskud!

Skryf in by: http://voorbladgesig.sarie.com/

Voorbladgesig vbg

 

Sosiale media

Ons hutsmerk (hashtag) vir vanjaar se veldtog is #SARIEvbg

Volg ons op Facebook (SARIE Tydskrif) en @SARIEtydskrif op Twitter en Instagram vir die nuutste oor dié veldtog.

Lees die reëls en voorwaardes HIER.