MEI
SARIE Voorbladgesig

SARIE Voorbladgesig – Só werk die wedstryd

Twaalf voorblaaie vir 2016, elk spesiaal. Elf van hulle met die land se bekendste sterre. En die twaalfde? Dis jý, ons 6de SARIE Voorbladgesig! Ons wag vir jou inskrywing. Ons soek ’n glimlag, oë en hare wat sê ‘Kyk na my!’

Jy skryf in in een van twee kategorieë, 18 – 30 jaar (matriek voltooi) en 31 en ouer. Twee wenners; net een sal pryk op SARIE se Oktober-voorblad.Jy moet minstens 18 jaar wees en reeds matriek geslaag het, en ’n SA of Namibiese burger.

MEI

Hoe werk die wedstryd?

  • Inskrywings sluit 12 Mei 2016 om 08:00 stiptelik.
  • Die beoordelaars kies 36 finaliste wat in SARIE se Julie-uitgawe sal verskyn PLUS 4 wat die meeste stemme op SARIE.com gekry het.
  • Uit dié 40 semi-finaliste kies die beoordelaars 10 finaliste wat in ware SARIE-voorbladstyl afgeneem sal word en in ons SEPTEMBER-uitgawe verskyn.
  • Daarna kan lesers aanlyn op SARIE.com vir hul gunstelinge stem. Dié leserstemme, saam met die beoordelaars s’n, sal tel om die 2 wenners aan te wys.
  • Net één van die twee wenners sal op die OKTOBER-voorblad verskyn.

Lees die wedstrydreëls hier.

Jou 3 inskryf-foto’s moet só lyk

Foto’s moet aanlyn opgelaai word en moet 72DPI wees, met ’n maksimum van 4MB elk, portretstyl. Hoe nader jou foto’s aan die onderstaande riglyne is, hoe beter is jou kans.

Screen Shot 2016-03-18 at 12.30.34 PM

Waarna kyk ons?

  • ’n Treffende gesig – jy moet weer en wéér wil kyk. Dit moet die leser verlei om SARIE van die rak af op te tel.
  • ’n Warm glimlag en mooi tande
  • Blink, gesonde hare wat goed versorg is. Die hare wat almal wil hê.
  • En jou oë – hulle moet sáámgesels, hulle moet sprankel.
  • Natuurlik mooi. Nee, nie soseer beeldskoon nie en nie noodwendig ’n model nie. Net ’n interes-sante gesig reg vir ’n SARIE-voorblad.
  • Positief en trots Suid-Afrikaans!

Is jy nommer 6? Skryf in!

Kliek hier om in te skryf.

Carlize