Skoonheid

Bekoorlike Fendi-parfuum nou in SA

Die geheimsinnige, sensuele Fan di Fendi (R930 vir 50 ml EDP) kombineer eksotiese note soos peer, pienk peper, roos en jasmyn. En die bottel met die gewilde dubbel-F-logo is enige modeliefhebber se droom!

Vir diegene wat ’n meer intense parfuum verkies, is daar Fan di Fendi Extreme (R1 000 vir 50 ml EDP). Dié geur verlei met Italiaanse sitrus, Kalabriese bergamot, soetemaling uit Indië en dieper note soos sagte leer en vanielje.

Albei geure is reeds plaaslik beskikbaar.

* Hou sarie.com dop vir inligting oor Fan di Fendi Pour Homme vir die man in jou lewe – dis vanaf Julie beskikbaar.