FOTO PhotoAlto / Jana Hernette / Getty Images / Gallo Images

FOTO PhotoAlto / Jana Hernette / Getty Images / Gallo Images

Skoonheid

Die ABC van waks, skeer en room (deel 1)

Sedert die eerste skeermes in 1915 bekend gestel is, het ontharing ’n byna onmisbare deel van vroue se skoonheidsroetine geword. Gelukkig is daar vandag meer as een manier om tot siens te sê aan ongewenste haartjies.

Waks

Hoe werk dit?

Waks trek haartjies, wortel en al, uit die haarfollikel, sê Erentia du Plessis, opleidingsbestuurder van die velsorghuis Placecol. Dis nie pynloos nie, maar jy kan sowat 20 minute voordat jy waks ’n verdowingsmiddel aansmeer. Die hare moet 5 – 10 mm lank wees vir die waksstroke om doeltreffend te werk.

Embed from Getty Images

Beste vir …

Jou onderarms, bikinilyn en bene omdat die haartjies op dié dele growwer is en die waks dit makliker “gryp”. Omdat die haarwortel uitgetrek word, groei die hare stadiger terug as wanneer jy skeer.

Pasop

Omdat die haarfollikels wawyd oop is nadat jy gewaks het, word onsuiwerhede en sweet maklik daarin vasgevang. Dit kan lei tot ’n veluitslag of ingroei-haartjies. Skilfer die vel sowat 2 – 3 keer ’n week met ’n growwe sponsie af om dít te voorkom.

Onthou

Trek die waksstrook in die teenoorgestelde rigting af as dié waarin die hare groei. Moenie meer as 2 keer oor dieselfde deel waks nie. Dit kan jou vel rou laat.

Lees nou