FOTO Getty Images / Gallo Images

FOTO Getty Images / Gallo Images

Skoonheid

Die ABC van waks, skeer en room (deel 2)

By ’n skoonheidsalon of tuis, ’n gladde lyf hoef nie pynlik te wees nie. Raak ontslae van ongewenste hare met dié maklike riglyne.

Skeer

Hoe werk dit?

’n Skeermeslemmetjie “sny” die hare teenaan die veloppervlak af. Omdat die haarwortel nie verwyder word nie, groei die haar binne ’n paar dae terug. Dis vinnig en gerieflik.

Beste vir…

Jou bene en onderarms omdat dié hare vinniger groei as hare op ander dele van jou lyf. Die kans vir hare wat ingroei, is ook skraal.

Pasop

Skeer irriteer jou vel maklik en kan rooi knoppies veroorsaak. ’n Ryk vogroom ná die tyd sal rooiheid kalmeer. Gebruik altyd ’n skeerroom, -jel of lyfwas wanneer jy skeer. Dit help keer dat jy jouself raakskeer omdat ’n lemmetjie makliker oor gladde, sagte vel gly. Gebruik ’n lyfolie of ’n bietjie haaropknapper as jy nie skeerroom het nie.

Onthou

Skeer bene in die teenoorgestelde rigting as waarin die hare groei vir die gladste resultate. As jou vel maklik uitslaan, skeer eerder saam met die rigting van die haargroei. Skeer in alle rigtings wanneer jy jou onderarmhare skeer omdat dié hare in verskillende rigtings groei.

Moenie jou vel afskilfer nadat jy geskeer het nie omdat die skeerproses reeds dooie selle verwyder.

Vervang jou skeermeslemmetjies wanneer dit dof lyk.

Lees nou