FOTO: Gallo Images/ Getty Images

Het jy gehoor?

Grimeer soos Rihanna

Sy kom kuier binnekort in SA, maar intussen kan jy die sangeres, Rihanna se unieke reeks grimering van M.A.C kry!

FOTO: www.facebook.com

FOTO: www.facebook.com

Rihanna het met M.A.C kragte saamgespan om ’n grimeerreeks te skep wat net vir ’n beperkte tyd beskikbaar gaan wees. Dié reeks, RiRi hearts M.A.C, bestaan onder meer uit oogskadu, lipstiffie, lipglans, oogomlyners, vals wimpers, blosser en grimeerkwasse. Die produkte het ’n spesiale roosgoud verpakking met RiRi se handtekening in rooi daarop.

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

 

Rihanna, wat 13 en 16 Oktober in Suid-Afrika optree, se reeks is beskikbaar in die skakerings wat sy self ook dikwels dra – waaghalsige lipstiffies en lipglans in helder of diep skakerings en ooggrimering in smeulende bruin of rokerige skakerings.

Pryse wissel tussen R150 en R500.

 

 

 

Nicki Minaj, Lady Gaga en Beth Ditto is van die ander sangeresse wat in die verlede ook beperkte grimeerreekse saam met M.A.C bekend gestel het.

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

 

Kitsfeite oor Rihanna

  • Sy het sewe albums in sewe jaar vrygestel!
  • RiRi is tans nommer twee op Forbes se sosiale ranglys – net onder Justin Bieber – met meer as 32 miljoen volgelinge op Twitter en meer as dubbel soveel op Facebook.
  • Rihanna het reeds drie parfuums in Suid-Afrika onder haar naam bekend gestel. Die nuutste is Rihanna Nude (R395 vir 30 ml EDP).
  • Sy het al ses Grammy-toekennings gewen.