Het jy gehoor?

1ste FOTO: Katie Holmes as model

Aktrise Katie Holmes was die natuurlike keuse toe die Amerikaanse grimeerkunstenaar Bobbi Brown onlangs die eerste keer ’n ambassadeur vir haar reeks gekies het.

“Katie herinner my aan ’n moderne Ali MacGraw [sy het destyds in die liefdesfliek Love Story gespeel]. Sy is pragtig sonder om te probeer. Sy is plat op die aarde, propvol selfvertroue en mooi van binne en buite,” sê Bobbi.

Toe Katie onlangs haar nuwe klerereeks, Holmes & Yang, bekend gestel het, was Bobbi verantwoordelik vir die modelle se grimering. Katie sê: “My ma het vir my en my susters gesê om nie bang te wees vir grimering nie, want dit kan jou mooiste gelaatstrekke beklemtoon en foute – wat ons almal het – wegsteek.”