FOTO Instagram / @lilyjcollins

Het jy gehoor?

2017 se gewildste opstyl perfek vir winter

Die hoë bolla is steeds een van 2017 se gewildste haarstyle. Hierdie styl sal pragtig lyk by jou uitrustings die komende winter.

Tydens vanjaar se Golden Globes-toekenning was die beeldskone Lily Collins se hare in ’n hoë bolla met ’n visstert-vlegsel wat om dit gedraai is. Ons dink dis pragtig en ’n haarstyl wat vir omtrent enige geleentheid kan werk.

Kry só die perfekte bolla

Die scrunchie wat jy in die winkels koop.

Met ’n gewone frommelhaarband of scrunchy, wat jy by kleinhandelgroepe soos Clicks kan koop, kan jy binne vyf minute die perfekte bolla kry!

Kry jy nie ’n scrunchy nie? Maak jou eie een – met ’n sokkie! Doen dit só:

Neem ’n sokkie (verkieslik ’n lekker dik een, soos ’n manssokkie) en sny die toongedeelte af sodat daar weerskante openinge is.

Rol die sokkie op totdat dit dieselfde vorm as ’n oliebol het (rond met ’n opening in die middel). Siedaar! Jy het jou eie scrunchy gemaak. Nou kan jy met jou bolla begin.

FOTO: Charis Labuschagne

Bind jou hare in ’n poniestert. Dit kan hoog óf laag wees, afhangend van waar jy die bolla wil hê. Die mode is om jou bolla hoog te dra, maar vir ’n meer klassieke voorkoms kan jy dit ook laag in jou nek maak.

Sit jou scrunchy bo-oor die rekkie waarmee jy die poniestert vasgemaak het (sien foto) en sprei jou hare rondom dit uit sodat jou geheime hulpmiddel nie sigbaar sal wees nie.

Bring die punte van jou hare bymekaar en rol dit rondom en onder die bolla in. Sit nog ’n rekkie om jou bolla om dit mooi in plek te hou. Spuit die bolla met haarsproei. Vir ’n meer informele, gemaklike voorkoms kan jy ’n bietjie van die hare uittrek en die bolla losserig vasmaak.

’n Hoë bolla bly ’n treffer en is beslis ’n tendens vir 2017.

Lees nou

Kate Middelton 35 jaar, 35 beste uitrustings

Burry Stander se weduwee trou

Kristen Wiig laat die koppe draai