FOTO: Marc-Antoine Coulon for Lancôme

FOTO: Marc-Antoine Coulon for Lancôme

Het jy gehoor?

Isabella Rossellini: Vroue bo 50 oorheers kollig

Ná 33 jaar is die Italiaanse aktrise Isabella Rossellini en die Franse skoonheidshuis Lancôme uiteindelik herenig! As muse en ambassadeur sal dié ikoon weer vir talle mense kan inspireer.

Die 63-jarige Isabella is in 1983 as die skoonheidshuis se heel eerste gesig aangewys en het Lancôme daarna vir 14 jaar verteenwoordig. Deesdae is dit nie meer nuus om ’n vrou bo 50 as die gesig van ’n wêreldbekende skoonheidshuis te sien nie…

Vroue bo 50 oorheers tans die kollig wêreldwyd. Talle mode- en skoonheidshuise gebruik ouer vroue as hul ambassadeurs en muses. Die tendens het selfs al sy eie naam: mature couture.

Die afgelope paar jaar is daar ’n groot verskuiwing in hoe die wêreld oor ouderdom voel en dink. Vroue fokus meer op hul algehele gesondheid en welstand as om die horlosie te probeer terugdraai net om jonger te lyk.

“Dit gaan daaroor om gemaklik te voel met jouself en met grasie ouer te word, maak nie saak wat jou ouderdom is nie,” sê Nicola Cooper, ’n tendens-analis van Johannesburg. Daarby vind oud én jonk aanklank by vroue bo 50 se ervaring en wysheid. Ongeag of ’n vrou 25 of 65 is, persoonlike styl en selfversekerdheid bly inspireer.

Dís ook waarom Lancôme weer vir Isabella gekies het: “Sy is ’n intelligente en bekwame vrou wat in elke stadium van haar lewe geluk en welstand haar grootste bates gemaak het. Vir haar is ouderdom bevrydend en dit versterk haar selfvertroue,” het die skoonheidshuis in ’n persverklaring gesê.

Jou man kán soos George Clooney lyk!

Dié aktrises bo 50 jaar is ook nou die gesigte van gewilde skoonheidshuise

 

Sophia Loren

Nog ’n bewys dat ouderdom net ’n nommer is! Op 81 is die Italiaanse aktrise Sophia Loren steeds ’n reuse-inspirasie vir die mode- en skoonheidshuis Dolce & Gabbana. Die ontwerpers het spesiaal haar eie lipstiffie-skakering vir haar ontwikkel – Sophia Loren No 1 (R625, by Edgars in Sandton, Rosebank en Clearwater in Johannesburg en die V&A Waterfront in Kaapstad).

Susan Sarandon

Op 69 is Susan Sarandon die nuutste aktrise wat deel van L’Oréal Paris se inspirerende gesigte geword het.

A big welcome to this lorealista, @susansarandon a true inspiration, an icon, a fighter, a #lorealista #worthit A photo posted by L’Oréal Paris Official (@lorealmakeup) on

Jane Fonda

Dié aktrise is al 78 jaar oud en steeds so stylvol soos altyd.

 

Wishing a golden birthday to our all time fav role model #janefonda #worthit

 

A photo posted by L’Oréal Paris Official (@lorealmakeup) on

Julianne Moore

Die 55-jarige Julianne se grootste skoonheidsgeheim is ’n jare lange liefde vir sonskerm.

Woke up like loving our lorealista’s winter nude #lorealista #worthit #juliannemoore

A photo posted by L’Oréal Paris Official (@lorealmakeup) on

Hiér is ’n paar wenke vir velsorg in jou 50’s

* Fokus tydens dié jare daarop om jou vel te voed. Hou jou vel gesond deur velsorgprodukte met ’n hoë konsentrasie aktiewe bestanddele te gebruik.

* Gebruik ’n ryk vogroom om droogheid te takel, veral tydens die kouer maande.

* Kyk uit vir produkte soos serums, maskers en rome wat vitamien A, C en E bevat. Dié vitamiene is kragtige antioksidante en help onder meer om pigmentasie te beveg, jou vel se buitenste laag te versterk en die voorkoms van plooie te verminder.

* ’n Daaglikse sonskerm is steeds ’n móét.

* ’n Diepafskilferingsbehandeling (peel) elke nou en dan sal voordelig wees.

Bronne: www.adweek.com, The Makeup Book deur Leigh Toselli

Die ABC van die Zika-virus