FOTO: Twitter (@HeathrowAirport)

FOTO: Twitter (@HeathrowAirport)

Het jy gehoor?

50 skakerings van lipstiffie + raai wat is Johannesburg se gunsteling-kleur?

Londen se grootste internasionale lughawe, Heathrow, het onlangs ’n interessante verslag bekend gestel waarin vroue van groot stede oor die hele wêreld se gunsteling-lipstiffieskakerings onthul word. In dié verslag, International Lipstick Colours of the Year Report, het Alice Hart-Davis, ’n bekroonde Britse skoonheidskrywer, saam met die lughawe se belastingvrye afdeling gewerk om te bepaal watter kleure lipstiffie vroue van 50 verskillende wêreldstede die graagste by dié afdeling koop wanneer hulle tyd op die lughawe deurbring. En ons eie Johannesburg is ook op die lys!

Dié bekendes het op stel verlief geraak

Hulle het gevind die Goudstad se vroue verkies ’n byna deursigtige helderpienk. Londense vroue se gunsteling-skakering is ’n toffiekleurige nude, terwyl vroue van New York ’n helderrooi verkies. In Parys is ’n donkerder roosskakering nou ’n groot tendens en danksy Kim Kardashian, wat tydens ’n besoek aan Doebai vroeër vanjaar gereeld ’n roospienk skakering gedra het, is dié skakering tans ’n gunsteling in die Arabiese stad.

FOTO: International Lipstick Colours Of The World Report

FOTO: International Lipstick Colours Of The World Report

“Lipstiffie doen soveel meer as wat ons dink. Dit is iets kleins wat ’n reuse-verskil maak aan hoe jy lyk en voel. Dit kan jou bui in net vyf sekondes lig,” sê Alice in die verslag.

Haal uit jou dansskoene met dié beperkte weergawe grimeerreeks

Boonop kan jy vir die volgende maand ’n interessante uitstalling op Heathrow gaan besigtig om die bekendstelling van die verslag te vier. Die Britse kunstenaar Hedley Wiggan het toeristebakens in die bekendste wêreldstede – Londen, New York, Parys, Doebai en Sjanghai – uit regte lipstiffies gekerf!

FOTO: Twitter (@HeathrowAirport)

FOTO: Twitter (@HeathrowAirport)

 Het jy geweet?

Heathrow-lughawe is ’n skoonheidsdroom. Hier vind jy sowat 120 verskillende handelsmerke, 12 500 skoonheidsprodukte en 1 450 verskillende lipstiffies!

Maak só jou eie lipafskilferaar + vyf moet-hê lipstiffies