Het jy gehoor?

6 stappe vir ‘n jonger vel

Jou vel kán jonger lyk. Volg dié 6 stap en laat NIVEA CELLular se teenverouderingsreeks vir jou werk.

1. WETENSKAPLIK BEWYS
Navorsing het bewys dat ‘n bepaalde kombinasie van velsorg-bestanddele jou selle kan herprogrammeer om weer soos jong selle te funksioneer. Dr. Sven Fey, Hoof van NIVEA se gesigsproduk-ontwikkelling verduidelik: “Die grootste teenverouderingstudie is vir die eerste keer by die Beiersdorf-laboratoriums gedoen om dié formule te bepaal. Dis ’n reuse deurbraak vir ons. En met dié kennis het ons die NIVEA CELLular teenverouderingsreeks ontwikkel wat sel-aktiwiteit stimuleer en sorg dat selle soos jong selle funksioneer.”

2. GEBRUIK HIALURONSUUR 

Indien hialuronsuur nog nie reeds deel van jou velsorg behandeling is nie, behoort dit beslis te wees. Veral ná blootstelling aan die son wat jou vel laat dehidreer. Hyaluronic Acid is die liggaam se natuurlike vog-molekule en, soos kollageen, neem dit af met veroudering. Dit is waarom die NIVEA CELLular verouderingsreek hialuronsuur bevat. Die ander twee hoofbestanddele is tulpblom-ekstrak en kreatien. ”Die reeks bevat NIVEA se beste teenverouderingbestanddele,” sê Dr. Fey.

3. GEBRUIK SONSKERM – EN NIE NET OP DIE STRAND NIE
Bly uit die son uit – dit is beste raad vir teenveroudering. Die NIVEA CELLular teenverouderingreeks se dagroom (SBF 15) is spesial geformuleer om die vel teen vroëe veroudering, vlekke en pigmentasie te beskerm.

Day cream Range

4. SLAAP GERUS
Daar steek beslis waarheid in die woorde ‘beauty sleep’. Na ’n goeie nagrus lyk die vel gewoonlik fermer en is jou plooie minder opvallend. Dus, as die vel nie kans kry om tydens slaap te hernu nie, is plooie en pofferigheid rondom die oë normaal. NIVEA CELLular teenveroudingsreeks se nagroom is spesiaal geformuleer om jou vel te help met die herstelproses. Met gereelde gebruik sal jou plooie minder opvallend wees en sal jy met ’n fermer vel kan spog.

Night cream Range

5. EET REG
Jou vel word gevoed deur dit wat jy eet. Hoe meer gebalanseerd jou dieët is, hoe jonger sal jy lyk. Om jou vel goed te laat lyk, eet olierige vis, donkergroen groentes en neute soos amandels en okkerneute. Bly weg van wit suiker en alkohol want beide veroorsaak inflammatoriese reaksies by die vel. Drink baie water en kruietee. ’n Gesonde leefwyse met ’n goeie, ryk en voedsame velsorgreeks beteken ’n mooier en jonger vel.

6. ’N GESIGROOM NET VIR JOU
Meer as 8,500 vroue was aktief betrokke tydens die ontwikkeling van die NIVEA CELLular teenverouderingsreeks om seker te maak die finale produk is presies wat vroue met ’n daaglikse teenverouderingsroetine van die produk kan verwag.

Klik vir meer oor NIVEA CELLular teenverouderingsreeks

Nivea Range

Nivea Logo