FOTO: YouTube

FOTO: YouTube

Het jy gehoor?

Advertensie wys dubbele standaarde in die werkplek

In ’n splinternuwe advertensie wat in die Filippyne uitgereik is, wys die haarprodukte-maatskappy Pantene in 60 sekondes hoe mense presies dieselfde optrede deur mans en vroue in die werkplek en samelewing verskillend vertolk.

Klik hier om te kyk met watter dubbele standaarde ons elke dag volgens Pantene gekonfronteer word.

Sheryl Sandberg, ’n grootkop by Facebook, het op haar eie Facebookblad gesê dié advertensie is een van die kragtigste wat sy nog gesien het oor gelykheid tussen mans en vroue in die werkplek.

sheryl sandberg statusSheryl is ook die skrywer van Lean In: Women, Work and the Will to Lead, ’n boek oor vroue in die werkplek en hoe jy jou beroep en jou gesinslewe kan balanseer.

WAT DINK JY? Is daar ander standaarde vir mans as vir vroue? Lewer kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad.

youtube neat en vain

FOTO: YouTube