FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

Agter die skerms by Victoria’s Secret

Verlede week was dit weer die jaarlikse Victoria’s Secret Fashion Show, waar die “Angels” in kostuums van hierdie pragtige onderklere op die loopplank verskyn. Agter die skerms van dié reuse-vertoning was die modelle besig op Instagram met foto’s van hul hare, grimering en al die interessante eetgoed!

Die plaaslike modelle Candice Swanepoel en Behati Prinsloo het beeldskoon gelyk en was van die vertoning se groot sterre. Hier is Candice en die Britse model Cara Delevingne besig om die leë kol op hul maag te vul. Later trek die twee saam met Doutzen Kroes gesigte vir die kamera.

Candice kuier in Kaapstad

FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Behati, wat verloof is aan die Maroon 5-sanger Adam Levine, het pragtig gelyk in haar laaste lopie. ’n Ligpienk lipstiffie het die Namibiese skoonheid se voorkoms perfek afgerond.

Dra jou pienk lipstiffie só

Buiten voetbehandelings, grimering en haarstilering, was daar ook heelwat te eet agter die skerms! Kyk net hoe verslind Magdalena Frackowiak, wat die vertoning afgesluit het, ’n koekie. En die garnale op Doutzen Kroes se bord lyk ook heerlik!

Het jy gesien Doutzen lyk net so mooi soos Behati met nog ’n lipstiffie in ’n skakering van pienk?

Grimering en hare by die vertoning

Die modelle het almal glansryk en stralend gelyk, met verbronser en kontoerlyne, pienk lipstiffie, rosige wange en rokerige oë.

FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Ons wys jou hoe om kontoerlyne met verbronser te trek

Wat hul hare betref, het die meisies pragtig gelyk met ’n voorkoms wat nou al kenmerkend van die jaarlikse Victoria’s Secret-vertoning is – pragtige glansryke krulle! SARIE wys jou hoe met ’n kort video-les!

Kyk hier na nog foto’s!