Het jy gehoor?

Aknee dalk die rede vir ’n jonger vel

Kan dit wees dat daar sowaar één goeie ding van aknee kan kom? Die vel van mense wat voorheen met aknee gesukkel het, wys eers later tekens van veroudering, soos plooie en ’n verlies aan fermheid, as dié wat met ’n vlekkelose vel geseën is. Dít volgens ’n splinternuwe studie deur dermatoloë van die Britse universiteit King’s College London.

In die interessante studie, wat onlangs in die Journal of Investigative Dermatology gepubliseer is, is bevind mense wat voorheen erge aknee gehad het, het langer chromosoom-telomere, beskermende “doppies” wat keer dat jou genetiese materiaal beskadig word, in hul witbloedselle. Dit beteken dat dié selle stadiger afbreek en sodoende die normale verouderingsproses, onder meer die vorming van plooie, vertraag, volgens ’n persverklaring.

Ten spyte van dié goeie nuus kan dit steeds moeilik wees om aknee doeltreffend te behandel, veral volwasse-aknee, wat by tot 50% van vroue tussen die ouderdom van 20 en 40 gediagnoseer word.

As jy met volwasse-aknee sukkel, probeer dié produkte:

Eucerin Dermo Purifyer Cleanser (R230 vir 400 ml)

’n Gesonde vel begin by goeie reiniging. Die jel-reiniger is nou in ’n nuwe 400 ml-grootte beskikbaar en bevat onder meer melksuur wat bakterieë verwyder, terwyl dit ook vel bevog.

Mario Badescu Drying Lotion (R440)

Gebruik ’n oorpluisie (sonder om die botteltjie te skud) om saans dié kragtige behandeling aan te wend op aknee en verstopte porieë. Besoek www.mariobadescu.co.za

African Extracts Rooibos Purifying Pore-Clearing Face Scrub (R65)

Rooibos- en kremetart-ekstrak in dié bekostigbare afskilferaar help om aknee en olierigheid in bedwang te hou.

Benefit The Porefessional Instant Wipeout Masks (R455)

Die produk bevat agt reinigingstrokies om verstopte porieë op jou neus, voorkop en ken skoon te maak. By Edgars

Clearogen 3 Step Anti-Blemish System (R1 150)

Dié velsorgreeks is spesiaal ontwikkel om erge olierigheid op jou vel te beheer. Dit bestaan uit ’n reiniger en verfrisser wat salisielsuur bevat en ’n ligte vogroom. Besoek www.clearogen.co.za

Bronne: www.kcl.ac.uk, www.allure.com, www.newbeauty.com

Lees nou

MasterChef SA-sussie toor velsorgprodukte op

Tekkies vir die kantoor