Het jy gehoor?

Akteur Jared Leto se nuwe rol PLUS 10 van sy beste haarstyle

Die supersexy akteur en sanger Jared Leto is onlangs aangewys as die nuwe gesig van die mode- en skoonheidshuis Gucci se gewilde Guilty Pour Homme-parfuum.

Gucci het dié opwindende nuus vir die eerste keer tydens die verfilming van die nuwe veldtog in Venisië, Italië op hul Instagram- en Snapchat-profiele gedeel, berig Hollywood Reporter.

Me + Alessandro Michele goofing around @gucci xo #GuiltyNotGuilty

A photo posted by JARED LETO (@jaredleto) on

Koningin Elizabeth doen haar eie grimering en hare!

Die skoonheidshuis weet hoe om aanhangers nuuskierig te hou, want buiten dié brokkie inligting is daar nog niks meer oor die advertensieveldtog verklap nie. Ons sien met afwagting uit na wanneer die eerste foto’s van die veldtog later vanjaar onthul word.

Gucci Guilty Pour Homme is ’n sterk en sensuele geur met topnote van laventel en suurlemoen, ’n hart van lemoenbloeisel en ’n basis van patsjoelie en sederhout.

Gucci Guilty Pour Homme

Gucci Guilty Pour Homme

’n Speelding wat lyk soos ek… – Lees meer!

Dis nie moeilik om te sien hoekom Gucci dié talentvolle-rocker as die gesig van die manlike geur gekies het nie…

Hier is vyf redes hoekom hy een van ons gunsteling-bekendes is

*Jared is reeds 44 jaar oud, maar lyk nie ’n dag ouer as 30 nie! Hy skryf sy jeugdige voorkoms toe aan genoeg slaap en ’n streng vegetariese dieet, het hy in ’n onderhoud aan die manstydskrif GQ gesê.

*Hy is die hoofsanger van die gewilde groep 30 Seconds To Mars wat al in Suid-Afrika opgetree het.

*Hy het in 2014 met die Oscar vir Beste Ondersteunende Akteur weggestap vir sy rol in die film Dallas Buyers Club.

*Hy is ’n groot aanhanger van modevertonings en word gereeld in die voorste ry by modehuise soos Chanel, Balmain en Lanvin se vertonings gesien.

*Hy kan byna enige haarstyl of –kleur dra en lyk steeds goed. Van lang ombré lokke en ’n deurmekaar ‘man bun’ tot die kort helder pienk en wit hare waarmee hy gepronk het vir sy rol as die berugte Joker in die komende fliek Suicide Squad.

FOTO: Instagram (@jaredleto)

FOTO: Instagram (@jaredleto)

FOTO: Instagram (@jaredleto)

FOTO: Instagram (@jaredleto)

FOTO: Instagram (@jaredleto)

FOTO: Instagram (@jaredleto)

FOTO: Instagram (@jaredleto)

FOTO: Instagram (@jaredleto)

FOTO: Instagram (@jaredleto)

FOTO: Instagram (@jaredleto)

Is Miley Cyrus en Liam Hemsworth weer verloof?