Sophia Loren 
FOTO: Instagram (@dolcegabbana)

Sophia Loren FOTO: Instagram (@dolcegabbana)

Het jy gehoor?

Aktrise ster van lipstiffie-advertensieveldtog … op 81!

Nog ’n bewys dat ouderdom net ’n nommer is! Op 81 is die Italiaanse aktrise Sophia Loren steeds ’n reuse-inspirasie vir die mode- en skoonheidshuis Dolce & Gabbana. In so ’n mate dat die ontwerpers spesiaal ’n lipstiffie vir haar ontwikkel het.

‘Love Actually’-akteur Alan Rickman oorlede

Sophia Loren No 1 (R625) is ’n helder kersiekleur, haar gunsteling-skakering, en kom in ’n goue buisie wat spog met ’n afdruk van haar handtekening. “Sophia Loren No 1 is ons manier om te sê: ‘Dankie, Sophia!’,” het die ontwerpers Domenico Dolce en Stefano Gabbana in ’n persverklaring gesê.

Boonop verskyn die ikoniese aktrise in die advertensieveldtog vir haar lipstiffie en sy is steeds so bekoorlik en glansryk soos altyd. Kyk maar net na dié agter-die-skerms-video wat tydens die skiet van die advertensieveldtog geneem is.

Sanger Jack Parow wind sy gesteelde tjor

Dis nie die eerste keer dat Sophia op so ’n hoë ouderdom aandag trek nie. In 2007 was sy op 72 die oudste model nog wat vir die jaarlikse Pirelli-kalender poseer. Dié kalender word al die afgelope 43 jaar uitgebring en word nie verkoop nie. Eksemplare word deur die Italiaanse motormaatskappy Pirelli as geskenke gegee aan ’n uitgesoekte elite-groep mense die wêreld oor. Lees hiér meer oor vanjaar se unieke Pirelli-kalender.

Dolce & Gabbana se Sophia Loren No 1 is in SA te kry by Edgars in Sandton, Rosebank en Clearwater in Johannesburg en die V&A Waterfront in Kaapstad.

FOTO: Instagram (@dolcegabbana)

FOTO: Instagram (@dolcegabbana)

Bronne: www.dailymail.co.uk, www.eonline.com

Gratis vermaakdinge vir Januarie