katehudson
Het jy gehoor?

Almay se nuwe gesig

“Almay is bekend vir hul vars, moeitelose benadering tot skoonheid,” sê Kate. “Ek deel daardie filosofie en dis lekker om geassosieer te word met ‘n handelsmerk wat glo dat produkte ‘n vrou se natuurlike skoonheid na vore moet bring.”

Buiten veldtogte vir televisie, gedrukte media en die internet sal sy ook betrokke wees by geldinsamelingsprojekte soos die Almay Rainforest Concert. Hierdie konsert, wat vanjaar op 13 Mei in New York gehou is, is deur Sting en Trudie Styler op die been gebring om te help om die wêreld se reënwoude te beskerm.

■ Kate is binnekort in ‘n hele paar rolprente te sien, soos The Killer Inside Me (saam met Casey Affleck en Jessica Alba) en Earthbound (saam met Kathy Bates en Whoopi Goldberg). Sy werk ook tans aan die romantiese komedie Something Borrowed.