FOTO: verskaf

Het jy gehoor?

Amalia Uys aanvaar haar ligte vel en gee raad!

Die aktrise Amalia Uys se skoonheid is betowerend met haar ligte vel, groen oë en rooi hare. Sy sê die beste skoonheidsraad wat sy al gekry het, was om nie téén die voorkoms wat jy gekry het, te werk nie.

Dié dat sy haar ook nie meer bekommer oor ’n bruingebrande vel nie. Sy sê sy het nog altyd lank gevat om haar gelaat ’n tikkie kleur te gee.

Amalia en ander SARIE-voorbladgesigte deel hul gunsteling-skoonheidsprodukte

“Toe aanvaar ek maar net my wit vel,” sê die aktrise. Sy glo jy moet enige tyd van die dag, enige tyd van die jaar sonbrandroom aansmeer. En nie net aan jou gesig nie! As sy weet sy gaan in die son wees, smeer sy sonbrandroom aan haar hele lyf, selfs haar voete.

Mense neem die son te ligtelik op,” sê sy.

Amalia is onlangs saam met die sanger Chad Saaiman aangewys as die nuwe gesigte van SIX Sensational Skincare, ’n reeks wat plaaslike spa-produkte ontwikkel en vervaardig.

Amalia en ander bekendes by SARIE se Voorbladgesig van die Jaar 2013-partytjie

Amalia Uys by haar kêrel, Stefan Ludik. FOTO: Phyllis Green

Amalia Uys by haar kêrel, Stefan Ludik.
FOTO: Phyllis Green

Amalia deel haar top-skoonheidswenke:

  • Was elke aand jou gesig.
  • Skoonheid begin by ’n mooi vel – as jy jouself goed versorg, hoef jy nie met grimering te sukkel nie.
  • Oefen en eet gebalanseerd.
  • Moenie rook nie! Dit laat jou vinniger verouder.
  • Moenie jouself met ander mense vergelyk nie, vergelyk jou eerder met die beste weergawe van jouself.
  • Natuurlik lyk is die mooiste!