Amber Heard
Het jy gehoor?

Amber Heard het mooiste gesig ter wêreld

Dis bewys! Die aktrise Amber Heard het die mooiste gesig ter wêreld. Dít volgens ’n studie deur die Britse plastiese chirurg dr. Julian de Silva, berig The Daily Mail aanlyn. En kort op Amber se hakke is die gesigte van Kim Kardashian, Kate Moss en die model Emily Ratajkowski.

Vir dié interessante studie het De Silva en sy span by die The Centre for Advanced Facial & Cosmetic Surgery in Londen ’n spesiale rekenaarprogram gebruik om met ’n proses genaamd Face Mapping die gesigte van verskeie bekendes te analiseer.

Die antieke Grieke het geglo in ’n perfekte verhouding of “golden ratio” tussen afmetings as ’n maatstaf vir skoonheid, het hy aan The Daily Mail gesê. Die Face Mapping-proses gebruik dié teorie om 12 punte op jou gesig – waaronder jou lippe, neus, oë, wenkbroue, ken, voorkop en gesigvorm – te meet en te analiseer. Hoe nader die verhouding van jou gesig aan die goue verhouding is, hoe “mooier” is jy.

Dis nie moeilik om te sien hoekom die 30-jarige Amber se gesig as geheel die naaste aan die goue verhouding was met 91,85 % nie. Dis ook bevind sy het die mooiste neus en ken, terwyl die werklikheidster Kim Kardashian die mooiste wenkbroue het, die model Emily Ratajkowski die mooiste lippe en aktrise Scarlett Johansson die mooiste oë.

Wetenskaplik bewys of nie – die SARIE-span glo steeds ware skoonheid kom van binne!

Hiér is nog van die mooistes soos in die studie bevind:

Mooiste neus

1. Amber Heard

2. Marilyn Monroe

3. Emily Ratajkowski

 

Mooiste lippe

1. Emily Ratajkowski

2. Marilyn Monroe

3. Kylie Jenner

 

Mooiste oë

1. Scarlett Johansson

2. Rihanna

3. Marilyn Monroe

 

Mooiste wenkbroue

1. Kim Kardashian

2. Selena Gomez

3. Amber Heard

 

Bronne: www.dailymail.co.uk, www.usmagazine.com, www.etcanada.com

Lees nou

Eerste entstof teen kanker nóg

Hiér’s hulp met frizzy hare