Het jy gehoor?

Anna Davel “My hare is wild en weerbarstig”

Ek het my huidige styl gekies, want my hare is wild en weerbarstig en laat dit eenvoudig nié tem nie. Ek kan dit ook nie self reguit blaas nie, nou los ek dit maar. Ek hou van my hare se lengte en dra dit al 20 jaar in dieselfde styl.

Die grootste uitdaging met my hare is om te keer dat dit te veel kroes (frizz) en om die krulle gedefinieerd te hou. My hare is ook droog en ek begin grys raak.

My gunsteling-haarproduk is Schwarzkopf Silhouette Push Up Volume Gel Mousse (R163) – dis perfek vir stilering. Ek hou ook van Kérastase-sjampoes en opknappers.

  • Arne Botha

    Ek soek al vir ‘n geruime tyd ‘n plek wat Schwarzkopf Silhouette Push Up Volume Gel Mousse aan my kan verskaf hier in Port Elizabeth. Ek het ook, soos Anna Davel, die probleem om my weerbarstige krulle beheerbaar te hou en nie Frizzy nie. Wie kan help?

  • Cecilia

    Hi Arne.
    Die beste produk wat ek nog gebruik het vir my krulle is TIGI CURLESQUE se CURLS ROCK AMPLIFIER. Dit hou jou krulle gedefinieerd en jy hoef nie jou hare so baie te was om dit goed te laat lyk nie. Dit is egter ‘n bietjie duur maar vir lang hare hou dit jou so maand.

  • Truida

    Hi daar ek het ook net sulke hare soos Anna Davel, op die oomblik gebruik ek Paul Mithell se super skinne reeks, bekikbaar by uitgesoekte salonne, ek het al als probeer en elke keer gaan ek terug na paul mitchell…. n mouse wat ook werk is Kair se scruching mousse beskikbaar by Dis-Chem en nie so duur nie, dit maak ok nie mens se hare "sticky nie.